Die Witstormvoël (Pagodroma nivea) is 'n stormvoël wat in die Subantarktiese gebied leef en op Bouvet-eiland nesmaak. Hulle is algemeen op pakys en die aangrensende see. Die voël is spierwit. Hulle is ratser as ander stormvoëls op die grond. In Engels staan die voël bekend as die Snow petrel.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.
Verwysings
Kategorie:Stormvoëls