Camille Pissarro (10 Julie 1830 – 13 November 1903) was ’n Deens-Franse impressionistiese en neo-impressionistiese skilder van Joodse afkoms wat op die eiland Sint Thomas (nou in die Amerikaanse Maagde-eilande, maar toe in die Deense Wes-Indiese Eilande) gebore is.

Lewe Hy was belangrik vanweë sy bydraes tot die impressionisme en postimpressionisme. Pissarro het van groot meesters geleer, onder andere Gustave Courbet en Jean-Baptiste-Camille Corot.

In 1873 het hy ’n gemeenskap van 15 opkomende kunstenaars help stig en die spil geword waarom die groep gedraai het terwyl hy jong kunstenaars aangemoedig het. Die Amerikaanse kunshistorikus John Rewald het Pissarro die "nestor van die impressionistiese skilders" genoem – nie net omdat hy die oudste was nie, maar ook danksy sy "wysheid en warm, gebalanseerde persoonlikheid".Rewald, John. Camille Pissarro, Harry N. Abrams (1989) Cézanne het gesê "hy was ’n pa vir my". Hy was ook een van Gauguin se meesters. Renoir het na sy werk as "revolusionêr" verwys omdat hy verkies het om mense in natuurlike omgewings uit te beeld, sonder "kunsmatigheid of prag".

Pissarro is die enigste kunstenaar wat sy werk tentoongestel het op al agt Paryse impressionistiese uitstallings, van 1874 tot 1886. Hy was nie net ’n vaderfiguur vir die impressioniste nie, maar ook al vier die groot postimpressioniste, Georges Seurat, Paul Cézanne, Vincent van Gogh en Paul Gauguin.Bade, Patrick. Monet and the Impressionists, Fog City Press (2003) p. 81

Galery

Verwysings

Primêre bronne Rewald, John, red., met die samewerking van Lucien Pissarro: Camille Pissarro, Lettres à son fils Lucien, Albin Michel, Parys 1950; in Engels vertaal as Camille Pissarro, Letters to his son Lucien, New York 1943 & Londen 1944; 3de hersiene uitg., Paul P Appel Publishers, 1972 Bailly-Herzberg, Janine, red.: Correspondance de Camille Pissarro, 5 volumes, Presses Universitaires de France, Parys, 1980 & Editions du Valhermeil, Parys, 1986–1991 – – – –

Thorold, Anne, ed.: The letters of Lucien to Camille Pissarro 1883–1903, Cambridge University Press, Cambridge, New York & Oakleigh, 1993

Eksterne skakels Union List of Artist Names, Getty Vocabularies. Camille Pissarro by ULAN. Los Angeles, Kalifornië. BBC Your Paintings: werke deur Camille Pissarro in Britse privaat versamelings Exhibition Pissarro dans les ports, 2013, Museum van Moderne Kuns André Malraux - MuMa

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Deense Jode Kategorie:Deense kunstenaars Kategorie:Franse Jode Kategorie:Franse skilders Kategorie:Geboortes in 1830 Kategorie:Sterftes in 1903