duimnael|300px|Kerkstraat 6, Tulbagh, ook bekend as De Oude Herberg.

Kerkstraat 6 is ’n nasionale gedenkwaardigheid op Tulbagh in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit huisves ’n gastehuis, De Oude Herberg.

Die huis is in die vroeë of middel 19de eeu opgerig in ’n onopgesmukte Kaaps-Hollandse Styl. Dit is reeds 'n gastehuis sedert 1885, wat dit een van die oudste gastehuise in Suid-Afrika maak.

Bronne Richardson, Deirdré. 2001. Historic sites of South Africa. Cape Town: Struik.

Kategorie:Geboue en strukture in Tulbagh