In die artikel Harry Potter: Die insluiting van die boekreeks in die onderrig van Afrikaans, is dit duidelik dat die Afrikaanssprekende leser deur middel van die Harry Potter-boekreeks (hierna HP genoem) blootgestel word aan 'n ryk erfenis van kultuurskatte in die (meestal Engelse) fantasietekste wat in die reeks verweef is. Indien dit waar is dat dié reeks leerders opnuut laat belangstel in lees, is dit 'n gulde geleentheid om hulle verder te stimuleer en te verwys na ander verhale wat in die intertekste uit genoemde literêre genres aangeraak word.

Die doel van hierdie artikel is om opvoeders van Afrikaans in die Intermediêre en Senior skoolfases bekend te stel aan 'n oorsig van besprekings oor die literêre genres waarbinne die HP-boeke gelees kan word deur middel van intrinsieke kriteria in literêre tekste,Van der Merwe, C.N. & Viljoen, H. 1998. Alkant olifant. 'n Inleiding tot die literatuurwetenskap. Pretoria: J.L. van Schaik. sowel as relevante intertekste en toepaslike voorbeelde.Kruger, E. 2003. Harry Potter (II): Intertekstualiteit en literêre genres van die reeks. Tydskrif vir Taalonderrig, 37(2):197-214. Die bedoeling hiervan is om opvoeders toe te rus met agtergrondkennis, sodat hulle in staat is om leerders se kritiese geletterdheid te ontwikkel deur die kultuur en kennis wat die teks bied te problematiseer, te weeg en te beoordeel.Bean, T.W. & Moni, K. 2003. Developing students' critical literacy: Exploring identity construction in young adult fiction. Journal of Adolescent & Adult Literacy, 46(8):638-648. Opvoeders staan voor die taak om leerders te begelei en hulle uit te daag om krities te dink oor die voorafbepaalde intertekste sodat hulle hul persoonlike identiteit kan konstrueer deur die verbande wat die letterkundige tekste bied.

Intertekstualiteit en literêre genres in die Harry Potter-boekreeks

Intertekstualiteit Die Latynse woord intertexo beteken verweef ("interweave") of deurvleg ("intertwine"). Dit is dus 'n strategiese proses waardeur die vermenging van alle tekste (insluitend die lesers se kognitiewe tekste) bewerkstellig word.Harty, E.R. 1985. Text, context, intertext. Tydskrif vir Literatuurwetenskap, (12):1-13.

Die filosoof Derrida vestig die teoretikus se aandag daarop dat hy die grense in ag moet neem as hy 'n teks wil benader. Derrida gaan verder deur te sê dat die teks wel gou sy eie aanvanklike grense oorskry en daarom is 'n teks "no longer a finished corpus of writing... but a differential network, a fabric of traces referring endlessly, to something other than itself to other differential traces".

'n Interteks kan gedefinieer word as " 'n dinamiese, oop, onbegrensde, diffuse versameling linguistiese eenhede wat as versameling vir homself 'n labiele ruimte afgegrens het tussen, en in wrywende wisselwerking met, ander tekste".Nolte, E. 1989. Die teks as interteks: 'n paradoks ('n misleidende artikel). Tydskrif vir Literatuurwetenskap, 5(1):1-27. Daar word in hierdie artikel nie net op die eksplisiete intertekste gekonsentreer nie, maar ook op die implisiete en versweë intertekste in die HP-boekreeks.

'n Studie oor intertekstualiteit bring 'n verandering in literêre studies as ’n reaksie teen die New Criticism, wat hoofsaaklik op tekste se intrinsieke faktore gekonsentreer het. Julia Kristeva kan gesien word as die persoon wat die term intertekstualiteit geïnisieer het, omdat sy sê dat 'n teks nie net in verhouding staan tot die taal waarbinne dit gerealiseer word nie, maar ook tot die ander tekste wat binne die ruimte van 'n teks bestaan. 'n Teks is 'n permutasie van tekste, 'n intertekstualiteit: "in a space of a given text, several utterances, taken from other texts, intersect and neutralize one another".

Elke teks is eintlik 'n interteks en ander tekste is in verskeie vorms en op verskillende vlakke daarin teenwoordig: "every text is a new fabric woven out of bygone quotations". Intertekstualiteit is 'n voorvereiste vir 'n teks: "it is a general field of anonymous formulas whose origin is seldom identifiable, of unconscious or automatic quotations given without quotation marks" - dit is die intertekstualiteit van fiksie – ’n teks se verhouding tot ander tekste – wat fiksie leesbaar maak. Elke teks is dus 'n interteks van 'n ander teks en dit moenie met die oorsprong van die teks verwar word nie.

Die vraag is nie watter intertekste die outeur beïnvloed het nie, maar watter tekste en kontekste die leser beïnvloed. Die interteks behels alles wat relevant is tot lees en tekstuele analise, insluitend die konteks.

Die HP-boekreeks is 'n "vernuftige en verbeeldingryke ineengeweefdheid van ’n aantal temas … en tekste".Van der Walt, H. 2002. Die fantasiewêreld van Harry Potter, ons en ons kinders. Kerkblad, 16 Januarie.Daar is ooreenkomste met die Aspoestertjie-tema en ander Grimm-sprokies, Hägar die Verskriklike-strokies, die draak en driekoppige dier, die eenhoring en sentour uit die Griekse en Noorse mitologie, Langenhoven se Brolloks en Bittergal, die Liewe Heksie-boeke, die orakel van Delphi, die Indiana Jones-avonture en Janus, die tweegesig Romeinse god. J.K. Rowling word verder gesien as 'n waardige opvolger van fantasieskrywers soos Tolkien met The hobbit en Lord of the rings, Lewis met Cronicles of NarniaMcVeigh, D. 2002. Is Harry Potter Christian? Renascence, 54(3). [Elektronies]. Beskikbaar: EbsoHost Academic Search Premier. AN 8540650.Schäufele, S. 2002. Harry Potter or his accusers: which is the enemy? [Intyds]. Beskikbaar: www.cesnur.org. en ook Ursula le Guin met die Earthsea-trilogie.Ostling, M. 2003. Harry Potter and the disenchantment of the world. Journal of Contemporary Religion, 18(1):3-23. Die HP-boekreeks toon ook ooreenkomste met Dickens-karakters soos Huck Finn,Beck, B. 2002. The sunny side of life: Harry Potter, K-Pax, Bandits, and the forces of good in a wicked world. Multicultural Perspectives, 4(3) [Elektronies]. Beskikbaar: EbsoHost Academic Search Premier. AN 6895029. die bekende Wizard of Oz en die middeleeuse Koning Arthur.Kinzer, 2001. An improbable sequel: Harry Potter and the ivory tower [Intyds], 12 Mei. Beskikbaar: www.cesnur.org/2001/potter. Verder is daar ooreenkomste en binêre opposisies gevind word tussen die HP-boekreeks en Eoin Colfer se Artemis Fowl, wat in Ierland afspeel.Hunt, N. 2001. Harry Potter success spawns Artemis Fowl fever. Reuters [Intyds], 27 April. Beskikbaar: www.cesnur.org Harry is 'n goeie held terwyl Artemis 'n anti-held is – albei het magiese kragte, leef in 'n sekondêre wêreld van elwe, feë, dwerge en trolle, en moet onafhanklik grootword sonder die ondersteuning van ouers. Randall Garrett se Lord Darcy-stories is ook intertekste van die HP-boekreeks, omdat daar in die Lord Darcy-stories 'n wêreld uitgebeeld word waarin die magiese eintlik "rigorously established science" is, terwyl wat as "wetenskap" bekend staan, eintlik bygeloof is. Ander intertekste van die HP-boekreeks kom voor in die Nintendo's en ook in ander rekenaarspeletjies, sowel as die magiese karakters en monsters van televisie- en videoprogramme waaraan kinders rondom die begin van die 21ste eeu blootgestel is.Ballard, S.B. 2000. Thoughts on Harry Potter: Wizardry, good and evil. Anglican Theological Review, 82(1). [Elektronies]. Beskikbaar: EbsoHost Academic Search Premier. AN 02913151.

Daar is ook duidelike intertekstualiteit met die moraliteit van Britse privaatskoolreekse van die Bildungsroman vanaf die RomantiekClark, L. 2001. What is it about Harry Potter? Journal of Adolescent & Adult Literacy, 44(8) [Elektronies]. Beskikbaar: EbsoHost Academic Search Premier. AN 4385768.Ostling, M. 2003. Harry Potter and the disenchantment of the world. Journal of Contemporary Religion, 18(1):3-23. – veral die Tom Brown's School Days deur Thomas Hughes, waar skoollewe nie net 'n groei in kennis bied nie, maar veral ’n groei in selfkennis.McVeigh, D. 2002. Is Harry Potter Christian? Renascence, 54(3). [Elektronies]. Beskikbaar: EbsoHost Academic Search Premier. AN 8540650. Bekende ooreenkomste is die sporttradisies en kompetisie-mentaliteit tussen huise wat veronderstel is om karakter te bou, tipiese boelies (soos Draco Malfoy en Dudley Dursley), outoriteitsfigure, argetipiese heldefigure en skoolreëls wat gemaak is om gebreek te word.

Harry Potter het ook die Gotiese verhaal as interteks, 'n genre waarin een van die kenmerke ’n doelbewuste intertekstuele aanslag is.Jordaan, D. 1996. Om te ril of te gril: 'n bydrae tot die ontwikkeling van 'n teoretiese raamwerk vir die gruwelverhaal in Afrikaans. Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Referaat gelewer by ALV-kongres, 18-29 September. Hiermee word deurgaans ’n appèl gerig tot "die leser se verwagtingshorison, veral sy kennis van genre-kenmerke en konvensies".Loock, I. 1994. Enkele gedagtes oor die gebruik van die Gotiese spanningsverhaal en vernuwing in die Afrikaanse roman. Universiteit van Port Elizabeth, Port Elizabeth. Referaat gelewer by ALV-kongres, 29 September – 1 Oktober. Dit is juis omrede die Gotiese intertekstualiteit dat die HP-boekreeks deurtrek is met psigologiese narratiewe, wat later bespreek sal word.

Vervolgens word gefokus op die mate waartoe die HP-boekreeks gelees kan word binne bestaande literêre tradisies, naamlik fantasie, die skoolreeksboek en die Gotiese spanningsverhaal.

Harry Potter as literêre teks Die literêre teks in eie reg bly die belangrikste komponent in onderrig en opvoeding, maar dit behoort nie in onderrigbeplanning as losstaande van die totale literêre kommunikasiesituasie gesien te word nie.Bosman, M. & Malan, C. 1987. Die beplanning van onderrig in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Daar moet in ag geneem word dat daar deurgaans sprake is van ’n ingewikkelde aantal kodestelsels waarin die senders- en ontvangerskodes naas dié van die literêre boodskap van groot belang is. Hierdie benadering is stimulerend vir ’n leerder omdat hy voel dat hy in die taalklaskamer oor "diep" volwasse dinge praat.

Die taal en styl van die voorgeskrewe werk moet telkens van ’n voortreflike of navolgenswaardige gehalte moet wees.Rossouw, E. 1972. Literatuuronderwys in Afrikaans op hoërskoolvlak. Ongepubliseerde M.A.-tesis, Universiteit van Natal, Pietermaritzburg. Die linguistiese verwikkeldheid van die teks speel ’n rol. Janie Oosthuysen se uitstekende vertaling van die HP-boekreeks (waarvoor sy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir vertaalde werk in 2002 ontvang het) dra op 'n besondere wyse by tot woordgenot en leesplesier en doen geensins afbreuk aan die oorspronklike tekste se woordhumor nie.

Die Werkkomitee: Tale en Taalonderrig van die RGN-ondersoek na onderwys beveel aan dat daar gewaak moet word teen die oorbeklemtoning van die literêre aspekte (soos styl en letterkundige genres, ensovoorts) ten koste van kommunikatiewe vaardighede. Daar moet dus ’n balans wees tussen die letterkundige werk se gehalte en inhoud. Die vraag of die literêre teks verteenwoordigende waarde het, hang hiermee saam.

Voorts sal die HP-boekreeks binne fantasiekonvensies bespreek word.

Harry Potter as fantasieverhaal Fantasieverhale is reeds sedert die Middeleeue en waarskynlik al van nog vroeër af oorgedra van generasie tot generasie. Mense wou sekere optredes en gebeure verklaar en het in menige gevalle die bonatuurlike as verduideliking daarvoor aangebied. Towenaars en hekse is beskuldig en gebruik as die verklaring vir allerhande gebeure. Fantasieverhale het daaruit ontstaan en vandaar ontwikkel tot verhale en sprokies.