Theodorus "Theo" van GoghNaifeh, Steven and Gregory White Smith. Van Gogh: the Life, bl. 23 New York: Random House (2011); ] (1 Mei 1857 – 25 Januarie 1891) was ’n Nederlandse kunshandelaar. Hy was die jonger broer van die skilder Vincent van Gogh; Theo se finansiële en emosionele steun het sy broer in staat gestel om sy lewe geheel en al aan skilderwerk te wy. Theo is op 33-jarige ouderdom oorlede, ses maande ná Vincent (op 37).

Lewe Theo het ’n paar jaar lank in die Nederlandse kantoor van die Paryse kunshandelaars Goupil & Cie in Den Haag gewerk. Hy het op 1 Januarie 1873 by die Brusselse kantoor aangesluit as hul jongste werknemer. Nadat hy na die Londense kantoor verplaas is, het hy na die kantoor in Den Haag geskuif, waar hy ’n belangrike kunshandelaar geword het. Teen 1884 is hy na die hoofkantoor in Parys verplaas.

Van die Europese winter van 1880–1881 af het hy skildermateriaal en ’n maandelikse bedrag gestuur aan Vincent, wat in Nederland gewoon het.

Verwysings

Eksterne skakels John Lichfield, "Van Gogh's little brother goes on show", 1999, The Independent, URL besoek op 27 Januarie 2009

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Nederlandse entrepreneurs Kategorie:Vincent van Gogh Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1891