Die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit is 'n Plaaslike Munisipaliteit in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit het ontstaan nadat Maletswai en Gariep Plaaslike Munisipaliteite saamgesmelt het op 8 Augustus 2016.
Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit: Aliwal-Noord Burgersdorp (setel) Dukathole (deel van Aliwal-Noord) Jamestown Oviston Steynsburg Venterstad
Bure Die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit se bure in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit is die Senqu Plaaslike Munisipaliteit aan die oostekant.
Ten suide in Chris Hani-distriksmunisipaliteit is Enoch Mgijima (Tarkastad/Queenstown)
Aan die Vrystaatkant is Mohokare Plaaslike Munisipaliteit in die Xhariep-distriksmunisipaliteit geleë.
Politieke verteenwoordiging Die munisipale raad bestaan uit twee-en-twintig lede wat deur gemengde-lede proporsionele verteenwoordiging verkies word. Elf raadslede word in nege wyke as algehele wenners verkies, terwyl die oorblywende elf uit partylyste gekies word, sodat die totale aantal partyverteenwoordigers eweredig is aan die aantal stemme wat ontvang is.
Tydens die verkiesing van 3 Augustus 2016 het die African National Congress (ANC) 'n meerderheid van vyftien setels in die raad verower.
Die onderstaande tabel toon die uitslag van die 2016-munisipale verkiesing in beide Maletswai en Gariep. Party2016 StemmeSetelsWykLysTotaal %WykLysTotaalAfrican National Congress 13,686 13,805 27,491 66.9 10 5 15Demokratiese Alliansie 4,638 4,630 9,268 22.5 1 4 5Ekonomiese Vryheidsvegters 1,158 1,173 2,331 5.7 0 1 1Maletswai Civic Association 878 1,030 1,908 4.6 0 1 1United Residents Front 62 – 62 0.2 0 0 0Onafhanklike kandidate 51 – 51 0.1 0 – 0 Totaal 20,473 20,638 41,111 100.0 11 11 22 Bedorwe stemme 391 359 750
Verwysings
Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Oos-Kaap