Nana Sita (ook bekend as Nanabhai) is in 1898 in Matwadi, 'n dorp in Gujarat, Indië, gebore, en het grootgeword in 'n familie wat betrokke was in die Indiese weerstandsbeweging. Hy het in 1913 na Suid-Afrika gegaan om boekhouding the studeer, en het vir 'n geruime tyd saam met J. P. Vyas in Pretoria gewoon. Kort na sy aankoms het Mahatma Gandhi in Pretoria aangekom vir onderhandelinge met generaal Jan Smuts, en vir byna twee maande in dieselfde huis as Sita gewoon. Die interaksie met Gandhi het 'n groot invloed op sy lewe gehad en hy was 'n groot voorstander van passiewe weerstand. Hy het 'n vele male trokstraf uitgedien omdat hy geweier het om sy huis te verlaat, nadat die voorstad waar hy saam met sy gesin vir 44 jaar lank gewoon het, vir blanke inwoners geproklameer is.
Straatnaam Nana Sitastraat (voorheen bekend as Skinnerstraat) in Pretoria is in 2012 na hom genoem.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1969