Gebeure Rome Tiberius Gracchus word verkies as volkstribuun. Hy voer wetgewing deur oor die ager publicus, die publieke land wat sommige lede van die aristokrasie buite die wet in besit geneem het. Die nuwe wet wil dit opnuut verdeel. Die lex Sempronia agraria verdeel grond onder die volk en maak dit onmoontlik vir die ryke om die stukkies grond op te koop. in: The Impact of the Roman Army (200 BC-AD 476): Economic, Social, Political, Religious, and Cultural Aspects, Proceedings of the Sixth Workshop of the International Network Impact of Empire (Roman Empire, 200 B.C.-A.D. 476), Capri, March 29-April 2, 2005, Deel 6 van Impact of Empire (Roman Empire, 27 B.C.-A.D. 406) (Series), BRILL, 2007, , Die Senaat kry steun van Gracchus se kollega tribuun wat die nuwe wet veto.

Hispania Ná 'n beleëring van maande verower en verwoes Publius Cornelius Scipio Aemilianus Africanus die stad Numantia. Die weerstand teen die Romeinse verowering van Hispania is gebreek.

Pergamon Die eksentrieke koning van Pergamon, Attalus III, wat geen kinders het nie, kry 'n sonsteek en sterf skielik. Sy testament is skokkend. Hy het Rome erfgenaam van sy koninkryk gemaak.The Poison King: The Life and Legend of Mithradates, Rome's Deadliest Enemy Princeton University Press, 2011, , Aristonicus, Attalus se stiefbroer beweer dat die testament 'n vervalsing is en kom in opstand teen die Romeine.

Sjina Slag van die Mayi – Die Han val die Xiong-nu aan, maar dit misluk. Die Han moet 'n ruitery opbou.Imperial Chinese Armies: 200 BC-AD 589, Deel 284 van Osprey military men-at-arms series , Osprey Publishing, 1995, ,

Verwysings