Die Kasteel Baldingen, ook bekend as die Ruine Baldingen verwys na die oorblyfsels van 'n middeleeuse kasteel in die munisipaliteit van Baldingen in die Kanton van Aargau.
Geskiedenis Oor die ruïne self is amper niks bekend nie. Die familie "van Baldingen", wie se verteenwoordiger Heini von Baldingen in 'n dokument uit die jaar 1317 genoem word, was 'n beamptefamilie van die Habsburgers. Hulle het waarskynlik in Baldingen 'n klein kasteel gehad. Die presiese ligging daarvan is egter tot vandag toe onbekend.
Eksterne skakels Andreas Steigmeier: Baldingen in die Historiese Ensiklopedie van Switserland
Kategorie:Geskiedenis van Switserland Kategorie:Kastele in Switserland