Witjies (Pieridae) is ’n familie van skoenlappers in die superfamilie Papilionoidea. Die familie bestaan uit meer as 1000 verskillende spesies, en word meestal aangetref in die Afrotropiese gebied en die suid-oostelike gebiede van Asië. Sommige spesies kom voor in die noordelike gebiede van Noord-Amerika.DeVries P. J. in Levin S.A. (ed) 2001. The Encyclopaedia of Biodiversity. Academic Press.

Kenmerke Hoewel die naam aandui dat lede van hierdie familie wit is, is dit nie altyd die geval nie. Geel, oranje, rooi en selfs swart witjies kom ook voor. ’n Aantal kenmerke is min of meer algemeen vir die spesies uit die Pieridae-familie: Die skoenlappers is van mediumgrootte. Die vlerkspan is gewoonlik rondom 50 mm. Die voorpootjes is ten volle ontwikkel en alle pootjies het gevurkte kloutjies. Die vlerke het ’n beperkte aantal kleure en absorbeer ultraviolet lig in spesifieke patrone, waardeur moontlike maats geïdentifiseer kan word. Daar is dikwels geslagsdimorfie, ’n duidelike verskil in voorkoms tussen die mannetjies en wyfies. Die kleurpigment van die vlerkskubbe is afkomstig van afvalstowwe in die liggaam.Hopkins, F. Gowland (1895). The Pigments of the Pieridae: A Contribution to the Study of Excretory Substances Which Function in Ornament. Die wyfies het 'n kenmerkende stekel op die kop.

Bronne Merendeels vertaal uit Nederlands van Wikipedia asook vertaal uit Engels van Wikipedia

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers