Francis Bacon (Dublin, 28 Oktober 1909 – Madrid, 28 April 1992) was 'n Ierse ekspressionistiese kunstenaar, bekend vir sy skilderye van mense en diere waarin hy verwronge vorms en sterk, donker kleure gebruik.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Die mense en diere in sy portrette is vervorm om 'n beter indruk van hul psigiese en emosionele gesteldheid te gee. Bacon skilder nie die buitekant van persone nie, maar hulle binnekant. Sy skilderye het dikwels 'n groteske, duistere en vreesaanjaende gevoel.Harrison (2006), 7

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Britse skilders Kategorie:Geboortes in 1909 Kategorie:Sterftes in 1992