duimnael|300px|Pelgrims in die Al-Masdjid al-Haram op die hadj van 2010. duimnael|300px|Die Kaäba in die nag.

Die hadj of gadj (Arabies: الحجّ) is ’n jaarlikse Islamitiese pelgrimstog, of bedevaart, na Mekka wat elke Moslem wat fisiek en finansieel daartoe in staat is, minstens een keer in sy of haar leeftyd moet onderneem.Berkley Center for Religion, Peace, and World Affairs – Islam Sien "Islamic Practices" Dit is een van die Vyf Pilare van die Islam.

Die hadj is een van die grootste jaarlikse byeenkomste van mense in die wêreld. Dit is ’n demonstrasie van die solidariteit van Moslems en hul aanbidding van een God (Allah).

Die bedevaart vind plaas van die 8ste tot die 12de (of soms 13de) Dhu'l Hidjdja, die laaste maand van die Islamitiese kalender. Omdat dit ’n maankalender is in teenstelling met die Gregoriaanse kalender, ’n sonkalender, is die Islamitiese jaar sowat 11 dae korter as ’n Gregoriaanse jaar, en daarom verskil die Gregoriaanse datum van die hadj van jaar tot jaar. Ihram is die naam van die spesiale spirituele toestand waarin pelgrims twee wit stukke naatlose materiaal dra en hulle van sekere dade weerhou.

Die hadj word verbind met die lewe van die profeet Mohammed uit die 7de eeu, maar Moslems glo die pelgrimsritueel na Mekka dateer van duisende jare gelede uit die tyd van Abraham. ’n Paar miljoen mense besoek Mekka vir die week van die hadj en voer ’n aantal rituele uit: Hulle loop sewe keer antikloksgewys om die Kaäba (die vierkantige gebou in die middel van Al-Masdjid al-Haram in Mekka, en die rigting van gebed), loop of hardloop heen en weer tussen die heuwels Safa en Marwa, drink uit die Zamzam-put, gaan vir ’n nagwaak na Berg Arafat, bring ’n nag deur op die vlakte van Moezdalifa en voer ’n simboliese steniging van die duiwel uit deur klippe na drie pilare te gooi. Die pelgrims skeer dan hul hare, doen mee aan ’n ritueel van diereoffering en vier die drie dae lange fees Eid-oel-Adha.

Pelgrims besoek Mekka ook ander tye van die jaar om dié rituele uit te voer. Dit word soms oemra, of ’n "mindere pelgrimstog", genoem. Hulle moet egter steeds die hadj onderneem as hulle kan.

Geskiedenis

Die huidige patroon van die hadj is deur Mohammed gevestig. Volgens die Koran kan elemente daarvan teruggespoor word na die tyd van Abraham, omstreeks 2000 v.C. Die Islamitiese tradisie vertel God het Abraham beveel om sy vrou Hagar en seun Ismael alleen in die woestyn van antieke Mekka te los. Terwyl Hagar op soek was na water, het sy desperaat sewe keer tussen die twee heuwels Safa en Marwa gehardloop, maar niks gekry nie. Toe sy na Ismael terugkeer, het sy gesien ’n fontein het ontspring op die plek waar die baba se been aan die grond raak.

Later het Abraham opdrag gekry om die Kaäba te bou (of herbou), wat hy met Ismael se hulp gedoen het, en om mense aan te spoor om ’n bedevaart daarheen te onderneem. Die Koran verwys in verse 2:124-127 en 22:27-30 daarna:

duimnael|’n Foto uit 1907 van Al-Masdjid al-Haram vol aanbidders. Daar word gesê die aartsengel Gabriël het die Swart Steen uit die hemel gebring om in die Kaäba te lê.

In voor-Islamitiese Arabië is die Kaäba omring deur heidense afgode. In 630 n.C. het Mohammed sy volgelinge van Medina na Mekka gelei, al die afgode vernietig en die Kaäba weer aan Allah gewy. In 632 n.C. het Mohammed sy enigste bedevaart met ’n groot aantal volgelinge onderneem en hulle onderrig in die rituele van die hadj. Van dié oomblik af was die hadj een van die Vyf Pilare van die Islam.

In die Middeleeue het pelgrims in die groot stede van Sirië, Egipte en Irak byeengekom om in groepe en karavane van tienduisende na Mekka te reis, dikwels onder staatsbeskerming. Hadj-karavane, veral tydens die Mameluk-sultanaat en sy opvolger, die Ottomaanse Ryk, is deur ’n militêre mag en dokters vergesel. Dit was om die karavane teen Bedoeïene-rowers en natuurlike terugslae te beskerm,Ibn Jubayr het geraamtes gesien van gelowiges wat op pad van dors omgekom het. In die 17de eeu het ’n groep Egiptiese pelgrims meer as 1 500 mense en 900 kamele verloor. In 1924 het sowat ’n vyfde van ’n Siriese groep pelgrims gesterf en twee jaar later het 12 000 mense vermoedelik tydens die reis gesterf. [Islam in the World deur Malise Ruthven. Granta Publications, 2006. bl. 2. .] en om te verseker die pelgrims het alles wat hulle nodig het. Moslemreisigers soos die geograaf en digter Ibn Jubayr en die geleerde Ibn Battuta het gedetailleerde beskrywings van hadj-reise in die Middeleeue gegee. Die karavane het gevestigde roetes soos die Koninklike Weg gevolg.

Tyd van die hadj Die datum van die hadj word bepaal deur die Islamitiese kalender, wat op die maanjaar gebaseer is. Die gebeure van die hadj vind elke jaar oor vyf dae plaas, wat begin op die 8ste en eindig op die 12de Dhu'l Hidjdja, die laaste maand van die Islamitiese kalender. Van dié vyf dae is die 9de bekend as die Dag van Arafat, en dit is die dag van die hadj. Omdat die Islamitiese kalender ’n maankalender is en die Gregoriaanse kalender ’n sonkalender, is die Islamitiese jaar sowat 11 dae korter as die Gregoriaanse jaar; daarom verskil die Gregoriaanse datum van die hadj van jaar tot jaar. Die bedevaart begin dus elke jaar 11 (soms 10) dae vroeër. Die hadj kan twee keer in een Gregoriaanse jaar voorkom – dit gebeur elke 33 jaar (die laaste keer was in 2006). Die tabel hier onder toon die datums aan van die hadj die afgelope paar jaar (die datum verwys na 9 Dhu'l Hidjdja): 2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020 2021 2022 2023 25 Okt. 14 Okt. 3 Okt. 23 Sep. 11 Sept. 31 Aug. 20 Aug. 10 Aug. 30 Jul. 19 Jul. 8 Jul. 26 Jun.

Rituele duimnael|Die terreine van die hadj-rituele. Fikh beskryf in besonderhede die manier waarop die hadj-rituele uitgevoer moet word en pelgrims volg gewoonlik handleidings en gidse om dit reg te doen. In die uitvoering van die rituele volg die pelgrims nie net die voorbeeld van Mohammed nie, maar vier hulle ook gebeure wat met Abraham verbind word.

Ihram Wanneer die pelgrims die regte mikat of pelgrimsgrens bereik (afhangend van waar hulle kom), gaan hulle ’n gewyde toestand in. Dit behels die dra van twee wit naatlose stukke materiaal vir mans – met die een om die middel gebind en wat tot onder die knie afhang, en die ander om die linkerskouer gedrapeer en aan die regterkant vasgemaak; die dra van vroueklere wat voldoen aan die Islamitiese kode vir openbare drag, met die hande en gesig onbedek; reiniging; die verklaring van die voorneme om die pelgrimstog af te lê en hom- of haarself te weerhou van sekere dade.

Mans mag nie enige knope of gestikte klere dra nie. Sandale moet ook nie gestik wees nie, en die enkels en agterkant van die voete moet oop wees. Hulle mag nie enige reukmiddels aan die lyf of klere dra of hul naels, hare of baard knip nie. Eersgenoemde sluit gegeurde seep in. Geen seks, rokery of vloekery is toelaatbaar nie. Ander verbode handelinge sluit in die beskadiging van plante, die doodmaak van diere, ’n bakleiery, die aflê van ’n eed, huwelikbevestigings of die dra van wapens. Mans mag ook nie vir vroue kyk of onedele gedagtes hê nie.

Vroue se gesig moet onbedek wees. ’n Boerka of nikaab is verbode, maar ’n hijab en doepatta is verpligtend. Hulle moet beskeie lyk en mag nie grimering of parfuum dra nie.

Die bedoeling van die ihram is dat alle pelgrims gelyk is voor God: daar is geen onderskeid tussen ryk en arm nie.

Tawaf en saj duimnael|Die rigting van die tawaf om die Kaäba en die saj tussen Safa en Marwa. Die tawaf-ritueel behels dat sewe keer antikloksgewys om die Kaäba geloop word. Wanneer pelgrims by Al-Masdjid al-Haram aankom, voer hulle ’n eerste tawaf uit as deel van die verwelkomingseremonie. Tydens die tawaf sluit pelgrims ook Hateem in: ’n gebied noord van die Kaäba. Elke omsirkeling begin met die soen of aanraking van die Swart Steen (al-Ḥajar al-Aswad). Wanneer dit nie moontlik is nie weens die groot skare, kan daar met elke omsirkeling met die hand na die Swart Steen gewys word. Pelgrims mag nie eet nie, maar wel water drink om dehidrasie te voorkom. Mans word aangemoedig om die eerste drie omsirkelings vinnig af te lê en die laaste vier teen ’n meer gemaklike pas.

Nadat sewe keer om die Kaäba geloop is, volg twee gebede by die Plek van Abraham (Maqām Ibrāhīm), ’n plek in die moskee naby die Kaäba. Die gebede kan egter, weer eens vanweë die groot skare, elders in die moskee plaasvind. Ná die gebede drink pelgrims water uit die Zamzam-put, wat oral in die moskee beskikbaar is.

Hoewel die omsirkeling van die Kaäba tradisioneel op die grondverdieping plaasvind, kan dit ook op die eerste verdieping of die dak van die moskee gedoen word weens die skares.

Tawaf word gevolg deur saj, die loop of hardloop (sewe keer) tussen die heuwels Safa en Marwa, wat naby die Kaäba geleë is. Dit was voorheen in die ope lug, maar is deesdae heeltemal onderdak. Pelgrims word aangeraai om te loop, maar hulle kan ook hardloop. Daar is ook ’n laan vir gestremdes. Ná saj skeer die mans hul hare en vroue knip gewoonlik ’n stuk van hul hare af. Dit voltooi die oemra.

Eerste dag van die hadj: 8 Dhu'l Hidjdja duimnael|Tente by Mina. Op 8 Dhu'l Hidjdja word die pelgrims aan hul pligte herinner. Hulle gaan die gewyde toestand ihram binne nadat hulle reinigingsrituele ondergaan en die ihram-klere aangetrek het. Dit moet gebeur voordat hulle die mikat betree.

Die beperkings van ihram begin nou. Pelgrims moet vergeet van studies, besigheid en verhoudings, en op God fokus.

Mina duimnael|Pelgrims dra ihram op die vlakte van Arafat op die dag van die hadj. duimnael|Berg Arafat tydens die hadj. Ná die oggendgebed op 8 Dhu'l Hidjdja beweeg die pelgrims na Mina, waar hulle die hele dag deurbring en noen-, namiddag-, aand- en naggebede doen. Die volgende dag verlaat hulle Mina ná die oggendgebed en beweeg na Arafat.

Tweede dag: 9 Dhu'l Hidjdja Dié dag is die Dag van Arafat; dit is die heiligste dag in die Islam en bekend as die Dag van die Hadj. Dit is sowat 70 dae ná die einde van die maand Ramadan en ’n dag voor die heilige fees Eid-oel-Adha. Moslems glo ’n deel van die Koran se inhoud wat aangekondig het die godsdiens van Islam is vervolmaak, is op dié dag onthul.

Arafat Op die oggend van 9 Dhu'l Hidjdja kom die pelgrims by Arafat aan – ’n droë stuk grond sowat 20 km oos van Mekka. Hier bid hulle, toon berou en doen boete oor hul sondes van die verlede, en vra genade by Allah. Hulle luister ook na preke deur Islamitiese geleerdes vanaf Berg Arafat (Jabal ‘Arafah), waar Mohammed na berig word sy laaste preek gelewer het. Dit duur van die middag tot met sonsondergang en is een van die belangrikste rituele van die hadj. ’n Pelgrim se hadj word as ongeldig beskou as hy nie die middag op Arafat deurgebring het nie. Dit dui op die belangrikheid daarvan om deur Allah vergewe te word.

Moezdalifa duimnael|’n Toneel by Moezdalifa Pelgrims moet na Moezdalifa vertrek ná sonsondergang, maar sonder om die aandgebed te doen.Sahih Muslim-Hadith No 2941.2944 Moezdalifa is ’n gebied tussen Arafat en Mina. Wanneer hulle daar aankom, doen pelgrims die aand- en naggebed tegelykertyd en bring die nag daar deur onder die ope lug. Hulle maak ook klippies bymekaar vir die volgende dag se steniging van die duiwel.Sahih Bukhari Hadith No: 732,733, en 734

Derde dag: 10 Dhu'l Hidjdja Nadat hulle van Moezdalifa af teruggekeer het, bring pelgrims die nag in Mina deur.

Steniging van die duiwel duimnael|Die steniging van die duiwel in 2006. Wanneer hulle terug is in Mina, voer die pelgrims ’n simboliese steniging van die duiwel (Ramī al-djamarāt) uit deur van sonsopkoms tot sonsondergang sewe klippies na die grootste van die drie pilare (djamarat) te gooi. Hulle gooi nie dié dag klippe na die ander twee pilare nie. Die drie pilare verteenwoordig Satan.

Die djamarat (enkelvoud: djamra) van oos na wes word genoem: Die kleinste djamra (الجمرة الصغرى, al-jamrah aṣ-ṣughrā); Die middelste djamra (الجمرة الوسطى, al-jamrah al-wusṭā);