Pomare V of Pōmare V (3 November 1839 – 12 Junie 1891) was van 1877 tot met sy gedwonge abdikasie in 1880 die vyfde en laaste monarg van die Koninkryk Tahiti. Hy was die seun van koningin Pomare IV.

Lewe Hy het die Tahitiaanse kroonprins geword met die dood van sy oudste broer op 13 Mei 1855. Ná sy ma se dood op 17 September 1877 het hy die troon bestyg; hy is op 24 September 1877 in Papeete gekroon.

Sy eerste vrou was Teuhe, van wie hy in 1861 geskei is. Hy is op 28 Januarie 1875 met sy tweede vrou, Joanna Marau-Ta'aroa Te-pa'u Salmon, getroud – sy was daarna bekend as haar majesteit koningin Marau van Tahiti. Hy is in 1887 van haar ook geskei.

Pomare V het ’n seun en twee dogters gehad.

Op 29 Junie 1880 het hy Tahiti en sy afhanklike eilande aan Frankryk oorgedra, waarna hy ’n pensioen van die Franse regering gekry het. Hy is in die koninklike paleis in Papeete aan alkoholisme dood.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1839 Kategorie:Sterftes in 1891 Kategorie:Konings van Tahiti