Aniel Botha is ’n Afrikaanse digter.

Lewe en werk. Aniel Botha word in Kaapstad groot. Sy studeer vanaf 2002 aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy in 2005 ’n B.Ed.-graad behaal. Sy kwalifiseer ook as balletonderwyser. In 2009 verwerf sy ’n M.A.-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad. By die AAA School of Advertising doen sy in 2013 ’n kursus in Inleiding tot Kopieskryf. Sy werk as vryskuttaalpraktisyn en privaat tutor en bly in Durbanville.

Skryfwerk Op sewentienjarige leeftyd word sy gediagnoseer met die eetsteurnis anorexia nervosa, waarna sy eindelik op 23-jarige ouderdom op aanbeveling van ’n sielkundige in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem word. Vir ses weke word sy hier behandel, om die trauma van negatiewe selfbeeld, die eetsteurnis self en die drang om bevryding deur selfdood te probeer oorkom.  “’n Dans met die dood”Rust, Riette “Rapport” 20 Februarie 2011 is die aangrypende joernaal oor haar stryd om herstel.

Haar debuut as digter is met “Pirouette”,Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 49 no.2 Lente 2012: http://www.letterkunde.up.ac.za/resensies/49_2/21%20Resensie%20Cloete%20WEB%2001.pdf waar die titel verwys na die balletterm vir rondomtalie draai.Gouws, Tom Versindaba: http://versindaba.co.za/2012/03/06/resensie-pirouette-aniel-botha/ Dit is aanhoudende beweging, wat eindelik nêrens heen lei nie.Van Vuuren, Helize “Beeld” 26 Maart 2012 Die gedigte handel hoofsaaklik oor haar eetsteurnis en die emosies van hulpeloosheid, uitsigloosheid en doelloosheid wat daarmee gepaardgaan. Hierdie situasie word gereeld gesien in die simboliek van breek, skerwe, sny en stukkend kerf, wat aanduidend is van die gebroke en stukkende psigeVan Vuuren, Helize “Beeld” 26 Maart 2012

. Sy slaag daarin om in sommige verse (soos “Voorskrif”) die essensie van die steurnis in donker humor vas te vat. Die eerste afdeling heet “Brisé”, ’n Franse balletterm wat in Engelse vertaling “broken step” of dan “stukkende stap” beteken. Hierin word die stukkende psige beskryf. Die daaropvolgende afdeling is “Echappé”, ’n balletterm vir die danspassie waar beide voete vanaf ’n geslote posisie na ’n oop posisie beweeg. Hierdie titel suggereer dan herstel of genesing en suggereer dat deur die gedigte daar wel heling kom. “Pirouette” is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV se poësieprys. In 2020 word haar gedigte ‘Jy raam en hang my’ en ‘Pas de chat’ in Vers en vrou opgeneem. De Wet, K. (samest.) Vers & vrou. Kaapstad: Human & Rousseau. 2020

Publikasies. JaarPublikasies2010’n Dans met die dood2012Pirouette

Bronnelys

Internet LinkedIn: https://www.linkedin.com/in/aniel-botha-13623631 NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/8096 Randomstruik: http://www.randomstruik.co.za/title-page.php?titleID=3881& Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/aniel-botha

Resensies 

Kategorie:Suid-Afrikaanse digters Kategorie:Afrikaanse digters