duimnael|links|'n Treinbrug oor die Bergrivier, geskilder deur Thomas Bowler. duimnael|links|Crossing the Berg River, c. 1810, deur die skilder William Burchell. Die Bergrivier of Groot-Bergrivier is na die Breederivier die grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika.
Verloop Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.
Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal oor sy volle lengte bevaar met 'n houtboot, die Zephyr. Die tog het 9 dae geduur.
Vis en watersport duimnael|regs|Die benede-Bergrivier uit die ruimte gesien. Dit meander verby Velddrif en Laaiplek voor dit in St. Helenabaai uitmond Die Bergrivier-rooivlerkie is endemies aan die rivier. Die Bergrivier speel ook jaarliks in Julie gasheer vir een van die langste kanomaratons in die wêreld, die Bergrivier-kanowedvaart.
Die Bergrivierdam is gedurende 2008 voltooi in die Bergrivier naby Franschhoek.
Sytakke Sytakke in die boloop van die rivier is die Dwarsrivier, Franschhoek-, Kastaiing-, Stiebeuel- en Wemmershoekriviere, waarin die Wemmershoekdam ook geleë is.
Bronnelys Burman, Jose: Waters of the Western Cape. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970. Green, Lawrence G.: On wings of fire. A narrative of odd and unusual characters and queer, remote places along the flamingo coast from Swakopmund to the Cape. Kaapstad: Howard Timmins, 1982. Green, Lawrence G.: The coast of treasure. Kaapstad: Howard Timmins, 1983. Green, Lawrence G.: So few are free. Kaapstad: Howard Timmins, 1983.
Eksterne skakels Bergriver-opvanggebied Bergrivier-projek Kaapse galaxia (Galaxias zebratus)
Kategorie:Riviere in Wes-Kaap