Die Bamboesberg is 'n bergreeks geleë in die noordwestelike hoek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, suidoos van Steynsburg. Die reeks is vernoem na die bamboesplant (Thamnocalamus tessellatus) wat welig in sy klowe groei.

Die Bamboesberg is 'n uitloper van die Stormberge, en 'n deel van die reeks kan parallel en oos van die pad tussen Hofmeyr en Tarkastad gesien word. Sommige van sy pieke is meer as 1800 m (6000 voet) hoog - Aasvoëlberg, 35 km wes van Sterkstroom, styg tot 2208 m (7245 voet). Die Stormbergspruit is 'n sytak van die Oranjerivier. Die rotse is saamgestel uit sediment van die Stormbergreeks in die Karoostelsel.Standard Encyclopaedia of Southern Africa - vol 2

Sien ook Lys van Bergpieke in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap