Die vanwyksbossie of vanwyksbrakbossie (Aizoon secundum) is 'n struik uit die vygiefamilie wat inheems, maar nie endemies aan Suid-Afrika is nie, waar dit veral in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap en die Vrystaat voorkom. Ook in Namibië, Botswana en Zimbabwe word dit aangetref. In ander dele van die wêreld is dit 'n indringerplant, byvoorbeeld in Florida, Israel, Spanje Incipient invasion of Galenia secunda Sond. (Aizoaceae) in Southern Spain , Í. Biol Invasions (2009) 11: 467 en die suidooste van Australië

Dit is 'n klein struikie of kruipplant met 'n stam wat 30-60 cm lank kan word. Dit het blare wat met wit haartjies bedek is. Dit kan 'n digte mat op die grond vorm. Die blare is 1,5-2,2 cm lank en 0,7-0,9 cm breed. Die wit of geel blommetjies is nie opvallend nie.

In Suid-Afrika kom die plant byvoorbeeld naby die Groot-Brak se monding voor, waar dit in die duine aan die ooskant van die monding saam met Trachyandra divaricata onderdeel van die heuweltjies se plantegroei is.

Galery

Verwysings

secundum Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika