duimnael|Die Skool van Athene, 'n fresco deur Raphael duimnael|Kaart van Europa wat die werkplekke van die belangrikste filosowe vertoon
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied.
Histories het 'filosofie' enige kennisversameling omvat. Vanaf die tyd van die Antieke Griekse filosoof Aristoteles tot die 19de eeu, het 'natuurfilosofie' sterrekunde, geneeskunde en fisika behels. Isaac Newton se wiskundige beginsels van natuurfilosofie uit 1687 word byvoorbeeld later as 'n fisikaboek geklassifiseer. In die 19de eeu het die groei van moderne navorsingsuniversiteite gelei tot die professionalisering en spesialisering van akademiese filosofie en ander dissiplines. In die moderne era het sommige ondersoeke wat tradisioneel deel van die filosofie was, afsonderlike akademiese dissiplines geword, waaronder sielkunde, sosiologie, taalkunde en ekonomie.
Ander ondersoeke wat nou verband hou met kuns, wetenskap, politiek of ander beroepe, was steeds deel van die filosofie. Byvoorbeeld is skoonheid objektief of subjektief? Is daar baie wetenskaplike metodes of net een. Is politieke utopie 'n hoopvolle droom of hopelose fantasie? Belangrike subvelde van akademiese filosofie sluit in metafisika ("gemoeid met die fundamentele aard van werklikheid en wese"), epistemologie (oor die "aard en grond van kennis [en] … die grense en geldigheid daarvan" ), etiek, estetika, politieke filosofie, logika en wetenskapfilosofie.
Iemand wat filosofie beoefen, word 'n filosoof genoem. Filosofie kan ook verwys na die kollektiewe werk van die groot filosowe.
Inleiding Kennis duimnael|"Filosofie regeer te midde van die Sewe Liberale Kunste" – illustrasie uit die Hortus Deliciarum deur Herrad von Landsberg (ca. 1180) Tradisioneel verwys die term "filosofie" na enige kennisversameling. In hierdie sin is filosofie nou verwant aan godsdiens, wiskunde, natuurwetenskap, onderwys en politiek. Newton se wiskundige beginsels van natuurfilosofie uit 1687 word in die 2000's geklassifiseer as 'n boek van fisika; hy gebruik die term 'natuurfilosofie' omdat dit dissiplines omvat het wat later verband hou met wetenskappe soos sterrekunde, geneeskunde en fisika.
In die eerste deel van die eerste boek van sy Academica het Cicero die verdeling van filosofie in logika, fisika en etiek bekendgestel. Hy kopieer Epikurus se verdeling van sy leer in kanon, fisika en etiek. In afdeling dertien van die eerste boek van sy Vitae Philosophorum het die derde-eeuse Diogenes Laërtius, die eerste filosofiese historikus, die tradisionele verdeling van filosofiese ondersoek in drie dele aangebied:
Natuurlike filosofie ('fisika', uit ta physika, 'dinge wat met die natuur te make het (physis)' was die studie van die samestelling en prosesse van transformasie in die fisiese wêreld; Morele filosofie ('etiek', uit êthika, letterlik, 'te make met karakter, ingesteldheid, maniere') was die studie van goedheid, reg en verkeerd, geregtigheid en deug. Metafisiese filosofie ('logika') was die studie van bestaan, oorsaaklikheid, God, logika, vorms en ander abstrakte voorwerpe (meta ta physika letterlik: 'Na [die boek] die Fisika)Kant, Immanuel (2012). Kant: Groundwork of the Metaphysics of Morals (2de uitgawe). Cambridge University Press. . "Antieke Griekse filosofie is in drie vertakkings verdeel: natuurwetenskap, etiek en logika."
Hierdie verdeling is nie uitgedien nie, maar het verander. Die natuurfilosofie is verdeel in die verskillende natuurwetenskappe, veral sterrekunde, fisika, chemie, biologie en kosmologie. Vanuit die morele filosofie het die sosiale wetenskappe ontstaan, maar sluit steeds waardeteorie in (insluitend estetika, etiek, politieke filosofie, ens.). Vanuit die metafisiese filosofie het formele wetenskappe soos logika, wiskunde en wetenskapsfilosofie ontstaan, maar dit sluit steeds epistemologie, kosmologie en andere in.
Filosofiese vooruitgang Baie filosofiese debatte wat in antieke tye begin het, word vandag nog bespreek. Colin McGinn en andere beweer dat geen filosofiese vooruitgang gedurende daardie periode plaasgevind het nie.McGinn, Colin (1993). Problems in Philosophy: The Limits of Inquiry (1ste uitgawe). Wiley-Blackwell. . David Chalmers en ander sien daarenteen vooruitgang in filosofie soortgelyk aan dié in die wetenskap,"Video & Audio: Why isn't there more progress in philosophy? – Metadata". www.sms.cam.ac.uk. Besoek 25 April 2016. terwyl Talbot Brewer aangevoer het dat 'vooruitgang' die verkeerde standaard is om filosofiese aktiwiteite mee te beoordeel.Brewer, Talbot (2011). The Retrieval of Ethics (1ste uitgawe). Oxford; New York: Oxford University Press. .
Geskiedenis van die filosofie
Die geskiedenis van die filosofie verwys na die totaliteit van teorieë en dokrines wat deur die eeue heen deur denkers geformuleer word. Volgens The Oxford Dictionary of Philosophy begin die wetenskap van die filosofie met die Indo-Iraniërs vanaf 1500 voor Christus. In die Weste verskyn vanaf die 6e eeu v.C. die eerste tekens van wat filosofie genoem word met die Oud-Griekse pre-Sokratiese denkers, gevolg deur Sokrates, wat beskou word as die ware vader van hierdie dissipline, en wie in sy voetspore volg: Plato, Aristoteles en die sokratiese skole. Die filosofie as dissipline bly groei tydens die Hellenistiese tydperk, in die besonder die stoïsisme, die epikurisme, die sinisme en die skeptiese skool, wat ook in die Romeinse tyd voortgesit word. Vanaf die latere oudheid en die middeleeue staan die neoplatonisme en die Christelike filosofie as 'n brug tussen filosofie en religie, en dié is in noue verhouding met die teologie en die Grieks-Arabiese filosofie wat in die middeleeuse filosofie ontwikkel, wat blyk uit die belangrikheid van die skolastiek in hierdie periode. Probleme wat spesifiek betrekking het op die geskiedenis van die filosofie omvat onder meer: "Hoe kan veranderinge in die filosofie histories verantwoord word?" "Hoe is die ontwikkeling van die denke uiteindelik histories te verklaar?" "In welke mate kan filosofiese tekste uit voorafgaande historiese tydperke vandag nog begryp word?"
Filosofiese tradisies Filosofiese vrae is oorweeg deur mense van baie tye, volkere en kulture. Die term "filosofie" in 'n Europese of Amerikaanse akademiese konteks verwys oor die algemeen na die tradisies van die westerse beskawing en word gevolglik "westerse filosofie" genoem. In die weste word die term "oosterse filosofie" meestal gebruik as omvattende term om te verwys na die filosofiese tradisies van Asië en die ooste.
Filosofiese tradisies uit spesifieke tye en geloofsrigtings word gereeld apart gesien, byvoorbeeld Antieke filosofie, Christelike filosofie, Hindoe-filosofie, ensovoorts.
Suid-Afrikaanse filosofie uit westerse tradisies word meestal gesien as deel van westerse filosofie. Die bestaan van iets soos Afrikafilosofie (of ander filosofiese tradisies) as onderskeibare tradisie word soms bespreek, maar is gewoonlik afwesig of sleg verteenwoordig in meeste akademiese besprekings oor filosofie.
Westerse filosofie
duimnael|Portretborsbeeld van Aristoteles Westerse filosofie verwys na die filosofiese denke en werk van die Westerse wêreld. Histories verwys die term na die filosofiese denke van die Westerse kultuur, beginnend met die Griekse filosofie van die pre-Sokratici soos Thales van Milete (ca. 624 – ca. 546 vC) en Pythagoras (ca. 570 – ca. 495 vC), en wat uiteindelik 'n groot deel van die wêreld dek.Kenny, Anthony, A New History of Western Philosophy, Hoofstuk 1.Gottlieb, Anthony, The Dream of Reason: A History of Western Philosophy from the Greeks to the Renaissance, 1ste Uitgawe, Hoofstukke 1 en 2. Die woord filosofie self is afkomstig van die Antieke Griekse filosofie (φιλοσοφία), letterlik, "die liefde van wysheid" (φιλεῖν phileîn, "om lief te hê" en σοφία sophía, "wysheid").
Daar is verskeie hoofstrome in die moderne Westerse filosofie. Van die mees bekende hoofstrome is:
Analitiese filosofie word gekarakteriseer deur bewyse en argumente, aandag aan detail, en 'n presiese benadering tot die analise van die taal van filosofiese vrae om onduidelikheid uit die weg te ruim. Hierdie benadering domineer Engels-Amerikaanse filosofie. Dit het begin met Gottlob Frege, Bertrand Russell, G. E. Moore en Ludwig Wittgenstein met die draai van die 20ste eeu.
Kontinentale filosofie is 'n versamelnaam vir verskeie uiteenlopende denkrigtings, hoofsaaklik uit kontinentale Europa. Dit is gevolglik moeilik om die tradisie as sodanig te beskryf. Dit kan gekontrasteer word met die tradisie van analitiese filosofie in sommige opsigte. Waar analitiese filosowe byvoorbeeld spesifieke probleme analiseer, fokus kontinentale filosowe soms meer op die werk van sleuteldenkers en die verwantskap tussen verskillendes se werk.
Die metodes van analitiese filosofie word soms beskou as nader verwant aan dié van die wiskunde (veral wat formele argumentasie betref), terwyl kontinentale filosofie weer dikwels metodes uit die letterkunde gebruik.
Eksistensialisme word gekenmerk as 'n filosofiese beweging waar die individu homself bemoei met filosofiese vrae soos "wat is die sin van die lewe?", "wie is ek?", "wat maak ek in hierdie wêreld en hoe kan ek sin vind in realiteit?". Soren Kierkegaard word meestal beskou as die vader van eksistensialisme, maar dit is egter noodsaaklik om te besef dat daar twee vertakkinge van eksistensialisme is: Christelike eksistensialisme en Ateistiese eksistensialisme. Kierkegaard is die groot sentrale denker van die Christelike eksistensialisme en Jean-Paul Sartre word weer as die sleutelfiguur van die ateistiese eksistensialisme beskou. Hoewel Friedrich Nietzsche ook beskryf word as 'n eksistensialis kom hy eintlik meer in die beweging van nihilisme voor, hoewel hy tog 'n impak op eksistensialisme gemaak het.
Dekonstruksie is 'n beweging waarvan Jacques Derrida hoofsaaklik die sleutelfiguur was. Derrida se sentrale idee was dat die hele wêreld in werklikheid 'n "teks" is. Dekonstruksie gaan baie sterk gepaard met die beweging van poststrukturalisme.
Theodor W. Adorno vooraanstaande lid van die Frankfurt Skool skryf die boek Negatiewe Dialektiek wat deel vorm van die kritieke teorie. Hoewel Adorno gesidder het wanneer hy die woord "teorie" hoor, het hy tog erken dat 'n mens nie sonder teorie te werk kan gaan in enige vakwetenskap nie. Daarom word sy negatiewe dialektiek tog as teorie beskou. Die negatiewe dialektiek funksioneer basies as 'n teorie wat twee kontrasterende konsepte teenoor mekaar opweeg en dit in negatiewe dialektiek teenoor mekaar laat staan. Met behulp van hierdie negatiewe dialektiese verhouding, kan 'n sentrale idee of begrip gedekonstrueer word om sodoende by die kern van iets uit te kom of om die leemtes van 'n begrip of konsep aan te toon.
Midde-Oosterse filosofie duimnael|'n Iraanse portret van Avicenna op 'n silwer vaas. Hy was een van die invloedrykste filosowe van die Islamitiese Goue tydperk.