Steven Kitshoff (gebore te Somerset-Wes, 10 Februarie 1992) is 'n rugbyspeler wat vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker en die in die Verenigde Rugbykampioenskap speel.

Kitshoff het sy debuut vir die Springbokke op 25 Junie 2016 teen Ierland op die Nuwelandstadion in Kaapstad gemaak, op ouderdom 24. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023.

Eksterne skakels

Steven Kitshoff by itsrugby.co.uk

Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers