Tapu,"Tapu" is vir James Cook vertaal as "gewyd, verbode, onskendbaar, vervloek" tabu of kapu is ’n tradisionele Polinesiese begrip wat iets aandui wat heilig is, met ’n "spirituele beperking" of "verbod". Die Afrikaanse woord "taboe" kom via Engels van laasgenoemde betekenis af.G.J. van Wyk, Buro van die WAT. Etimologiewoordeboek van Afrikaans. 2003. Stellenbosch. In Engels dateer die woord taboo van die tyd van kaptein James Cook se besoek in 1777 aan Tonga.
Sommige bronne gee dit aan as ’n samestelling uit Tongaans van ta "gemerk" en bu "in groot mate", maar dit kan volksetimologie wees.
Die begrip bestaan in baie tradisionele gemeenskappe, onder meer dié van Fidji, Samoa, Paaseiland, Tahiti, Hawaii, Tonga en die Maori's. In die meeste tale bestaan ’n herkenbare soortgelyke woord.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Godsdiensterminologie Kategorie:Polinesiese mitologie