Met die publikasie van 'n nuwe Harry Potter-boek - "The cursed child"http://www.bbc.com/news/entertainment-arts-36965066 in 2016 is daar die moontlikheid van nuwe vrae oor die waardehttp://www.nytimes.com/2016/08/04/business/media/despite-sales-cursed-child-isnt-magical-to-some-potter-fans.html?_r=0 en moontlike insluiting van hierdie boekreeks in die onderrig van Afrikaans.

Voorgraadse sowel as nagraadse aspirant-opvoeders van Afrikaans sowel as skoolgaande jeugdiges lees graag die Harry Potter-boekreeks (hierna HP genoem).

Om die problematiek rondom die moontlikheid om hierdie reeks voor te skryf of te behandel in die Afrikaanse onderrigkonteks te beantwoord, fokus hierdie artikel op enkele kriteria wat kan bydra tot die keuse van tekste in die onderrig van Afrikaanse jeugletterkunde in die middelskoolfase (graad 7-9).Kruger, E. 2003. Harry Potter (I): Motivering vir die insluiting in die onderrig van Afrikaans. Tydskrif vir Taalonderrig, 37(2):179-196.

Behoort die Harry Potter-boekreeks in die Afrikaanse onderrigkonteks ingesluit te word? Die HP-boekreeks is aan die een kant wêreldwyd populêr: in Junie 2003 is 192 miljoen kopieë verkoop, en die reeks is in 55 tale beskikbaarWinfield, N. 2003. Vatican backs Harry Potter. Associated Press [Intyds], 4 Februarie. Beskikbaar: www.cesnur.org/2003/potter en in 2001 is 52,000 boeke in Afrikaans verkoop,Lategan, L. 2001. Die herrie oor Harry: J.K. Rowling en die Potter-mania. Free State Libraries, Januarie-Maart:17-19 opvoedkundiges en bibliotekarisse is verheug daaroor dat die skrywer dit reggekry het om kinders weer aan die lees te kry; en in 2000 word die skrywer J.K. Rowling vir die skryf van die reeks vereer met 'n eredoktersgraad deur die Edinburgh Napier Universiteit.Associated Press. 2000. Rowling gets honorary degree [Intyds], 23 November. Beskikbaar: www.cesnur.org/recens/potter

Aan die ander kant kry ouers vanuit fundamentalisties-Christelike kringe elektroniese boodskappe van ernstige besware teen die morele waardes en heksery (daar word selfs van 'n "encyclopaedia of Satanism" gepraat) wat in die boeke gepropageer word.Lynn, R. 2002. Harry Potter, e-pos aan E. Kruger [Intyds], 7 Desember. Christene verbrand die HP-boeke in hulle besit omdat hulle oortuig is van die anti-christelike waardes in die reeks,Seltzer, R. 2002. Potter book burning was misguided. El Paso Times [Intyds], 4 Januarie. Beskikbaar: www.cesnur.org 'n vastyd van drie dae is gereël vir die dae voor die vyfde boek gepubliseer is,Swart, E. 2003. Die realiteite van Harry Potter, e-pos aan E. Kruger [Intyds], 18 Junie.. en voortydige profesie en interpretasie van die anti-christelike betekenis en simboliek van die feniks word elektronies versprei.Van Wyk, D. 2003. The phoenix, e-pos aan E. Kruger [Intyds], 17 Junie.

Mense wat betrokke is by die Wicca-beweging en dus heksery aktief beoefenCESNUR (Center for Studies on New Religion). 2003. A Christian reflection on the "New Age". The Vatican document on the New Age [Intyds], 3 Februarie. Beskikbaar: www.cesnur.orgRobinson, B.A. 2001. Are all witches equal? Harry Potter and public confusion about witches [Intyds]. Beskikbaar: www.religioustolerance.org is nie self baie beïndruk met Rowling se uitbeelding van hekse nie.Glidewell, J. 2001. Wiccans are not all that wild about Harry Potter. St. Petersburg Times [Intyds], 16 November. Beskikbaar: www.cesnur.org Hulle meen dat sy dit oppervlakkig en onakkuraat uitbeeld.McVeigh, D. 2002. Is Harry Potter Christian? Renascence, 54(3):197-214.Schäufele, S. 2002. Harry Potter or his accusers: which is the enemy? [Intyds]. Beskikbaar: www.cesnur.org

Die HP-boekreeks is 'n massa-kulturele verskynsel is sonder werklik intrinsieke letterkundige waarde.Zipes, J. 2001. Sticks and stones. The troublesome success of children's literature from Slovenly Peter to Harry Potter. New York: Routledge. Die verkope van die boeke veroorsaak word deur die materialisme van die 21ste-eeuse verbruikersamelewing wat aangevuur is deur die rags-to-riches-mite wat die persoonlike lewe van die skrywer omgeef, sowel as die suksesvolle uitbeelding van Harry as 'n postmoderne wiz-kid. Die feit dat die eerste uitgawe van die reeks, Harry Potter and the sorcerer's stoneRowling, J.K. 1997. Harry Potter and the philosopher's stone. Londen: Bloomsbury., deur verskeie uitgewers verwerp is voordat Bloomsbury in Londen dit wel uitgegee het sonder om ooit die sukses daarvan te kon voorspel, maak deel uit van die ongelooflike sukses van die Harry Potter-verskynsel wat as risiko begin het. Die vreemde kontroversie vanuit konserwatiewe kringe het dieselfde uitwerking op die samelewing as wat dikwels die geval met sensuur is, naamlik dat dit veroorsaak dat mense juis wil lees wát dit is wat in die ban gedoen word. Die HP-boekreeks kan gesien word as "Disney cartoons written in words, no more …".Cowell, A. 2000. Harry Potter frenzy continues [Intyds]. Beskikbaar:  www.nytimes.com/library

Oor die boek wat in 2003 verskyn het,Rowling, J.K. 2003. Harry Potter and the order of the phoenix. Londen: Bloomsbury.meen skoolbibliotekaresse en remediërende opvoeder Glenda IrvineIrvine, G. 2003. Mamma, ek het 766 bladsye gelees! (resensie). Insig, Augustus:80. dat dié boek se reikwydte op 'n emosionele en verstandelike vlak “bo die vuurmaakplek van selfs die mees begaafde jong leser” is en dat die meeste lesers dit maar net lees om hulle ouers tevrede te stel. Verder meen sy dat die boek (met sy 766 bladsye) vervelig is en sy bevraagteken dit of die hele Potter-verskynsel werklik daartoe bydra dat jong leerders met begrip lees. Volgens haar kan die meeste kinders jonger as tien jaar nie tussen feit en fantasie onderskei nie omdat die twee helftes van 'n kind se brein op daardie stadium nog nie verbind is nie. Die kern van Irvine se resensie stem dus ooreen daarmee dat die verskynsel slegs 'n nuwe konvensionele verbruikerskommoditeit is.

Vrae wat dus by menige opvoeder in die onderrig van Afrikaans ontstaan, is of die HP-boekreeks geskik is om in die klassituasie gebruik te word, of dit voorgeskryf kan word vir leerders van Afrikaans as hooftaal, en vir watter ouderdom dit geskik sou wees. Verder ontstaan die vraag hoekom die reeks juis in Afrikaans voorgeskryf moet word as daar reeds plaaslik soveel goeie kwaliteit Afrikaanse jeugboeke is. Die vertaler Janie Oosthuysen, wat in 2002 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer is met 'n toekenning vir haar vertaling van die HP-boeke,Oosthuysen, J. 2002. Onderhoud met Jaco Jacobs [Intyds]. Beskikbaar: www.storiewerf.co.za verskaf hiervoor 'n eenvoudige antwoord in haar uitspraak in hierdie verband: "En sê nou hulle is nie lus om dit in Engels te lees nie?"

Kriteria vir die waarde en gebruik van die Harry Potter-boekreeks in die onderrig van Afrikaans Enkele ekstrinsieke kriteria wat betrekking het op dinge buite die literêre teks kan in ag geneem word.Van der Merwe, C.N. & Viljoen, H. 1998. Alkant olifant. 'n Inleiding tot die literatuurwetenskap. Pretoria: J.L. van Schaik. Sodanige ekstrinsieke kriteria het nie met die estetiese sfeer van die teks te make het nie. Dit impliseer dus 'n mate van subjektiwiteitNodelman, P. 1992. The pleasures of children's literature. New York: Longman. omdat dit dikwels berus op die (persoonlike) waardes en doelwitte van die leser (of opvoeder). Hierdie kriteria sluit aan by die instrumentalistiese siening van literêre evaluering en is van toepassing op die instrumentele nut of waarde wat die teks inhou. In hierdie geval gaan dit om die voordele/nadele wat dit vir die opvoedkundige terrein van die samelewing inhou.

Die destydse Transvaalse Onderwysdepartement se kriteria vir voorgeskrewe werke is akademiese, opvoedkundige, sosiale en praktiese kriteria.Bornman, R.Z.J. 1982. 'n Pedagogiese besinning oor die keuse van Afrikaanse voorgeskrewe werke vir skoolgebruik. M.Ed.-verhandeling. Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.Ook kan krities gekyk word na die letterkundige, opvoedkundige en sosiale waarde van voorgeskrewe boeke.Rossouw, E. 1972. Literatuuronderwys in Afrikaans op hoërskoolvlak. M.A.-verhandeling,  Universiteit van Natal, Pietermaritzburg. Hoë prioriteit moet toegeken word aan die waarde van kultuur en godsdiens, ’n universele moraliteit, die insluiting van die hele Afrikaanse spraakgemeenskap en ruimte vir goeie sowel as populêre letterkunde.Strydom, P.J.L. 1987. Die onderrig van Afrikaans in 'n multikulturele gemeenskap: 'n herkontekstualisering van inhoude. Tydskrif vir Taalonderrig, 21(3):23-35. Voorgeskrewe werke moet voldoen aan die eise van nuwigheid, effek en vormgewing.Bosman, M. 1987. Die hoërskoolleerling as leser. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.Segers, R.T. 1984. Op zoek naar een nieuwe vorm van literatuuronderwijs: De horizontrale methode. Spektator, 13(4):256-265

Hieronder is ’n volledige en bruikbare stel kriteria wat belangrik is by die voorskryf van boeke op skoolvlak:Wissing, L. & Johl, R. 1995. How to choose books for reading when the choice is ours. Tydskrif vir Taalonderrig, 29(3):171-177.Bosman, M. & Malan, C. 1987. Die beplanning van onderrig in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. die leeservaring moet genotvol wees; die affektiewe domein van die leser moet aangespreek word; jeugtekste moet literêre waarde hê; beide Suid-Afrikaanse en wêreldletterkunde behoort ingesluit te word; die tekste moet kritiese denke stimuleer en die leerder lei tot die maak van morele keuses; die voorgeskrewe tekste moet leerders se emosies, intellek en verbeelding betrek; en die tekste moenie op morele en/of religieuse gronde aanstootlik wees nie.

Die opspoor en bespreking van waardes in die HP-boekreeks is 'n subjektiewe saak en sal afhang van die leser se verwysingsraamwerk. Om hierdie rede moet daarteen gewaak word dat die ekstrinsieke kriteria in die lees van die reeks nie oordryf word nie. Die opvoeder moet steeds toesien dat die teks eerstens vir plesier binne 'n estetiese sfeer gelees word alvorens dieper gedelf word vir temas en moraliteit. Om gapings in die teks in te vul hand saam met die leser se eie kontekstuele veronderstellings. Dit is dus eintlik 'n persoonlike interpretasie waarmee die leser soek na logiese samehange om betekenis te skep; eerder as wat dit 'n leesstrategie is waarmee die leser betekenis ontdek. Voorbeelde hiervan is hoe psigo-analitiese, jungiaanse, marxistiese en feministiese lesers simbole en waarhede van hulle eie sienings in tekste aantref - “even for interpreters the tales are wish-fulfillment fantasies”.

Ten einde leerders se lees- en leervermoë in die middelskoolfases te ondersteun, behoort opvoeders seker te maak dat die leerders betekenis konstrueer, omtrent hulleself en ander leer, strategies lees en die aksie van lees as genotvol ervaar.Farnan, N. 1996. Connecting adolescents and reading: Goals at the middle level. Journal of Adolescent & Adult Literacy, 39(6):436-445. Hierdie doelwit kan bereik word deur eerstens seker te maak dat gekose jeugtekste lesergerig is.

Lesergerigtheid