Metaalvlerkies (Riodinidae) is ’n familie van vlinders, met ongeveer 1 400–1 500 spesies wêreldwyd. Die naam "metaalvlerkies" verwys na die metaal-agtige kolle op hul vlerke.

Taksonomie Riodinidae word tans beskou as 'n afsonderlike familie binne die superfamilie Papilionoidea, maar in die verlede was dit geklassifiseer as die subfamilie Riodinidae van die Lycaenidae-familie. Vroeër was dit beskou as deel van die ontbinde Erycinidae-familie, waarvan die spesies verdeel is tussen hierdie familie en die subfamilie Libytheinae.

Vandag verkies die meeste taksonome om dit as 'n onafhanklike familie te aanvaar selfs al is daar teenargumente.Zhao F, Huang DY, Sun XY, Shi QH, Hao JS, Zhang LL, Yang Q. (2013): The first mitochondrial genome for the butterfly family Riodinidae (Abisara fylloides) and its systematic implications. Zoological Research 34 (E4−5): E109−E119. doi:10.11813/j.issn.0254-5853.2013.E4−5.E109 Volgens morfologiese studies deur Ackery et al. in die handleiding van dierkunde (Kristensen 1998, vgl. literatuur) word Riodinidae in die Lycaenidae-familie geplaas. Kristensen et al. aanvaar, in 2007, dat die handleiding op 'n voorlopige basis opgedateer word, om Riodinidae as 'n onafhanklike familie te klassifiseer.Philip R. Ackery, Rienk de Jong, Richard I. Vane-Wright: The Butterflies: Hedyloidea, Hesperioidea, Papilionoidea. In: Niels P. Kristensen (editor): Lepidoptera, Moths and Butterflies. Volume 1: Evolution, Systematics, and Biogeography. Walter de Gruvter, Berlin & New York 1999. vgl. pp. 283-284

Molekulêre filogenie (gebaseer op homoloë DNA-volgordes) vind 'n sustergroepverhouding tussen Riodinidae en Lycaenidae, en dit word byna eenstemmig aanvaar.Dana L. Campbell and Naomi E. Pierce (2003): Phylogenetic relationships of the Riodinidae: Implications for the evolution of ant association. In: C. Boggs, P. Ehrlich, W.B. Watt (editors). Butterflies as Model Systems. Chicago University Press: 395-408. laai af Niklas Wahlberg, Michael F Braby, Andrew V.Z Brower, Rienk de Jong, Ming-Min Lee, Sören Nylin, Naomi E Pierce, Felix A.H Sperling, Roger Vila, Andrew D Warren and Evgueni Zakharov (2005): Synergistic effects of combining morphological and molecular data in resolving the phylogeny of butterflies and skippers. Proceedings of the Royal Society Series B 272: 1577-1586. doi:10.1098/rspb.2005.3124Aria Heikkilä, Lauri Kaila, Marko Mutanen, Carlos Peña, Niklas Wahlberg (2012) Cretaceous origin and repeated tertiary diversification of the redefined butterflies. Proceedings of the Royal Society Series B 279: 1093-1099. doi:10.1098/rspb.2011.1430

Verwysings

20px|linksHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal

Kategorie:Skoenlappers