Hermie Hendriks (*9 Junie 1925, Swellendam – 25 Junie 2020"Hermie Hendriks op 95 oorlede, K'rant http://perskor.blogspot.com/2020/06/hermie-hendriks-op-95-oorlede.html) was joernalis, redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor. Hy skryf etlike Afrikaanse spanningsromans. Die skrywer R. Hendriks is een van sy broers.Softcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/hermie%20hendriks.html

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe Hermanus Johannes (Hermie) Hendriks is op 9 Junie 1925 op Swellendam gebore as die jongste van drie broers. Sy oudste broer is die bekende skrywer R. Hendriks. Hy gaan skool en matrikuleer op sy geboortedorp, waarna hy verder studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en ’n B.Com.-graad verwerf.

Loopbaan in die joernalistiek Hy word joernalis en is op negentienjarige ouderdom deur dr. H.F. Verwoerd, destyds redakteur van Die Transvaler, in die redaksie in Johannesburg aangestel. Hy is dan verbonde aan verskeie koerante, waarna hy nuusredakteur en in 1982 redakteur van Die Transvaler word. Tussen-in was hy lid van die redaksie van Die Vaderland, vir ’n tyd assistent-redakteur van Die Brandwag, vryskutskrywer vir ’n jaar, kopieskrywer by ’n reklamefirma en nuusredakteur van ’n destydse Sondagkoerant. Na ’n ruk as redakteur van Die Transvaler word hy deur Perskor as senior hoofbestuurder vir koerante aangestel, ’n pos wat tot met sy aftrede in Junie 1985 beklee het. In 1970 stel die Afrikaanse Pers Boekhandel hom aan as hoof van die eerste Afrikaanse joernalisteskool.

Persoonlike lewe Hy is getroud met Johanna Nel, oorspronklik van die Witwatersrand, en een dogter word uit die huwelik gebore. Na sy vrou se dood in Julie 1987 woon hy in ’n aftree-oord naby Wespark en werk weer in ’n tydelike hoedanigheid by die administrasie van die Perskor-koerante. Later gaan bly hy in die aftree-oord Huis Hoëveld in Johannesburg, waar hy in 2014 val en sy heup breek.Perskor: http://perskor.blogspot.co.za/2014/06/hermie-hendriks-beseer.html

Skryfwerk Reeds as negentienjarige student skryf hy sy eerste boek, Berg van die grafte. Daarna volg verskeie kortverhale, vervolgverhale en romans.

Romans Goud sonder glorie het ’n goudmyndorpie in Noord-Transvaal aan die einde van die negentiende eeu as onderwerp. Die fortuinsoekers stuit vir niks om hulle deel van die rykdom te kry nie. Georganiseerde saboteurs steel goud, brand huise af, vergiftig diere en pleeg selfs moord. In hierdie omgewing is daar egter ook die begin van nuwe liefde.Softcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/diamantveld%20reeks%20pronk.html

In Vloek van die heilige trom kry Gerhard Barken by ’n navorser ’n trom waarop daar volgens oorlewering ’n vloek rus. Hy sit die trom in sy studeerkamer en kort daarna verongeluk hy. Die mense blameer die trom vir sy ongeluk.Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/diamandveld-avontuur_reeks.html

Diamantveld-reeks Hy skryf die Diamantveld reeks met swerwer-dokter Hugo de Villiers as held. Hierdie reeksspeel af op die diamantdelwerye naby Kimberley in die ou dae, kort na die ontdekking van diamante.

Onheilsboodskap in die nag speel af op die delwery Spookjaerskrans langs die Grootrivier. Toe Hugo de Villiers hier aankom, is hy uit die staanspoor oorhoops met die sogenaamde vigilantes wat voorgee dat hulle die belange van die delwers behartig.

In Die galante rower vind Hugo de Villiers ’n sterwende prospekteerder in die veld. Hy is deur skurke aangeval en beroof van die diamante wat hy vir sy dogter, Maria, versamel het. Hugo maak ’n belofte aan die sterwende en nadat hy die ou man begrawe het, vertrek hy op die soektog na Maria en die rowers.

Sersant Fourie roep in Nooi van onheil Hugo de Villiers se hulp in om ’n ontsnapte diamantdief en moordenaar op die Klipdrifdelwery vas te trek. Daar loop Hugo hom vas in ’n vrolike jong weduwee met ’n paar geheimsinnige hoedanighede.

In Die singende rotse kry Hugo de Villiers ’n noodoproep van sy vriendin Marinda de Beer. Sy en die vriende by wie sy kuier, sowel as die diamantdelwers op die diamantplaas Vaaldraai, verkeer in ernstige gevaar.

In Haat van die Kobra loop Hugo de Villiers hom op die delwerye vas teen die Kobra, ’n rower met ’n swart masker waarop die prent van ’n dreigende kobra geskilder is. Hy het reeds verskeie mense van hul swaar verdiende geld of kosbare diamante beroof.

Elda van Eck-reeks Hy skryf ook die Elda van Eck reeks, wat handel oor ’n vroue speurder.Softcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/elda%20van%20eck%20reeks.html

Publikasies Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2001-62096/Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hendriks,_Hermie JaarPublikasiess.jDwaalweë van die liefdeSkatkis van Satan1949Berg van die grafte1951Liefde sonder môre1952BergwindGoud sonder glorie1959Diamantveld-avontuurNet vir jou liefling1960Rowers in die nagSluipers in swartVrou van die gevaarlike dokter1962Die blom van OverbergHuis onder die kranseDie spookruitersWandelaar in die lug1971Waters van die Gariep1976Waters van die Gariep1977Onheilige verbond1979Skadu van die berghaan1989Dwaas is die hartWaar die liefde heen leiBitter die smaadNog huil die wildernisKatvoet loop, my meisie!Diamantveld-reeks1959Skimme in die skaduDie swart ruiter slaan toeWaar diamante skitter1960Die galante rowerHaat van die kobraNooi van onheilOnheilsboodskap in die nagDie singende rotseDie skender1961Die dansende sigeunerinGeheim van die spookdorpVergelding uit die doodkisElda van Eck-reeks1960Elda steek haar kop in ’n bynesDie hand agter die skermKatjie met nege lewensDie roos was bloedrooi1961Elda sny spoorOnsigbare doodVloek van die heilige trom

Bronnelys

Boeke Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica. Pretoria, Kaapstad en Johannesburg. Eerste uitgawe. Eerste druk, 1983.

Tydskrifte en koerante Dorsvloer, Daantjie. Hermie ’n koerantman deur en deur. Oggendblad, 9 September 1982

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2020