Die eerste van drie Pretoria-Pietersburg Spoorweg (PPS) 26-tonner stoomlokomotiewe is in 1896 by Pretoria afgelewer. Dit was 'n werkslokomotief wat gebruik is vir die bou van die Pretoria-Pietersburg spoorlyn. Die drie lokomotiewe kry die name Pretoria, Pietersburg en Nylstroom.
Die Pretoria-Pietersburg Spoorlyn is op 31 Mei 1899 geopen. Op 12 Oktober 1899 begin die Tweede Vryheidsoorlog en die PPS val onder die beheer van Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM). In Junie 1900 is Pretoria deur die Britse weermag onder Lord Roberts beset en die spoorweë van NZASM word oorgeneem deur 'n afdeling van die Britse weermag, die Imperial Military Railways (IMR). Met die Vrede van Vereeniging is die IMR aan die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) oorhanding. Op 1 Januarie 1912 is die CSAR met die Natalse Regeringspoorweë (NGR) en die Kaapse Regeringspoorweë (CGR) versmelt om die Suid Afrikaans Spoorweë te vorm.
Op die Pretoria-Pietersburg Spoorweg was die drie lokomotiewe onder hul name bekend. Die NZASM se praktyk was om lokomotiewe volgens hul gewig te klassifiseer. Dus was hierdie lokomotiewe as "26-tonners" bekend. Hierdie klassifisering het gebly totdat hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog uit diens gestel is.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine