Tiaré tahiti of Gardenia taitensis (ook die Tahitiaanse Gardenia genoem) is ’n plantspesie in die Rubiaceae-familie. Dit is ’n immergroen tropiese struik wat tot 4 meter hoog word en het blink, donkergroen blare van 5–16 cm lank.

Die blom is roomwit, geurig en windmeultjievormig met vyf tot nege lobbe (elke lob is 2–4 cm lank). Dit is inheems aan die suidelike Stille Oseaan, en is een van die min kultuurplante wat inheems aan Polinesië is. Dit is die nasionale blom van Frans-Polinesië en die Cookeilande.

Die blom se name is effens misleidend omdat dit nie inheems aan Tahiti is nie. Die wetenskaplike naam is geskoei op voorbeelde wat die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville in 1824 uit Tahiti gebring het. Die plant het sy oorsprong in Wes-Polinesië en is deur vroeë setlaars na Frans-Polinesië gebring.

Sinonieme Gardenia weissichii Gardenia tahitensis Randia tahitensis

Gebruike duimnael|180px|Van die blom word Monoi-olie, ’n parfuumolie, gemaak deur dit in klapperolie te laat lê. Die Polinesiërs gebruik dit om blomhalssnoere te maak wat ei (Cookeilande), Hei (Tahiti) of Lei (Hawaii) genoem word. Daar word geglo die plant het medisinale eienskappe en dit word vir verskeie kwale gebruik. In Samoa word inflammasie byvoorbeeld met dele van die plant behandel.Polynesian herbal medicine By W Arthur Whistler (1992) ble. 52, 69, 150 Google Books Die blomme word in klapperolie laat lê om Monoi-olie te maak.The History of Monoi Tiare Tahiti at Monoi.com Parfuum word ook soms gemaak, maar die hoë vervaardigingskoste maak dit nie kostedoeltreffend vir algemene handel nie. ’n Uitsondering is Tiare deur Ormonde Jayne, wat in 2009 bekendgestel is,Ormonde Jayne – Tiare-perfuumversameling deur Linda Pilkington en Tiare deur Chantecaille.Chantecaille Tiare-parfuum by chantecaille.com Tiaré word in sekere vel- en haarsorgmiddels gebruik.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels Die Tiaré-blom (of Gardenia tahitensis) USDA Plants Database: Gardenia taitensis – plants.usda.gov The Endeavour Journal of Joseph Banks 1768–1771, Gardenia taitensis – nzetc.org

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

taitensis Kategorie:Blomme Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Struike