duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Comore-eilande in April 2002 duimnael|links|Kaart van die Comore-eilande Die Comore-eilande (Arabies: جزر القمر, Juzur al-Qumur / Qamar; Frans: Comores), amptelik die Unie van die Comore (Comoraans: Udzima wa Komori, Frans: Union des Comores, Arabies: الاتحاد القمري al-Ittiḥād al-Qumurī / Qamarī), is 'n eilandnasie in Oos-Afrika in die Indiese Oseaan net noord van die Mosambiekkanaal. Dit is tussen die noordooste van Mosambiek en die noordweste van Madagaskar geleë. Landbou, veral speserye, is die vernaamste bron van inkomste. Dit is 'n lidland van die Afrika-unie.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Geografie Die Comore-eilande bestaan uit die eilande Grande Comore (Ngazidja), Mohéli (Mwali), Anjouan (Nzwani) en maak ook aanspraak op die Franse oorsese gebied Mayotte. Dit het 'n oppervlakte van 2 034 km² (Mayotte uitgesluit) en die vulkaniese binneland wissel van hoë berge tot lae heuwels. In 2016 het dit 'n bevolking van 796 000 (Mayotte uitgesluit) in 2016 gehad, en die hoofstad en grootste stad is Moroni.
Geskiedenis Die Comore verklaar hulle in 1975 onafhanklik van Frankryk. Sedertdien is daar al 20 staatsgrepe op dié eilande uitgevoer, verskeie deur die huursoldaat Bob Denard. Onder druk van Suid-Afrika se Thabo Mbeki en die Afrika-unie het die eerste vreedsame verkiesings in 2006 plaasgevind, maar die land bly arm. In Augustus 2017 het die Comore-eilande by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangesluit. Die tweede selakant is op 20 Desember 1952 by Anjouan gevang.
Geografie Die Comore-eilande bestaan uit drie outonome eilande: NaamHoofstadBevolkingOppervlakteDigtheid VlagGrande Comore (Ngazidja)Moroni345 0001 012,9 km²341/km²40x40pxAnjouan (Nzwani)Mutsamudu240 000424 km²566/km²40x40pxMohéli (Mwali)Fomboni40 000290 km²138/km²40x40px
Verwysings
Bronne Algemeen
Eksterne skakels
Kategorie:Voormalige Franse kolonies Kategorie:Arabiese wêreld