Ernstige akute respiratoriese sindroom (afgekort as Ears), is 'n dodelike asemhalingswegsiekte wat in 2003 vinnig van die suide van die Volksrepubliek China na ander wêrelddele begin versprei het. Dit is in Engels en verskeie ander tale bekend as SARS.

duimnael|links|'n Kaart van lande besmet met Ears tussen 1 Nov 2002 en 7 Aug 2003: Tussen November 2002 en Julie 2003 het 'n uitbraak van Ears in suidelike China wêreldwyd 8 098 gevalle tot gevolg gehad, waaraan 774 in 17 verskillende lande dood is ('n sterftesyfer van 9,6%), waarvan die meeste gevalle in vasteland-China en Hongkong. Aan die einde van 2017 het Chinese wetenskaplikes die virus opgespoor deur middel van sivetkatte as tussenganger van grotbewoner-vlermuise in die Yunnanprovinsie.

Sedert 2004 is geen gevalle van Ears meer wêreldwyd aangemeld nie. Die verwante virus SARS-CoV-2 is egter die oorsaak van die voortdurende wêreldwye Koronaviruspandemie sedert 2020.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Ears Kategorie:2002 Kategorie:2003