Die Slag van Dien Bien Phu (Frans: Bataille de Diên Biên Phu; Viëtnamees: Chiến dịch Điện Biên Phủ, letterlik: "Veldtog van Dien Bien Phu") was die laaste veldslag van die Frans-Indo-China-oorlog. Die slag het in Noordwes-Viëtnam plaasgevind, waar 45 000 Viët-Minh-soldate onder Võ Nguyên Giáp 15 000 Franse soldate onder kolonel Christian de Castries verslaan het. Die veldslag het gelei tot die einde van die Frans-Indo-China-oorlog, die onttrekking van Franse magte aan Indo-China (Viëtnam, Kambodja en Laos) en die stigting van die kommunistiese Noord-Viëtnam en die pro-Westerse Suid-Viëtnam.
Agtergrond duimnael|links|Kaart van Frans-Indo-China duimnael|links|Vo Nguyen Giap (links) en Hồ Chí Minh (regs) Die Franse het in die 17de eeu met die Viëtnamese begin handel dryf. In 1787 het Franse sendelinge hulle in Indo-China gevestig, waarna handelaars hulle gevolg het. In 1862 het die Franse Saigon verower en geleidelik het die res van die gebied gevolg. In 1887 is Frans-Indo-China amptelik gevestig, bestaande uit Annam, Tonkin, Cochinsjina en Kambodja. Laos is in 1893 bygevoeg.
In die Tweede Wêreldoorlog is Frans-Indo-China deur Japan beset. Hồ Chí Minh het die Viëtnamese Bevrydingsliga gestig, die Viët-Minh. In die Tweede Wêreldoorlog het die Viët-Minh van krag tot krag gegaan, onder meer met Amerikaanse hulp. Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog, in 1945, het Britse en Chinese magte die kolonie beset en die oorgawe van die Japanse magte aanvaar. ’n Klein Franse afdeling het die Britte aanvanklik vergesel, maar groot getalle versterkings het spoedig gevolg. Die Viët-Minh het Hanoi (die hoofstad van Tonkin) beset en gevegte het spoedig tussen die Franse en die Viët-Minh uitgebreek. Die Viët-Minh het Hanoi verlaat en in die woude van Tonkin ’n guerrillaoorlog gevoer. In 1949 het die Sjinese kommunistiese magte van Mao Zedong die Indo-China/China-grens bereik. Dit was die begin van die einde van die Franse bewind in Indo-China want die Viët-Minh het skuiling, voorrade en opleiding in China ontvang. Fall, Bernard B (1961). Street Without Joy. Harrisburg: Stackpole Company. Giap het ook konvensionele eenhede gestig en opgelei.
’n Jaar later, in November 1950, begin die Viët-Minh Franse vestings langs die Chinese grens aanval. Die Franse bevelvoerders raak paniekbevange en beveel ’n haastige onttrekking. Die onttrekkende eenhede word verpletter in Viët-Minh-lokvalle en valskermbataljonne word per valskerm ontplooi om uit te help. Die 1ste Valskermbataljon van die Franse Vreemdelegioen (1er Bataillon Etranger de Parachutistes, 1er BEP) word feitlik uitgewis. Die Franse verloor 6 000 soldate (dood en gevange geneem). Dit was die Franse se grootste koloniale nederlaag sedert hulle Kanada ’n paar eeue gelede verloor het.
Die Viët-Minh-magte stoomroller voort na Hanoi, maar word deur die Franse maarskalk Jean de Lattre de Tassigny in die Rooirivier-delta gestuit. In Tonkin beheer die Franse die delta en die T’ai-hooglande. Die T’ai- en Meo-stamme is ou bondgenote van die Franse en aanvanklike Viët-Minh-invalle word gestuit. In Oktober 1952 val drie Viët-Minh-divisies die T’ai-hooglande in en dwing die Franse om die gebied grootliks te ontruim. In 1953 val die Viët-Minh Laos binne en dwing die Franse om troepe te ontplooi om die inval te stuit. Een van die dorpies wat deur die Viët-Minh verower word, is Dien Bien Phu.
Na-San duimnael|Kaart van Noord-Viëtnam, met Dien Bien Phu, Na-San en Hanoi In 1952, met die inval in die T’ai-hooglande, het die Franse ’n basis by Na-San versterk om die Viët-Minh-magte te stuit. Na-San was ’n dorpie (of stat) met ’n aanloopbaan. Twee Viët-Minh-divisies val ’n mag gelykstaande aan drie bataljonne aan. Die Franse ontplooi artillerie en vliegtuie om die aanval te af te slaan en die Viët-Minh word ’n groot nederlaag toegedien. Later, op 12 Augustus 1953, onttrek die Franse soldate sonder personeelverliese aan Na-San. Fall, Bernard B (1966). Hell in a Very Small Place. Cambridge: Da Capo Press. Die Franse bevelvoerder, luitenant-generaal Henri Navarre, leer twee lesse van die veldslag. Eerstens sal die Franse, met hulle lug- en artilleriesteun, altyd die Viët-Minh in ’n vesting verslaan. Die tweede les is dat ’n basis altyd ontruim kan word as die troepe moet herontplooi word. Die twee lesse is baie belangrik om die konsep van ’n basis by Dien Bien Phu te verstaan.
Die plan Navarre het bitter min politieke leiding van die Franse regering in Parys gekry weens die feit dat die regerings gedurig verander het. Toe die Viët-Minh Laos binneval, het Navarre die indruk, maar nie ’n bevel nie, gekry om Laos te verdedig. Navarre, kolonel Louis Berteil, sy adjunkbevelvoerder van operasies, en brigadier-generaal René Cogny, die bevelvoerder in Noord-Viëtnam, besluit om ’n basis by Dien Bien Phu te stig. Die doel van die basis was tweeledig: Eerstens was die basis ’n voorsieningspunt en rusplek vir Franse geurrillavegters wat die Viët-Minh se voorraadlinies aanval. Die GMI (Gemengde Intervensiegroep; Groupement Mixte d'Intervention) het grootliks bestaan uit etniese minderhede (soos die T’ai en Meo) en is gelei deur Franse offisiere en onder-offisiere. Die GMI kon die Viët-Minh dwing om soldate te heronplooi om hulle voorraadlyne te verdedig en hulle sou dus minder soldate hê om Laos binne te val. Tweedens, as die Viët-Minh die basis aanval, sal ’n mag van nege tot 12 infanterie- en valskermbataljonne, sewe artilleriebatterye (ses batterye met elk ses x 105 mm-veldkanonne en een battery met 6 x 155 mm-houwitsers), ’n tenkkompanie met 10 M24 Chaffee- ligte tenks en ondersteuningseenhede die aanval teenstaan. Grumman F8F Bearcat-grondaanvalvliegtuie was gebaseer op die vliegveld om onmiddellike steun te kan gee. Nog vliegtuie, onder meer B26-bomwerpers, sou ook van Hanoi steun gee. Anders as Na-San wou die Franse ’n mobiele slag veg. Stellings sou gebou word, maar dit sou net tydelike weerstand bied. Die mobiele eenhede sou teenaanvalle loods om die Viët-Minh te verslaan. Gevolglik is min materiaal en houtbalke ingevlieg om stellings te bou. Die Franse het geweet dat die Viët-Minh artillerie besit, maar het verwag hulle het nie die vermoë om dit deur ’n oerwoud te vervoer en voorsien nie.
Dien Bien Phu Dien Bien Phu lê in die Muong Thanh-vallei. Die vallei is 20 km lank en 6 km wyd. Daar is ’n paar heuwels in die vallei, maar dit word oorheers deur die berge wat om die vallei is. Die Nam-Yum-rivier vloei deur die vallei. Die vallei kry baie reën in die monsoentydperk. Die Franse magte was te min om die hele vallei te verdedig en gevolglik was die Franse posisies oorheers deur die Viët-Minh, wat die omgekeerde situasie was van Na-San.
Operasie Castor duimnael|Franse valskermsoldate land op Dien Bien Phu Op 20 November 1953 land valskermsoldate van die 1ste Valskermgroep (Groupement Aéroporté 1; GAP 1) by Dien Bien Phu. In dié stadium was die Viët-Minh se 148 Onafhanklike Regiment met die hoofkwartier en 1 bataljon (910) of Dien Bien Phu. Slegs 65 vliegtuie (10 C-119 Boxcars en die res Dakotas) was beskikbaar, wat beteken dat slegs twee van GAP 1 se drie bataljons vervoer kon word. (Dié gebrek en genoegsame lugsteun, insluitende vragvliegtuie, was een van die hoofredes vir die Franse nederlaag.) Hulle kon nie die Viët-Minh omsingel nie en Regiment 148 onttrek aan die slagveld na ’n skermutseling. 115 Viët-Minh en 16 Franse soldate sneuwel. Op 21 November word GAP 2 met drie valskermbataljonne afgegooi. GAP 2 se bevelvoerder was Pierre Langlais, wat ’n groot rol in die komende slag sou speel. Brigadier-generaal Gilles was bevelvoerder van die 4 560 Franse soldate in Dien Bien Phu. Geniesoldate begin die aanloopbaan herstel en ’n paar dae later begin die eerste vragvliegtuie land. Bykomende infanterie- en artillerie-eenhede begin by die basis aankom. Slegs een geniekompanie (3de van die 31ste Geniebataljon) is aanvanklik by die basis. Dit en die feit dat nie genoegsame materiaal en houtbalke vir bunkers verskaf is nie, is nog ’n rede vir die Franse nederlaag.
GAP 1 word ontplooi uit Dien Bien Phu na ander areas.
Aanvalspatrollies en die bou van stellings duimnael|Kolonel (later generaal) de Castries Generaal Gilles word teruggeroep Hanoi toe en ’n nuwe bevelvoerder volg hom op, kolonel Christian Marie Ferdinand de la Croix de Castries. Hy het ’n kavallerie-agtergrond met ervaring in die Tweede Wêreldoorlog en die stryd in Indo-China gehad. Hy het in die Tweede Wêreldoorlog onder generaal Navarre in ’n pantsereenheid geveg. Die groot rede hoekom hy aangestel is, is omdat hy ervaring in mobiele oorlogvoering gehad het.
Terwyl die infanterie-, artillerie- en genietroepe stellings en ’n basis bou, voer Langlais en GAP 2 aanvalspatrollies uit. GAP 2 bestaan uit die 1ste Valskermbataljon van die Vreemdelegioen (1 BEP; hervorm na die slagting vroeër in 1950) en die 8ste Valskermaanvalsbataljon (8e Bataillon de Parachutistes de Choc; 8 BPC). Die derde bataljon van GAP 2 is eers later in die slag ontplooi. Kontak word gemaak met geurrilla-eenhede en ’n ekspedisie van Laos, maar die tou word al hoe stywer rondom die Franse garnisoen getrek. Elke patrollie ly al hoe groter verliese.
duimnael|Kaart van die hoofstellings by Dien Bien Phu Intussen is die troepegetal verhoog tot 10 800 soldate. Die volgende gevegstellings, meestal op heuwels, is ingerig:
StellingPlekEenheidAnna-MarieVliegveld3de T’ai-bataljonBeatriceNoordoos van die hoofbasis3de Bataljon, 13de Vreemdelegioen-DemibrigadeClaudineSuid van die vliegveld en hoofbasis1ste Bataljon, 13de Vreemdelegioen-Demibrigade, 1 x 155mm-artilleriebattery, 3 x 105mm-artilleriebatteryeDominiqueSuidwes van die hoofbasis3de Bataljon, 3de Algeriese Skuttersregiment, 1 x 105mm-artilleriebatteryeElianeSuid van Dominique1ste Bataljon, 4de Marokkaanse RegimentFrancoiseNoordwes van ClaudineT’ai Partisaan Mobiele Groep 1GabrielleNoord van die aanloopbaan5de Bataljon, 7de Algeriese SkuttersregimentHuguetteOos van die aanloopbaan1ste Bataljon, 2de VreemdelegioenregimentIsabelleSuid van die hoofbasis, geïsoleerd van ander stellings3de Bataljon, 3de Vreemdelegioenregiment, 2de Bataljon, 1ste Algeriese Skuttersregiment, 2 x 105mm-artilleriebatteryeReserweHoofstelling1 BEP, 8 BPC
Verder was daar sewe tenks wat die hoofposisie (A – H) bedien het en drie tenks wat by Isabelle gestasioneer was. Die gerug was dat die stellings na De Castries se minnaresse vernoem is (hy was ’n haan onder die henne), maar in werklikheid is die name gekies want dit was alfabeties.
Die Viët-Minh se reaksie duimnael|Viët-Minh soldate by Dien Bien Phu Generaal Giap het besluit om die Franse uitdaging te aanvaar. Die grootste Franse aanname was dat Giap, as hy aanval, met hordes infanteriesoldate sou aanval, maar met bitter min artillerie. Die rede was dat die pad van die Viët-Minh-basisse na Dien Bien Phu verval het of vernietig is deur beide partye. Verder het die Viët-Minh net ’n paar honderd vragmotors gehad wat nie die groot hoeveelhede ammunisie sou kon vervoer nie. Die Franse het gevoel hulle GMI-guerrillaeenhede en die Franse lugmag sou die Viët-Minh se voorrade kan afsny.
Die Viët-Minh se Front-voorraadkomitee het 45 000 kleinboere opgeroep. Van hulle het voorrade met aangepaste fietse vervoer. Bykomende vragmotors is van Sjina verkry en nuwe paaie is gebou. Die paaie is baie goed gekamoefleer deur takke bokant die pad aanmekaar vas te bind en sodoende ’n tonnel te maak. Jagtogte is op GMI-eenhede uitgevoer en lugafweerkanonne is op strategiese plekke geïnstalleer. Teen Maart 1954 het die Viët-Minh genoeg voorrade, 49 000 soldate en 31 500 ondersteuningsoldate rondom Dien Bien Phu gehad.
Boutekorte duimnael|M24 Chaffee tank – Dit is 'n foto van 'n Amerikaanse tenk. Soortgelyke tenks is stuk vir stuk ingevlieg na Dien Bien Phu om in die oerwoud aanmekaar gesit te word.
