Armenië (Armeens: Հայաստան, Hayastan, [hɑjɑsˈtɑn], of Հայք, Hayq), amptelik die Republiek Armenië (ՀայաստանիՀայաստանի Հանրապետություն, Hayastani Hanrapetut'yun, [hɑjɑstɑˈni hɑnɾɑpɛtutʰˈjun]), is 'n klein landingeslote land in die suidelike Kaukasusberge, tussen die Swartsee en die Kaspiese See, begrens deur Turkye in die weste, Georgië in die noorde, Azerbeidjan in die ooste en Iran en die Naxçıvan-eksklawe van Azerbeidjan in die suide.
duimnael|links|Die twee pieke van Ararat, die heilige berg van Armene duimnael|links|Jerewan is die ekonomiese en kulturele sentrum van Armenië duimnael|links|Topografiese kaart van Armenië Armenië is een van die oudste kultuurlandskappe op aarde met 'n geskiedenis wat verder terugstrek as dié van die meeste Europese lande. Sy ryk kulturele en argitektoniese erfenis verenig elemente van verskillende tradisies. Dit was sy ligging langs die belangrike Syroete tussen Asië en Europa wat Armenië gedurende sy lang geskiedenis verskeie kere blootgestel het aan die kulturele en politieke invloede van ander moondhede. So het periodes van nasionale onafhanklikheid gewissel met tydperke waartydens die land onder Bisantynse, Persiese, Mongoolse, Turkse en Russiese bewind gekom het.
Armeens maak deel uit van die Indo-Europese taalfamilie, dog het Armene hul eie 'n unieke alfabet ontwikkel wat sedert die Middeleeue onveranderd in gebruik is. Armenië was die eerste land ter wêreld wat die Christendom as amptelike godsdiens aanvaar en met die Armeens-Apostoliese geloof in 301 n.C. 'n nasionale kerk gevestig het. Die heilige berg van die Armene, Ararat, is tans egter buite Armenië se staatsgebied in Turkye geleë.
Ook die meerderheid Armene het hulle in die buiteland gevestig. Van die altesaam agt miljoen Armene leef tans slegs sowat drie miljoen in die Republiek Armenië. Verdrywings en etniese suiwerings loop soos 'n draad deur die geskiedenis van die Armene. As Christelike minderheid in Islamitiese lande soos Turkye en Azerbeidjan – en dikwels ook as ekonomies suksesvolle groep – het hulle verskeie kere slagoffers van etniese en godsdienstige onderdrukking geword.
Vanaf die 15de eeu was Armenië 'n omstrede land tussen die Ottomaanse en die Persiese Ryk. In die 19de eeu het die Russiese heerskappy oor die Kaukasusgebied met Oos-Armenië begin. Wes-Armenië, 'n gebied in Klein-Asië, was deel van die Ottomaanse Ryk. Hier het in 1895 en 1896 eerste massiewe etniese suiwerings en massamoorde plaasgevind.
Die Armeense volksmoord, wat in 1915 in die Turkse Ottomaanse Ryk begin het nadat Armene as bondgenote van buitelandse Christelike magte afgestempel is, het honderdduisende, moontlik 1,5 miljoen menselewens geëis. Die volksmoord, wat deur Turkye as regsopvolger van die Ottomaanse Ryk nie amptelik erken word nie, is steeds 'n traumatiese ervaring wat deur Armene dikwels Aghet of die Groot Ramp genoem word.
Tussen 1920 en 1989 was Armenië 'n relatief welvarende republiek van die Sowjetunie, maar het ná sy onafhanklikwording deur 'n sterk aardbewing, die moeilike proses van ekonomiese transformasie, die groot afhanklikheid van energie-invoere en die konflik met Azerbeidjan oor die Nagorno-Karabach-gebied, 'n enklawe in Azerbeidjan wat hoofsaaklik deur Armene bewoon is, in 'n moeilike ekonomiese posisie beland.
Etimologie duimnael|Hayk, die legendariese stigter en apostel van die Armeense nasie – skildery deur Mkrtum Hovnatanian (1779–1846) Die oorspronklike inheemse Armeense naam vir die land was Հայք (Hayk’); dit word deesdae egter min gebruik. Die huidige naam Հայաստան (Hayastan) het in die Middeleeue gewild geword deur die byvoeging van die Persiese agtervoegsel -stan ("plek"). Die oorsprong van die naam Hayastan is egter heelwat ouer en is vir die eerste keer gebruik in die werke van Agathangelos in die 5de eeu, Ագաթանգեղոս §§ 13 (ի Հայաստան աշխարհէս), 16 (Հայաստան աշխարհիս 2x, ի Հայաստան աշխարհիս), 35 (Հայաստան աշխարհին), 160 (Հայաստան աշխարհիս), 249 (Հայաստան աշխարհիս), 715 (Հայաստան աշխարհիս), 776 (Հայաստան աշխարհին), 784 (Հայաստան աշխարհին), 796 (ի մէջ Հայաստան աշխարհի), 808 (հասանէին ի Հայաստան աշխարհն)։ Ագաթանգեղոս § 885 (ի Հայաստան երկրին) Faustus van Bisantium, Փաւստոս Բուզանդ 1883=1984, էջ 1 (Հայաստան աշխարհին) Փաւստոս Բուզանդ 1883=1984, 4.բ, էջ 56 (Հայաստան երկրին) Ghazar Parpetsi, 904=1985, էջ 2 (Հայաստան աշխարհիս), 110 (կանայս ի Հայաստան աշխարհիս) Koryun, Կորիւն 1994, էջ 83 (Հայաստան աշխարհի), 93 (Հայաստան աշխարհին), 103 (ի Հայաստան աշխարհին), 120 (ի Հայաստան աշխարհէս) en Sebeos. ժը (սեռ. Հայաստանեայց, բացառ. ի Հայաստանեայց), տես Աբգարյան 1979, էջ 66, 90
Die naam word tradisioneel afgelei van Hayk (Հայկ), die legendariese patriarg van die Armene en 'n agter-agterkleinseun van Noag, wat, volgens die 5de-eeuse skrywer Moses van Chorene, die Babiloniese koning Bel in 2492 v.C. gedood en sy nasie in die Ararat-streek gestig het. Die verdere oorsprong van die naam is onduidelik. Daar is ook verder voorgestel dat die naam Hay ontleen is aan een van die twee gebonde Hetitiese vasalstate: Hayasa-Azzi (1600–1200 v.C.). Rafael Ishkhanyan, "Illustrated History of Armenia," Jerewan, 1989 Elisabeth Bauer. Armenia: Past and Present (1981), bl. 49
Die eksoniem "Armenië" is opgespoor in die Ou Persiese Behistoen-inskripsie (515 v.C.) as Armina (𐎠𐎼𐎷𐎡𐎴). Die Antieke Griekse terme Ἀρμενία (Armenía) en Ἀρμένιοι (Arménioi, "Armene") is vir die eerste keer genoem deur Hekataios van Milete (550–476 v.C.). "Χαλύβοισι πρὸς νότον Ἀρμένιοι ὁμουρέουσι (Die Armene aan die grens van die Chalybes na die suide)". Xenophon, 'n Griekse generaal wat in sekere Persiese ekspedisies gedien het, het rondom 401 v.C. baie aspekte van die Armeense dorpslewe en gasvryheid beskryf.
Sommige geleerdes het die naam "Armenië" met die Vroeë Bronstydperk-staat Armani (Armanum, Armi) of die Laat Bronstydperk-staat Arme (Schupria) verbind. Hierdie verbindings is onoortuigend, aangesien dit onbekend is watter tale in dié twee koninkryke gepraat is. Buitendien is die ligging van die ouer staat Armani onseker, terwyl Arme waarskynlik onmiddellik wes van die Vanmeer geleë was (dalk in die omgewing van Sason en daarmee in die Groter Armenië-streek). Volgens 'n aantal moderne navorsers was dit naby die moderne Samsat geleë, en hulle het gemeen dat dit, ten minste gedeeltelik, deur 'n vroeë Indo-Europese volk bewoon is. Dit is moontlik dat die naam "Armenië" sy oorsprong in Armini het, Urarteïes vir "inwoner van Arme" of "Armeaanse land." Die Arme-stam van die Urarteïese tekste kon dalk die Urumu gewees het, wat in die 12de eeu v.C. probeer het om Assirië saam met hul bondgenote, die Moesjki en die Kaskiërs vanaf die noorde binne te val. Die Urumu het hulle glo in die omgewing van Sason gevestig en hul naam aan die streke Arme en die nabygeleë lande Urme en Binne-Urumu verleen. Aangesien dit 'n eksoniem is, kon dit dalk "woesteny" of "digte bos" beteken het, vergelyk armutu ("woesteny"), armutu armaḫḫu ("ruigte", "dik bos") armaḫḫu en armāniš ("boom"). armāniš Die mense in die suide het die noordelike woude beskou as die woonplek van gevaarlike diere.
Daar is ook bespiegel dat die land Ermenen (geleë in of naby Minni), soos genoem deur die Egiptiese farao Toetmoses III in 1446 v.C., 'n verwysing na Armenië kon gewees het.
Volgens die geskiedenisse van beide Moses van Chorene en Michael Chamchian is "Armenië" ontleen aan die naam Aram, 'n lineêre afstammeling van Hayk. History of Armenia by Father Michael Chamich from B.C. 2247 to the Year of Christ 1780, or 1229 of the Armenian era, Bishop's College Press, Calcutta, 1827, bl. 19 Die Tafel van Nasies lys Aram as die seun van Sem, van wie die Boek van Jubileë getuig:
In Jubileë 8:21 word ook die berg Ararat toegedeel aan Sem, wat dit volgens Jubileë 9:5 aan Aram sou vererf.
Die historikus Flavius Josephus vertel ook in sy Antieke geskiedenis van die Jode:
Geografie Ligging en struktuur duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Armenië duimnael|Die historiese Khor Virap-klooster, met berg Ararat in die agtergrond duimnael|Jermuk-waterval duimnael|links|Vulkaniese landskapsvorme in die Geghama-berge duimnael|Poesjkin-bergpas Armenië is in die oorgangsgebied tussen Klein-Asië en Transkaukasië geleë. Histories het Armenië veel wyer gestrek – vanaf die suidelike hellings van die Kaukasusreeks in die noorde tot die oewers van die Iranse Urmiameer in die suide, en vanaf gebiede naby die Kaspiese See in die ooste tot die Kilikiese vlakte tussen Sirië en Oos-Anatolië in die weste waar die magtige Taurusgebergte 'n natuurlike grens gevorm het. Jasmine Dum-Tragut: Armenien. 3000 Jahre Kultur zwischen Ost und West. Berlin: Trescher 2011, bl. 16
Die huidige staatsgebied beslaan 29 800 km² in die noordooste van die Armeense Hoogland en aan die suidelike uitlopers van die Klein Kaukasus. Armenië grens in die noorde aan Georgië, in die ooste aan Azerbeidjan, in die suidooste aan Iran, in die suide aan die Azerbeidjanse eksklawe Nachitsjewan en vanuit die suidweste tot in die weste aan Turkye. Die huidige bevolking is sowat drie miljoen.
Armenië is 'n bergagtige land – sowat negentig persent van sy oppervlakte is hoër as 1 000 en veertig persent hoër as 2 000 meter bo seevlak geleë, op 'n gemiddelde hoogte van 1 800 meter. Uitlopers van die Klein Kaukasus strek tot in Noord-Armenië waar hul pieke hoogtes van meer as 3 000 meter bereik. Die landskap word oorheers deur uitgedoofde vulkane en lawaplato's waarin diep ravyne gesny is.
Die hoogste piek in Armenië is die uitgedoofde en vergletserde vulkaankeël Aragats (4 090 m) naby die Bybelse berg Ararat, sy laagste punt (380 m) is langs die oewer van die Araks-rivier in die grensgebied met Iran en Azerbeidjan geleë.
Armenië is in 'n uitgestrekte geplooide bergreeks temidde van 'n geologies en seismies aktiewe gebied geleë. Die berggebied is as gevolg van die botsing van twee tektoniese plate, die Eurasiese en die Arabiese Plaat, gevorm. Druk en skeuring langs dié breuklyn veroorsaak aardbewings. Die laaste groot skudding het in 1988 plaasgevind en groot skade in stede soos Gjoemri (destyds nog Leninakan genoem), Spitak, Vanadzor asook in kleiner nedersettings berokken.
Die plaaslike gesteentes is dikwels van vulkaniese oorsprong. Natuurlike hulpbronne, wat in Armenië aangetref word, is onder meer koperoksiede wat neweprodukte soos molibdeen, yster en goud bevat, naas uraan, 'n verskeidenheid halfmetale, sierstene, tufsteen, basalt en marmer. Armenië se sowat driehonderd minerale warmwaterbronne word vir geneeskundige en alledaagse doeleindes gebruik.
Die Sewanmeer, wat 1 900 meter bo seevlak oos van Jerewan geleë is, is die grootste in die land met 'n oppervlak van 940 km². Weens oorbenutting van sy waterbronne het die oppervlak sedert 1984, toe dit nog 1 262 km² beloop het, sterk gekrimp. Die langste riviere in die land is Araks, Worotan, Kasach, Hrazdan en Debed.
Klimaat duimnael|links|Eerste lentebodes in die Dilidjan-berge duimnael|Jerewan in Februarie – 'n sneeulaag het oor die stad gevou. In die agtergrond toring die pieke van die Bybelse berg Ararat uit Armenië se klimaat word deur twee faktore bepaal: die hoë bergreekse, wat groot temperatuurskommelinge kan veroorsaak, en die nabygeleë Swart- en Kaspiese See, wat 'n matigende invloed uitoefen. Die bergpieke van die Kaukasus-bergreeks beskerm die land teen koue fronte uit die noorde.
Alhoewel Armenië in die subtropiese klimaatsone geleë is, skep die reliëf van sy bergagtige landskap en die gepaardgaande hoogteverskille (die hoogste punt, die bergpiek Aragats met 'n hoogte van meer as 4 000 meter bo seevlak is slegs sowat 80 kilometer van Armenië se laagste punt, die Araks-vallei, geleë) 'n reeks uiteenlopende mikroklimate.