Gaboen (Frans: Gabon, [ɡabɔ̃]), amptelik die Gaboenese Republiek (République gabonaise), is 'n land aan die weskus van Sentraal-Afrika. Dit word deur Kameroen, Republiek van die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee begrens. Gaboen beslaan 'n oppervlakte van 267 667 km² en het 'n bevolking van 2 340 613 in 2022 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Libreville.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Gaboen duimnael|links|Kaart van Gaboen Gaboen is deur outokratiese presidente regeer sedert sy onafhanklikheid op 17 Augustus 1960 en het in 1990 met politiese hervormings begin. Oorvloedige ruolie en buitelandse private beleggings het gehelp om van Gaboen een van die voorspoedigste lande in Afrika suid van die Sahara te maak. Sedert 2022 is Gaboen naas Mosambiek, Rwanda en Togo die enigste lidland van die Britse Statebond wat vroeër geen Britse kolonie was nie.
Etimologie Gaboen se naam is moontlik afgelei van gabão, Portugees vir 'n kapmantel met moue (Engels: hooded cloak with sleeves) wat nagenoeg die vorm van die Komorivier se lang en breë monding naby Libreville sou wees.
Demografie Daar woon ongeveer 154 000 Europeërs (10% van die bevolking) in Gaboen.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Bibliografie
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Gaboenese regering
Kategorie:Britse Statebond
Kategorie:Voormalige Franse kolonies