Die Groot Moskee van Salé (Arabies: المسجد الأعظم, Masdjid Al Aadam) is ’n moskee in Salé, Marokko. Dit beslaan ’n gebied van 5 070 m2 en is die land se derde grootste moskee.
Geskiedenis Dit is oorspronklik tussen 1028 en 1029 gebou, en is in 1196 vergroot en gerestoureer. Daarna was dit die derde grootste moskee in Marokko. Sedetdien is dit verskeie kere verwoes en herbou. Dit het nege boë.
In 1260 is Salé deur Kastiliaanse magte beset en 3 000 vroue, kinders en bejaardes van die stad is in die moskee byeengebring en as slawe na Sevilla weggevoer. In 1851 is Salé deur die Franse magte met bomme bestook en die moskee is erg beskadig.
In the 1930's, tydens die Franse protektoraat in Marokko, is die moskee gebruik vir nasionalistiese byeenkomste en is dit selfs vir ’n ruk gesluit om te keer dat dit gebruik word as ’n plek waar nasionalistiese sentiment aangewakker word.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Moskees in Marokko Salé