Larry is die kat van Downingstraat 10 en hoofmuisvanger van die Kabinetskantoor. Larry is 'n bont bruin-en-witkat, wat glo op 3 Januarie 2007 gebore is. Teen Julie 2016, toe Theresa May Eerste Minister geword het, het Larry reeds 'n reputasie as "geweldadig" in sy interaksie met ander plaaslike muisvangers opgebou. Een van die ander katte in die omgewing is die veel jonger Palmerston, die kat van die Kantoor van Buitelandse Sake.Horton, H. (13 Julie 2016).
Amptelike pligte Die Downingstraatwebwerf beskryf Larry se pligte as "die verwelkoming van gaste by die huis, inspeksie van veiligheidsbeskerming en die uittoets van antieke meubels vir slaapgehalte". Daar word ook grappenderwys genoem dat Larry "'n oplossing vir die muisbesetting van die huis oorweeg" en dat hy aan Downingstraat gesê het dat so 'n oplossing nog in die "taktiese beplanningsfase" is."History: 10 Downing Street".
Eerste jaar in Downingstraat duimnael|Downingstraat 10, Larry se amptelike woon- en werksplek Larry is 'n rondloperkat wat by die Battersea honde- en kattehuis 'n skuiling gevind het. Die personeel van Downingstraat het hom daar gaan uitkies.Glen Oglaza "The Cat's Whiskers" , Sky News, 15 Februarie 2011. Hy het die vorige Downingstraatkat, Sybil, wat in 2009 dood is, vervang. Die media het oor die moontlikheid van 'n nuwe kat vir Downingstraat begin spekuleer, nadat rotte by twee geleenthede agter televisienuusverslaggewers se direkte uitsendings waargeneem is. 'n Downingstraat "pro-katfaksie" het blykbaar die argument gewen. Die kat was ook bedoel as 'n troeteldier vir die kinders van David en Samantha Cameron."Larry the No 10 cat drafted in as official rat catcher of Downing Street", Daily Mail (webwerf), 15 Februarie 2011. Nadat hy by Downingstraat ingetrek het, het Larry, terwyl daar van hom verwag was om vir 'n nuusitem te poseer, die ITV-nuusverslaggewer Lucy Manning 'n veeghou gegee.McConnell, Mary (28 Desember 2011).
Hy word deur bronne in Downingstraat as 'n "goeie rottevanger" beskryf en dat hy "'n goeie jaag- en jaginstink" het."Larry the cat to join David Cameron in Downing Street". Kort nadat hy by Downingstraat aangekom het, is daar in 'n persberig beweer dat Larry 'n kat is wat weggeraak het, en dat sy oorspronklike eienaar met 'n veldtog begin het om hom terug te kry.Nissim, Mayer (23 Februarie 2011)."But that's my auntisurrey universitye's cat: Man's claim on 'stray' No 10 ratcatcher (… and there's a Facebook campaign to get him back)". Dit het egter later aan die lig gekom dat die berig 'n poets is, en dat geen sodanige eienaar of veldtog bestaan nie.Lewis, Paul (23 Februarie 2011). Volgens David Cameron is Larry 'n "bietjie senuweeagtig" in die geselskap van mans, en hy het bespiegel dat aangesien Larry 'n kat is wat gered is, dit die gevolg mag wees van negatiewe ervarings uit sy verlede. Cameron het egter genoem dat die Amerikaanse President Barack Obama oënskynlik 'n uitsondering is met betrekking tot hierdie vrees. Volgens Cameron het Larry "snaaks genoeg van Obama gehou. Obama het hom gestreel en hy het hom dit laat welgeval.""Number 10 cat Larry catches three mice".
In teenstelling met sy voorgangers sedert 1929, word Larry se versorging nie deur die belastingbetaler befonds nie, maar deur die personeel van Downingstraat 10.Prince, Rosa (15 Februarie 2011). Fondsinsamelingspogings om vir sy kos te betaal het blykbaar 'n vasvrae-aand vir Downingstraatpersoneel, wat in die staatskantore gehou is, ingesluit.Maev Kennedy (7 September 2011). Larry se wedervaringe en waarnemings oor sy lewe by Nommer 10 het die onderwerp van 'n weeklikse spotprent in The Sunday Express, geteken deur die spotprenttekenaar Ted Harrison, geword.
Teen die einde van Februarie 2011 is daar berig dat anonieme bronne negatiewe inligting oor Larry versprei het deur te beweer: "dat hy 'n duidelike gebrek aan 'n doodmaakinstink toon."Prince, Rosa (28 Februarie 2011). 'n Senior Downingstraatwoordvoerder het egter gesê dat dit te vroeg is om 'n oordeel te fel, en dat Larry nog nie na sy belangrikste werksarea geneem is nie, ingeval hy dalk wegloop.Prince, Rosa (28 Februarie 2011). Op 22 April 2011 het Larry uiteindelik sy eerste muis gevang en doodgemaak.Stratton, Allegra (24 April 2011).
Op 9 September 2011, is Larry raakgesien toe hy 'n veeg na 'n muis, met die naam "Mandy", gegee het, wat toe onder 'n bos ontsnap het.Harris, Paul (9 September 2011). Op 14 November 2011 het dit aan die lig gekom dat Larry meer tyd aan slaap en die opsoek van die geselskap van 'n wyfiekat, Maisie,"Downing Street cat Larry caught napping". as werklike jag van muise, bestee. Dit het geblyk dat die Eerste Minister tydens 'n kabinetsete maar self 'n vurk na 'n muis moes gooi. Toe hy gevra is of Larry moet bedank, het die Eerste Minister se woordvoerder gesê dat "Larry baie plesier vir baie mense gee"."Downing Street cat Larry backed despite No 10 mice".
Op 16 November 2011 het Larry verdere omstredenheid veroorsaak deur vir verskeie ure te slaap terwyl die hele Kabinet vir 'n vergadering by Downingstraat in-en-uitgesluip het. Larry se oënskynlike luiheid is daarna positief vergelyk met sy mededinger Freya se entoesiasme vir top geheime plekke, soos die opdragsentrum tydens 'n militêre oefening, wat tot waarskynlik tong-in-die-kies bewerings van "lafhartige buitelandse spioenasie" gelei het.Dixon, Hayley (10 Junie 2013). Op 27 November 2011 is daar berig dat Larry uit die Eerste Minister se kwartiere in Downingstraat 10 verban is omdat sy hare die Eerste Minister se skoon pakke ruïneer.McConnell, Mary (28 Desember 2011).
Tweede jaar in Downingstraat duimnael|Larry saam met David Cameron, voormalige Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en Barack Obama, President van die Verenigde State van Amerika. Op 15 Februarie 2012 is 'n partytjie tot Larry se eer, om sy eerste jaar in die Hoofmuisvangerskantoor te vier, gehou."Larry The Downing Street Cat Celebrates One Year As 'Chief Mouser'". Hy het die harte van die Britse publiek gewen, en mediaspanne het dikwels buite die voordeur gekamp. Op hul beurt stuur die volk elke dag vir hom geskenke en lekkernye.""Larry, Chief Mouser to the Cabinet Office". Op dieselfde tyd as Larry se eerste herdenking, het die Battersea Honde- en Kattehuis aangekondig dat Larry se gewildheid daartoe bygedra het dat 15% meer mense katte aangeneem het.
Op 24 April 2012 was Larry weer in die nuus as gevolg van sy mannewales terwyl hy gewag het om by Downingstraat 10 ingelaat te word,Enoch, Nick (24 April 2012). en gedurende die somer het die koerante by meer as een geleentheid foto's van waar hy lê en slaap gepubliseer.Sims, Paul (24 Mei 2012).Garland, Ian; Roberts, Hannah (26 Junie 2012). Larry het hom heelhartig in die feesvierings van Elizabeth II se Diamantherdenkingsjaar gegooi,Wilkes, David (1 Junie 2012). en het veral baie belang gestel in die vlaggies wat gebruik is om Downingstraat 10 te versier. Op 24 Junie is George Osborne herenig met sy lank verlore kat Freya,Walters, Simon (23 Junie 2012).Bond, Anthony (11 Julie 2012). wat by Downingstraat 11 ingetrek het. Volgens berigte het Freya en Larry gou 'n hartlike verhouding opgebou.Walters, Simon (23 Junie 2012).
Op 28 Augustus 2012 het Larry sy eerste muis in die openbaar doodgemaak; hy het die dooie muis op die grasperk voor nommer 10 neergegooi."Larry the Downing Street cat finally kills first rodent". Tydens die September 2012 kabinetskommeling is berig dat Larry sy posisie as Hoofmuisvanger van die Kabinetskantoor behou het.Warner, Gerald (9 September 2012). Die grasie was egter van korte duur omdat daar berig is dat Larry afgedank is en deur Freya vervang is."Larry the Downing Street cat sacked as Number 10's chief mouse catcher after chillaxing too much on the job". Ten spyte daarvan het Larry op 26 September by die ingang van Downingstraat 10 teen die herfsstorms skuiling gesoek."Autumn weather: torrential rain causes flooding in parts of Britain".
Die konfrontasie met Freya oor die gesogte posisie as Hoofmuisvanger het in Oktober tot 'n uitbarsting gekom toe die twee katte in 'n gewelddadige stryd, wat deur die polisie opgebreek moes word, betrokke was.Prince, Rosa (16 Oktober 2012). Daar is berig dat Freya die meer dominante kat en meer effektiewe Muisvanger is omdat haar lewe as 'n rondloperkat haar gehard gemaak het.Parkinson, Justin (16 Oktober 2012). Die Eerste Minister se woordvoerder het egter volgehou dat die twee katte wel daartoe in staat is om "saam te leef".
Derde jaar in Downingstraat Op 15 Februarie 2013 is Larry se verjaarsdag gevier. Daar is ook aangekondig dat Larry die Londense Dieretuin se Sumatraanse tierbewaringsveldtog ondersteun, met foto's van Larry saam met 'n speelgoed tier en 'n verjaarsdagkaartjie van die Londense Dieretuin.Number 10 (15 Februarie 2013). 'n Week later is 'n katbestande versperring opgerig om te verhoed dat Larry en buurkat Freya uit die Kantoor van Buitelandse Sake ontsnap;Evans, Becky (21 Februarie 2013). openbare druk het William Hague egter gedwing om die versperring te verwyder.Evans, Becky (21 Februarie 2013).
In Junie 2013 is berig dat Larry dit oorweeg om homself as burgemeesterskandidaat vir Londen beskikbaar te stel."I hear some hip cat's running for mayor in Mexico. In Julie 2013 het Larry in die strate rondgesluip, en omdat hy huiwerig was om saam met David Cameron by Downingstraat 10 in te gaan, moes hy binnegelok word."Busy day at the office, Prime Minister?
In September 2013 het die spanning tussen Cameron en Larry na bewering opgebou.Chorley, Matt (28 September 2013). Daar is berig dat Cameron beswaar gemaak het teen kathare op sy pak, en dat die reuk van katkos met lugverfrisser verbloem moes word wanneer daar besoekers by Downingstraat gekom het. Daar is beweer dat die Camerons nie van Larry hou nie, en dat die kat bloot gebruik is om openbare betrekkings 'n hupstoot te gee. Cameron het op Twitter getweet dat hy en Larry "purr-fectly" goed oor die weg kom.Chorley, Matt (28 September 2013). Die beroepswedders Ladbrokes het Cameron as die gunsteling beskou om Downingstraat eerste te verlaat, met 'n wenkans van (1/2), terwyl Larry op 'n wenkans van 6/4 as die buitestaander beskou is. Teen Oktober 2013 is daar berig dat die regering se beeldpoetsers 'n veldtog teen Larry voer, en dat Larry in werklikheid binne twee weke vier muise gevang het, en dat een van die personeellede 'n muis uit Larry se kloue gered het.McSmith, Andy (18 Oktober 2013).
Vierde jaar in Downingstraat Op 15 Februarie 2014 is Larry se verjaarsdag gevier. Daar is aangekondig dat buurman George Osborne, in 'n nuwe magsstryd in Downingstraat, 'n troetelhond, Lola, gekry het. Personeel het aangekondig dat Lola goed met Larry en Freya oor die weg kom, maar standpunt teen Larry ingeneem deur sê dat Freya "net 'n bietjie meer doeltreffend as Larry is wanneer dit by muisvang kom".Abraham, Tamara; Barrow, Becky (3 Februarie 2014). In Maart 2014 moes die Eerste Minister 'n noodvergadering oor die Oekraïnekrisis bywoon; gevolglik het Larry sy plek volgestaan en as gasheer vir die KM Groep se redaksionele vakleerling Dan Wright in Downingstraat opgetree."KM Group editorial apprentice Dan Wright misses out on date with Prime Minister David Cameron at National Apprenticeship Week event in Downing Street" . Daar is ook berig dat Larry in gereelde gevegte met Freya betrokke was. Na Larry se vorige sukses as gasheer, is hy die taak opgelê om teenstanders van Lincolnshire se Distriksraad se besluit om die biblioteekdiens op te hef, te verwelkom.Seymour, David (8 April 2014).