Die Groot Jamia-moskee is ’n moskee in Lahore, Pakistan. Dit is die derde grootste moskee in Pakistan en die sewende grootste in die wêreld. Dit is op 6 Oktober 2014 op Eid-oel-Adha (die Offerfees) ingewy. Daar is binne plek vir 25 000 aanbidders, terwyl die binnehof en gang wat na die hoofgebedsale lei, altesaam 70 000 mense kan huisves.

Die moskee het vier minarette, wat elk 50 m hoog is, en ’n groot koepel wat deur nog 20 kleineres omring word. Die buitemure is afgewerk met 4 miljoen handgemaakte teëls. Die binnekant is versier met pasgemaakte matte wat uit Turkye ingevoer is en meer as 50 kandelare uit Iran.

Verwysings

Eksterne skakels Virtuele toer

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Pakistan Jamia