Sirima Ratwatte Dias Bandaranaike (Singalees: සිරිමා රත්වත්තේ ඩයස් බණ්ඩාරනායක, Tamil: சிறிமா ரத்வத்தே டயஸ் பண்டாரநாயக்கே; 17 April 1916 – 10 Oktober 2000), algemeen bekend as Sirimavo Bandaranaike, was ’n Sri Lankaanse politikus en die wêreld se eerste vroulike premier. Haar man, Solomon Bandaranaike, is in 1960 oorlede,HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, waarna sy drie keer die premier van Ceylon en Sri Lanka was (van 1960 tot 1965, 1970 tot 1977 en 1994 tot 2000).

Biografie Bandaranaike kom van 'n aristokratiese familie en het 'n Rooms-Katolieke skool vir nonne in die hoofstad Colombo bygewoon. Sy trou in 1940 met Solomon Bandaranaike, 'n grondbaron wat van 1956 die premier van Ceylon was. Hulle het drie kinders gehad. Haar man is egter op 26 September 1959 deur 'n ekstremistiese Boeddhis doodgeskiet.BBC, 1960: Ceylon chooses world's first woman PM, On this day – 20 July, 2005

Sy het haar man se sosialistiese beleid voortgesit en die bynaam "wenende weduwee" gekry, nadat sy gedurende die daaropvolgende verkiesingsveldtog verskeie kere in trane uitgebars het. Sy was die leier van die Sri Lankaanse Vryheidsparty. Sy wen die verkiesing van 1960 en word so die eerste gekose vroulike regeringsleier ter wêreld. Sy was ook die moeder van Chandrika Kumaratunga, die derde president van Sri Lanka.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sri Lankane Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1916 Kategorie:Sterftes in 2000