Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is.
duimnael|links|Spesiale gebiede van die lidlande van die Europese Unie: duimnael|links|Vryhandelsooreenkomste van die Europese Unie: Die EU is die grootste ekonomiese eenheid en een van die grootste politieke eenhede in die wêreld met 510 miljoen inwoners en 'n nominale BBP (Bruto binnelandse produk) van €14,9 ($17,0) biljoen in 2017. Die Unie is ook 'n enkelmark EUROPA: Activities of the European Union: Internal Market. europa.eu: Border-free Europe (single market) met 'n gemeenskaplike handelsooreenkoms, 'n gemeenskaplike landboukundige en vissery-ooreenkoms en 'n streeksooreenkoms om armoedige streke by te staan. papers.ssrn.com: EU and US Perspectives on China’s Compliance with Transparency, SSRN, deur Paolo Farah. Besoek op 25 Januarie 2007. Die EU het ook die Euro as gemeenskaplike geldeenheid voorgestel, wat deur 21 lede aanvaar is.
Burgers van EU-lidmaatlande is ook burgers van die Europese Unie. Dit beteken dat hulle in ander lidlande kan werk, woon, reis en belê, alhoewel daar sommige beperkings is rakende nuwe lede. Paspoortbeheer by die grense van die meeste lidlande is deur die Schengen-ooreenkoms afgeskaf.Sien asb. ec.europa.eu: Schengen: Europe without internal borders, Europa. (Laaste besoek 31 Mei 2012) Die Verenigde Koninkryk het op 31 Januarie 2020 die eerste lidstaat geword wat die EU verlaat het.
Die hoofstede van die Europese Unie is Brussel in België, Luxemburg (stad) in Luxemburg en Straatsburg in Frankryk. Die Europese Unie het tans 24 amptelike tale.
Geskiedenis duimnael|links|Ratifikasie van die Grondwet vir Europa: duimnael|links|Ratifikasie vooruitgang van die Verdrag van Lissabon in die Europese Unie. Die idee het reeds tydens die Tweede Wêreldoorlog pos gevat dat Europese integrasie die enigste manier was om af te reken met die vergaande nasionalisme wat die kontinent tot dan toe geteister het. In 1943 het die regerings van Nederland, België en Luxemburg in ballingskap in Londen die Benelux gestig. Frankryk wou aanvanklik ook aansluit maar die Franse regering het die voorwaarde gestel dat die Verenigde Koninkryk ook lid sou word, maar hulle het geweier.
Verdrag van Parys: die EGKS Ná die oorlog het die geallieerde lande Duitsland se vervaardiging van kole en staal aanvanklik beperk omdat hulle 'n nuwe Duitse bewapening as 'n gevaar gesien het. Dit het nogtans ook die ekonomiese herstel van die kontinent verhinder. In Frankryk het mense soos Jean Monnet en Robert Schuman Europese integrasie as 'n oplossing vir hierdie probleem gesien. In Duitsland het hulle van Konrad Adenauer steun gekry en in Italië van Alcide De Gasperi. Robert Schuman het in 'n toespraak in 1950 die sogenaamde Schumanplan aangebied, waarin die mag oor vervaardiging van kole en staal aan 'n supranasionale outoriteit bo die nasionale owerhede afgegee sou word. 'n Jaar later is die Europese Gemeenskap vir Kole en Staal (EGKS) opgerig deur ondertekening van die Verdrag van Parys deur België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland.
Verdrag van Rome: die EEG Die EGKS het so suksesvol geblyk dat in 1957 tot verdere integrasie besluit is. Die Verdrag van Rome, ondergeteken deur dieselfde ses lande, het die Euratom en die Europese Ekonomiese Gemeenskap opgerig. In 1967 is die drie organisasies deur ondertekening van die Fusieverdrag saamgevoeg, waarna hulle verder gewerk het onder die naam Europese Gemeenskappe (EG). Dit het gelei tot die oprigting van die Europese Kommissie, die Europese Raad en die Europese Parlement. Die EEG was baie suksesvol en die ekonomie van die ses het gegroei. Ander lande is in 1957 genooi om ook deel te neem, maar die Verenigde Koninkryk het opnuut geweier en het in 1960 as alternatief 'n eie organisasie opgerig, die EFTA, wat net op vryhandel gebaseer was en geen politieke integrasie nagestreef het nie. Die EFTA kon nogtans nie verhinder dat die Britse ekonomie, veral deur die dekolonisasie, in die 1960's groot probleme kry nie.
De Gaulle duimnael|Die Europese Kommissie in Brussel Die Franse president Charles de Gaulle het die ideeë van Schuman en Monnet oor supranasionalisme verwerp en het Frankryk enige tyd uit die EEG teruggetrek. Die ander vyf het nogtans nie opgegee nie. Frankryk keer terug omdat die Franse ekonomie dit nodig het, maar die planne vir meer supranasionalisme word bevries (die kompromis van Luxemburg). Die Verenigde Koninkryk verander ook sy planne en wou toetree. Aanvanklik blokkeer De Gaulle dit.
Eerste uitbreiding In 1973 het Denemarke, Ierland en die Verenigde Koninkryk lid geword van die EG. Die Noorse regering onderhandel ook met sukses, maar die lidmaatskap word in 'n referendum deur die bevolking afgewys. Griekeland het lid geword in 1981, Spanje en Portugal het ná hulle demokraties geword het in 1986 gevolg.
Verdrag van Maastricht: die EU In hierdie tydperk het 'n verwarrende verskeidenheid aan (intergoewermentele) Europese organisasies bestaan. Altiero Spinelli het met sy Krokodilklub – met gedeeltelike sukses – probeer om verdere integrasie 'n hupstoot te gee. Hy oortuig die Franse president François Mitterrand om die Franse non teen verder integrasie en meer supransionalisme op te gee. In 1987 word die besluitneming versoepel en die Verdrag van Maastricht, onderteken in 1992, het die oprigting van die Europese Unie beteken. Dit het die basis gelê vir verdere vorme van samewerking op die vlak van buitelandse- en veiligheidsbeleid, op die interne en geregsvlak, en in die vorming van die Ekonomiese en Monetêre Unie.
Tweede uitbreiding Die einde van die Koue Oorlog bring groot veranderings. In 1990 is die Duitse Demokratiese Republiek opgehef en word hierdie gebied wat op papier altyd lid gewees het geïntegreer in die EU. Dit verloop nie sonder probleme nie. Die koppeling tussen die munte, die ERM, word onhoudbaar en die VK verlaat die ERM. In 1995 word Oostenryk, Finland en Swede lede van die EU. Al drie was neutraal in die Koue Oorlog. Die Euro is in 2002 ingevoer, maar sommige lande het hul eie geldeenhede behou.
Derde uitbreiding Tien nuwe lande het op 1 Mei 2004 lede geword van die EU: Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowenië, Slowakye en Tsjeggië. Op 1 Januarie 2007 het Bulgarye en Roemenië ook bygekom. Om te verseker dat die Unie na hierdie uitbreiding steeds goed bestuurbaar bly, is die Verdrag van Lissabon in 2007 onderteken. In 2012 het die Europese Unie die Nobelprys vir Vrede vir "60 jaar Vrede in Europa" ontvang. Op 1 Julie 2013 het Kroasië by die EU aangesluit, sodat die EU nou in totaal uit 28 lidlande bestaan. Op 1 Januarie 2014 het die Franse oorsese gebied Mayotte deel van die EU-gebied geword.
Tydlyn Tydlyn met die evolusie van die struktuur van die Europese Unie.
Lidlande duimnael|Lidlande volgens jare duimnael|Kandidaatlande van die Europese Unie: duimnael|Lidlande van die Schengen-ooreenkoms: duimnael|Oostelike vennootlande van die Europese Unie: duimnael|Lidlande van die Unie van die Middellandse See: duimnael|Europese lande volgens lidmaatskap: Datum Geskiedenis van lidmaatskap van die EU No. 1 Januarie 1957 , a, , , , 6 1 Januarie 1973 b, , 9 1 Januarie 1981 10 1 Januarie 1986 en 12 1 Januarie 1995 , , 15 1 Mei 2004 , , , , , , c, , , 25 1 Januarie 2007 en 27 1 Julie 2013 28 31 Januarie 2020 verlaat die EU 27 a Op 3 Oktober 1990, het die deelstate of Länder van die voormalige Duitse Demokratiese Republiek tot die voormalige Bondsrepubliek Duitsland toegetree en outomaties deel van die EU geword.b Groenland het in 1979 outonoom van Denemarke geword en die Europese Gemeenskap in 1985 verlaat, na aanleiding van 'n klein referendum.c de facto is slegs die suidelike deel van Siprus 'n lidland van die EU. Die Turkse Republiek van Noord-Siprus is 'n omstrede gebied en word net deur Turkye erken.
Kandidaatlande Amptelike kandidaatlande van die Europese Unie is Albanië, Noord-Masedonië, Montenegro, Serwië en Turkye. Moontlike kandidaatlande is Bosnië en Herzegowina en Kosovo. Voormalige kandidaatlande is Noorweë, Switserland en Ysland.
Bestuur Verdrae Die EU is gegrondves op twee verdrae: die Verdrag betreffende die Europese Unie en die Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie.Verdrag betreffende die werking van die Europese Unie, Artikel 1 Daar is ook 'n aparte verdrag vir Euratom.
Instellings en ander liggame Van die instellings van die Europese Unie is:Verdrag betreffende die Europese Unie, Artikel 13 Die Europese Kommissie Die Europese Parlement Die Europese Raad Die Europese Rekenkamer Die Europese Sentrale Bank Die Hof van Justisie van die Europese Unie Die Raad van die Europese Unie (ook die Raad van Ministers genoem)
Europese Parlement Verspreiding van setels per land in die Europese Parlement: europarl.europa.eu: Leden per lidstaat en fractie // 7de zittingsperiode Land 1952 1958 1973 1979 1981 1986 1990 1994 1995 2004 2007 2009 2011 2013 2014 2022 78 142 198 410 434 518 536 567 626 732 785 736 754 766 751 705 10 14 14 24 24 24 24 24 25 25 24 22 22 22 21 21 18 36 36 81 81 81 99 99 99 99 99 99 99 99 96 96 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 74 74 74 79 18 36 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73 73 76 4 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 6 10 14 14 25 25 25 25 31 31 27 27 25 26 26 26 29 10 16 16 16 16 16 16 14 14 13 13 13 13 14 10 15 15 15 15 15 15 13 13 12 12 12 11 13 36 81 81 81 81 87 87 78 78 72 73 73 73 / 24 24 24 25 25 24 24 22 22 22 21 21 60 60 64 64 54 54 50 54 54 54 59 24 24 25 25 24 24 22 22 22 21 21 16 14 14 13 13 13 13 14 21 18 18 17 19 19 18 19 22 19 19 18 20 20 20 21 6 6 6 6 6 6 7 9 9 8 9 9 8 8 13 13 12 12 12 11 11 5 5 5 6 6 6 6 54 54 50 51 51 51 52 14 14 13 13 13 13 14 7 7 7 8 8 8 8 24 24 22 22 22 21 21 24 24 22 22 22 21 21 6 6 6 6 6 6 6 18 17 18 18 17 17 35 33 33 33 32 33 12 11 12
Europese Raad duimnael|Vergadersaal van die Europese Parlement in Straatsburg duimnael|Gebou van die Europese Raad en die Raad van die Europese Unie in Brussel, België duimnael|Die Europese Rekenkamer in Luxemburg-stad, Luxemburg duimnael|Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland duimnael|Hof van Justisie van die Europese Unie in Luxemburg Voorsitter van die Europese Raad (voor 2009) en van die Raad van die Europese Unie consilium.europa.eu: Turnusmäßig wechselnder Ratsvorsitz: Beschluss über Änderung der Reihenfolge Jaar, Land (eerste ses maande, tweede ses maande)2007 Duitsland, Portugal2008 Slowenië, Frankryk2009 Tsjeggië, Swede2010 Spanje, België2011 Hongarye, Pole2012 Denemarke, Siprus2013 Ierland, Litaue2014 Griekeland, Italië2015 Letland, Luxemburg2016 Nederland, Slowakye2017 Malta, Estland2018 Bulgarye, Oostenryk2019 Roemenië, Finland2020 Kroasië, Duitsland2021 Portugal, Slowenië2022 Frankryk, Tsjeggië2023 Swede, Spanje2024 België, Hongarye2025 Pole, Denemarke2026 Siprus, Ierland2027 Litaue, Griekeland2028 Italië, Letland2029 Luxemburg, Nederland2030 Slowakye, Malta
Ander instansies Ander instansies is: europa.eu: EU-instellingen en -organen Die Europese Investeringsbank (met daarin inbegrepe die Europese Investeringsfonds). Die Komitee van die Regio's verteenwoordig die regionale belang. Die Europese Ekonomiese en Sosiaal Komitee adviseer oor die ekonomiese en sosiale beleid (hoofsaaklik die verhouding tussen werkgewers en werknemers). Die Europese Ombudsman, wat klagtes oor wanbeleid van EU-instellings ondersoek.
Agentskappe Daar is ook nog baie EU-liggame, dikwels ingestel deur tweedegraadse wetgewing, wat opgerig is vir 'n spesiaal doel. Hierdie liggame word die agentskappe van die Europese Unie genoem.
Wetgewingsprosedures