Finland (Fins: Suomi, [suo̯mi], ; Sweeds: Finland, [ˈfɪnland], ), amptelik die Republiek Finland (Fins: Suomen tasavalta, Sweeds: Republiken Finland, ), is 'n land in Noord-Europa wat in die ooste aan die Russiese Federasie, in die noordweste aan Swede en in die noorde aan Noorweë grens. Ten suide word dit van Estland geskei deur die Finse Golf. Wes vind mens die Botniese Golf en suidwes die Oossee wat Finland van sy buurland Swede skei. Net in die noordweste het die twee lande 'n gemeenskaplike landgrens.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Finland duimnael|links|Kaart van Finland Finland word, net soos Ysland, soms beskryf as 'n Skandinawiese land, hoewel Skandinawië streng gesproke beperk is tot Swede, Noorweë en Denemarke. Ook in taalkundige opsig verskil Finland van sy Skandinawiese buurlande omrede Fins, net soos die nouverwante Esties en ook Hongaars, tot die nie-Indo-Europese Fins-Oegriese taalfamilie behoort. Die huidige Sweedssprekende minderheid van sowat ses persent van die bevolking is 'n erfenis uit die tydperk van die Sweedse heerskappy waaronder Finland tussen 1150 en 1809 gestaan het. Sweedssprekendes vorm in sommige dorpe langs die suid- en ooskus en op die outonome Åland-eilande selfs die meerderheid. 'n Groter aantal dorpe en stede is tweetalig, soos byvoorbeeld Helsinki en Turku, en gebruik Sweedse naas Finse plek- en straatname. Die hoofstad en grootste stad is Helsinki (Helsingfors in Sweeds). Die Finse Republiek het in 1917 totstand gekom nadat die land sedert die twaalfde eeu deur Swede en later Rusland oorheers is.
Met sy ligging tussen die 60ste en 70ste noorderbreedtegraad behoort Finland saam met sy Skandinawiese buurlande Noorweë en Swede, en Rusland, tot die mees noordelike lande op die Europese vasteland. Sowat 'n derde van Finland se totale oppervlakte van sowat 338 000 vierkante kilometer lê binne die Arktiese Sirkel. Nogtans het die mees noordelike provinsie Lapland danksy die Noord-Atlantiese Seestroom 'n sagter klimaat as ander gebiede op dieselfde breedtegraad soos Kanada en Siberië. Vanweë hierdie warm seestroom bly Europa se Arktiese kuslyn tydens die winter ook ysvry.
Die Finse somers is warm maar kort, met gemiddelde temperature van 17 °C in die hoofstad Helsinki en 13 °C in Lapland. Stonehouse, Dr. Bernhard (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. Londen: Guild Publishing 1985, bl. 39 Vanweë die noordelike ligging is die somerdae baie lank, en in die Arktiese gebiede word dit in Junie, wanneer die middernagson skyn, glad nie meer nag nie. Daarenteen is die Finse winters lank en koud, met 'n gemiddelde temperatuur van -6 °C in Helsinki gedurende Januarie, terwyl die dae baie kort is. In koue winters raak die oppervlak van die Oossee oor 'n afstand van enkele kilometer vanaf die kuslyn dikwels bevrore sodat ysbrekers benodig word om die hawens oop te hou. Sneeuvalle is egter gewoonlik nie swaar nie sodat die verkeer selfs in Lapland nie ontwrig word nie.
Finland word die "land van 'n duisend mere" genoem. Veral in die suidooste is die land bespikkel met ontelbare mere en meertjies. Baie van Finland se groot stede soos Tampere, Jyväskylä, Kuopio en Lahti, is langs van die groot mere geleë. Die grootste konsentrasie van eilande kan na die suidweste van die land aan die Skeermeer, wat tussen die Finland en die eiland Åland geleë is, gevind word.
Die land is 'n demokratiese republiek met 'n direk verkose president, wat maksimaal vir twee ampstermyne van ses jaar mag dien. Finland het in historiese en politieke opsig nou bande met sy buurland Swede. Ná die tweede onafhanklikheid van Estland het Finland ook nou betrekkinge met dié Baltiese land. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Europese Unie, die OESO en die OVSE oorheers.
Etimologie duimnael|links|19de-eeuse Fennomans het bewustelik probeer die Finse mense te definieer deur uitbeelding van die gewone mense se alledaagse lewe in kuns, soos hierdie skildery deur Akseli Gallen-Kallela Geskiedkundige verwysings na Noord-Europa is skaars, en die oorsprong van die name wat aan sy volke en geografiese streke gegee is, is onduidelik; daarom is die etimologieë van die name twyfelagtig. Name soos Fenni, Phinnoi, Finnum en Skrithfinni / Scridefinnum verskyn in 'n paar geskrewe tekste vanaf ongeveer twee millennia gelede in verband met mense wat in 'n noordelike deel van Europa gewoon het, maar die werklike betekenis van hierdie terme is debatteerbaar. Daar is voorgestel dat hierdie nie-Oeraalse etnoniem van 'n Germaanse taaloorsprong en verwant is aan woorde soos finthan (Oud-Hoogduits) "vind", "kennis neem"; fanthian (Oud-Hoogduits) "kontroleer", "probeer"; asook fendo (Oud-Hoogduits) en vende (Oud-Middelduits) "voetganger", "swerwer". 'n Ander etimologiese interpretasie assosieer hierdie etnoniem met fen in 'n meer toponimiese benadering. Weer 'n ander teorie postuleer dat die woorde Finn en Kven verwant is. Die Yslandse Edda en Noorse Sagas (11de tot 14de eeue), van die oudste skriftelike bronne wat waarskynlik in die naaste omgewing ontstaan het, gebruik woorde soos finnr en finnas teenstrydig. Dit lyk egter asof hulle meestal na noordelike bewoners met 'n swerwende leefstyl verwys. Huidige taalkundige navorsing ondersteun die hipotese van 'n etimologiese verwantskap tussen die Finse en die Samitale, asook ander moderne Oeraalse tale. Dit ondersteun ook die hipotese van ’n gemeenskaplike etimologiese oorsprong van die toponieme Sápmi (Samies vir Lapland) en Suomi (Fins vir Finland), asook die Finse en Samiese name vir die Finse en Samiese tale (suomi en saame). Onlangse navorsing het ouer hipoteses oor verbintenisse met die name Häme (Fins vir Tavastia) en die Voor-Baltiese woord *žeme / Slawiese woord земля (zemlja) wat "land" beteken, weerlê. Hierdie navorsing ondersteun ook die vroeëre hipotese dat die benaming Suomi sy oorsprong in die benaming vir Suidwes-Finland het (Kern-Finland, Varsinais-Suomi) en later vir hulle taal en nog later vir die hele gebied van die moderne Finland. Dit is egter nie bekend hoe, hoekom en wanneer dit gebeur het nie. Petri Kallio het voorgestel dat die naam Suomi dalk selfs vroeëre Indo-Europese eggo's met die oorspronklike betekenis van "land" of "mens" dra, maar hy het sy hipotese intussen weerlê.
Die eerste bekende verwysing na Finne is in die Ou Engels-gedig Widsith wat in die 10de eeu saamgestel is, al word geglo dat die inhoud ouer is. Onder die eerste geskrewe bronne wat moontlik na Wes-Finland as die land van die Finne verwys, is ook twee runestene. Een van hulle is in Söderby, Swede, met die inskrywing finlont (U 582), en die ander is in Gotland, 'n Sweedse eiland in die Oossee, met die inskrywing finlandi (G 319 M) wat dateer uit die 11de eeu.
Geografie duimnael|links|Kaart van Finland duimnael|Klimaatsones in Finland volgens die Köppen-klimaatklassifikasie duimnael|links|Oggendmis oor die klein Kalliolampi-meer naby Puolanka Met 'n oppervlakte van 338 455 vierkante kilometer is Finland effens kleiner as Duitsland, maar behoort met sy bevolking van 5,6 miljoen tot die ylsbevolkte gebiede in Europa. Met sy ligging tussen die 60ste en 70ste breedtegrade is dit ook een van die mees noordelike lande ter wêreld – sowat 'n derde van Finland se totale oppervlakte lê binne die Arktiese Sirkel, en meer as 30 persent van alle mense op Aarde, wat noord van die 60ste breedtegraad leef, is Finne. Ulrich Quack: Finnland. Keulen: Dumont 1997, bl. 19
In 'n noord-suidelike rigting strek Finland oor 'n afstand van 1 160 kilometer vanuit Nuorgam tot Hanko aan die suidkus, terwyl die land sy grootste wydte in 'n wes-oostelike rigting met 540 kilometer tussen Ilomantsi en Närpes bereik. Vir geografiese doeleindes word na alle gebiede noord van die Oulujärvi as "Noord-Finland" verwys sodat ook Oulu, wat eintlik in Sentraal-Finland geleë is, as 'n Noord-Finse stad beskou word, terwyl die landskap rondom Jyväskylä ondanks sy suidelike ligging as "Sentraal-Finland" bekend staan.
Finland se langste grenslyn met 'n buurland is die oostelike grens met die Russiese Federasie. In die noorde grens Finland oor 'n afstand van meer as 716 kilometer aan Noorweë, terwyl die grens met Swede (536 kilometer) in die noordweste deur die riviere Könkämäeno, Muonionjoki (Sweeds: Muonio älv) en Tornionjoki (Torne älv) gevorm word.
In die weste grens Finland aan die Botniese Golf en in die suide aan die Finse Golf wat albei deel uitmaak van die Oossee. Byna alle Finse riviere mond in hierdie see uit, met uitsondering van die land se uiterste noordooste anderkant die Maanselkä wat in die Arktiese Oseaan dreineer. Vanweë die lae verdamping en die bestendige toevoer van soet water is die soutgehalte van Finland se seewaters aansienlik laer as dié van ander seegebiede: met 'n saliniteit van minder as 0,3 persent word in die noordelike Botniese Golf ook soetwatervisse aangetref.
duimnael|Finland is eweneens bekend as "die Land van die Duisend Mere". Statistieke van Finland Die opvallendste kenmerk van Finland se landskap is die rykdom aan mere wat aan hierdie Skandinawiese land die bynaam "Land van duisend mere" besorg het. Volgens amptelike statistieke word slegs waterliggame met 'n oppervlakte van ten minste 500 vierkante meter as 'n meer beskou – nogtans beraam die Finse Departement van Omgewingsake die totale aantal mere in die land op 187 888, waarvan sowat 56 000 'n oppervlakte van ten minste een hektaar het. Die Saimaameer is Finland se grootste meer en naby die grens met Rusland geleë, terwyl die Päijännemeer die diepste en waterrykste meer is en die Inarimeer die grootste meer in Sápmi.
Die totale kuslengte van Finse mere beloop ten minste 186 700 kilometer, die aantal binnelandse eilande word op 98 050 beraam. M. Raatikainen en E. Kuusisto: The Number and Surface Area of the Lakes in Finland. In: Terra, volume 102, nommer 2, bl. 97–110
Geskiedenis Oer- en vroeë geskiedenis duimnael|links|Die steengrafterrein Sammallahdenmäki uit die Bronstydperk is 'n Unesco-wêrelderfenisgebied duimnael|'n Antieke Finse man se klere volgens die vondse by die Tuukkala-begraafplaas in Mikkeli, interpretasie van 1889. Die begraafplaas dateer van die laat 13de eeu tot die vroeë 15de eeu. duimnael|links|'n Beerkophammer uit die Steentydperk, gevind in Paltamo, Kainuu. Die vroegste bekende en deur vondste bevestigde nedersetting op die gebied van die huidige Finland dateer aan die einde van die laaste Ystydperk sowat 8500 v.C. Die vroegste inwoners van Finland se oorsprong en taal is onbekend. Deur die volgende duisende jare se migrasie is nuwe kulture ingevoer en ten minste teen 5000 v.C. het die inwoners van Finland veral vroeë Fins-Oegriese tale gepraat. Teen 3200 v.C. het emigrante van die Baltiese gebied, wat 'n vroeë Indo-Europese taal gepraat het, na Finland inbeweeg, geleidelik met die inheemse bevolking vermeng en na hulle taal oorgeskakel. Die emigrante se taalinvloed was verantwoordelik vir die verskil tussen die Oer-Finse taal langs die kus en Samies in die binneland.
Die Finstalige bevolking se wortels is tot op hede onseker en is onderworpe aan herhaaldelike kontroverses. Volgens tradisionele menings word die gebied oos van die Oeralgebergte of die gebied rondom die Wolgakronkel as die Finne se oorspronklike tuisland beskou. In die nuwer navorsing oorheers die mening, dat die Finne se voorsate duisende jare gelede in party golwe uit verskeie rigtings migreer het, 'n Jagter-landboukultuur gevestig en die as versamelaars lewende Sami na noorde verdring of met hulle vermeng het.
Finland se bevolking in die Steentydperk was Jagter-versamelaars. Die suidweste is gekenmerk deur die Suomusjärvi-kultuur, wat tussen omtrent 5000 en 4200 v.C. deur die Kamkeramiekkultuur vervang is. Teen sowat 3200 v.C. word uitlopers van die Toubekerkultuur langs die suidwestelike kus vermoed, wat teen sowat 2300 v.C. in die Kiukainen-steengrafkultuur oorgaan.