Die bergfynbos en -renosterveld is 'n WWF-ekostreek van Suid-Afrika.
Die ekostreek is veral in die berge van die Wes-Kaap geleë en ongeveer 81,5% daarvan bestaan uit fynbos en 18,5% uit renosterveld.
Gebiede Dit bestaan uit vier gebiede: Die berge van die weste; van die Kaap tot die Bokkeveld in die noorde. Tafelberg, Kogelberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toitskloof, Slanghoekberge, Hexrivier, Witsenberg, Groot-Winterhoekberge, Skurweberg, Koue Bokkeveld, Olifantsrivier, Sederberg en Gifberg.Die kusgebergte van die Suid-KaapGroenlandberg, Riviersonderendberge, Kleinrivierberge, Langeberg, Outeniekwaberge, Tsitsikammaberge, Kougaberge, Groot-Winterhoekberge, ElandsbergDie berge van die binneland, noord van die Klein-Karoo.Witteberg, Klein Swartberg, Groot Swartberg, BaviaanskloofDie eilandberge van die Klein-Karoo.Anysberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg, Gamkaberg, Kammanassieberge, Antoniesberg
Flora Die plante van die fynbosdeel omvat vier belangrike groepe: restio's, ericoïde, proteas en geofiete. 'n Endemiese plant wat hier groei is die klipkreupelbos. Daar is min bome, hoewel die Clanwilliamseder 'n endemiese boomspesie van die hierdie streek verteenwoordig.
Sandkool is van die soorte wat in die bergrenosterveld voorkom.
Verwysings
Kategorie:Ekostreke van Suid-Afrika