Die Europese kuskrap (Carcinus maenas) is 'n krap wat inheems is aan Europa. Dit staan in Engels bekend as die European shore crab of die European green crab.

Uitkenning Die onderkant van hul karapaks is nie altyd groen nie, en kan wissel van groen tot geel, oranje of rooi. Die beste manier om hulle te identifiseer is deur ander eienskappe, soos die vyf stekels weerskante van hul oë, met drie stekels tussenin.

Status Dit is 'n indringerspesie wat Suid-Afrikaanse waters binnegedring het via die ballaswater van groot skepe. Die krap is nou gevestig in Tafelbaai en Houtbaai se hawens. Hierdie krap het wêreldwyd bekend geraak as 'n aggressiewe indringer en word tans ondersoek in Houtbaai met die moontlikheid om dit uit te wis.

Voeding Die krap vreet onder andere tweekleppiges.

Sien ook Indringerspesies van Suider-Afrika

Bron Quest - Science for South Africa. Volume 11, nommer 2, 2015 ISSN 1729-830X

Verwysings

Eksterne skakels http://www.sanbi.org/creature/european-shore-crab

Kategorie:Krappe