17473 Freddiemercury (tydelike naam ) is ’n helder asteroïde van sowat 3,4 km breed in die binneste deel van die Asteroïdegordel. Dit is op 21 Maart 1991 by die ESO se La Silla-sterrewag in Noord-Chili ontdek deur die Belgiese sterrekundige Henri Debehogne.
Die asteroïde wentel elke 3 jaar en 8 maande (1 349 dae) om die Son op ’n afstand van sowat 2-2,8 AE. Sy wentelbaan het ’n eksentrisiteit van 0,16 en ’n inklinasie van 1° met betrekking tot die sonnebaan.
Die IAU en die Kleinplaneetsentrum het dit op 5 September 2016 die nuwe naam "Freddiemercury" gegee ter ere van die sanger Freddie Mercury (1946–1991) omdat dit in die jaar van die sanger se dood ontdek is en sy voorlopige naam die sanger se voorletters bevat het. Die nuwe naam is deur Brian May by Montreux-casino in Switserland aangekondig op die viering van wat die sanger se 70ste verjaardag sou gewees het.
Verwysings
Eksterne skakels Asteroid Lightcurve Database (LCDB)) Dictionary of Minor Planet Names, Google books Asteroids and comets rotation curves, CdR – Observatoire de Genève, Raoul Behrend Discovery Circumstances: Numbered Minor Planets (15001)-(20000) – Kleinplanetesentrum 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Asteroïede