Nikolaas II Aleksandrowitsj (Russies: Николай II Александрович; Nikolai II Aleksandrowitsj) (Tsarskoje Selo, 6 Mei 1868 – Jekaterinburg, 17 Julie 1918) was die laaste keiser van Rusland en die laaste heerser van die Romanof-dinastie (1613–1917). Hy het van 1 November 1894 regeer tot met sy gedwonge abdikasie op 15 Maart 1917.
Tydens sy bewind het die Russiese Ryk verval van een van die grootste magte van die wêreld tot een van ekonomiese en militêre agteruitgang. Weens die Chodinka-tragedie, anti-Semitisme, Bloedige Sondag, die gewelddadige onderdrukking van die 1905-rewolusie, die teregstelling van politieke opponente en sy vermeende verantwoordelikheid vir die Russies-Japannese Oorlog, het hy die bynaam Bloedige Nikolaas by sy teenstanders gekry.Woods, Alan (1999) "The First Russian Revolution" in Bolshevism: The Road to Revolution by Alan Woods, Well Red Publications, Historiografie in die Sowjetunie beeld Nikolaas uit as ’n swak en onbevoegde leier, wie se besluite gelei het tot militêre nederlae en die dood van miljoene onderdane.
Rusland het van 1904 tot 1905 groot verliese in die Russies-Japannese Oorlog gely, onder meer die verwoesting van die Baltiese Vloot, die verlies van Russiese invloed oor Mantsjoerye en Korea en die Japannese anneksasie van Suid-Sachalin. Die Anglo-Russiese Vriendskapsverdrag, wat daarop gemik was om Duitsland te keer om invloed in die Midde-Ooste te kry, het geëindig in politieke en diplomatieke konfrontasies tussen Rusland en die Verenigde Koninkryk.
Nikolaas het die Russiese mobilisasie op 30 Julie 1914 goedgekeur wat daartoe gelei het dat Duitsland op 1 Augustus 1914 oorlog teen Rusland verklaar het. Daar word geraam sowat 3 300 000 Russe het in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel.Urlanis, Boris (2003). Wars and Population. University Press of the Pacific. Die keiserlike weermag se groot verliese en die bevelvoerder se onbevoegde beheer in die oorlog, asook die gebrek aan kos en ander voorraad aan die tuisfront, was die grootste faktore wat tot die val van die Huis van Romanof gelei het.
Ná die Februarie-rewolusie van 1917 het Nikolaas namens homself en sy seun geabdikeer. Hy en sy gesin is in hegtenis geneem en in die somer van 1918 na Tobolsk gestuur. Met die goedkeuring van Lenin, Swerdlof en die res van die Bolsjewistiese leiers is Nikolaas en sy gesin eindelik in die nag van 16–17 Julie 1918 tereggestel. Hul oorskot is eindelik presies 80 jaar later, op 17 Julie 1998, in Sint Petersburg begrawe.
In 1981 is Nikolaas en sy gesin deur die Russies-Ortodokse Kerk buite Rusland in New York as martelare en heiliges verklaar.A Reader's Guide to Orthodox Icons The Icons that Canonized the Holy Royal Martyrs Op 15 Augustus 2000New York Times (2000) Nicholas II And Family Canonized For Passion het die Russies-Ortodokse Kerk in Rusland hulle as "verduurders van lyding" heilig verklaar: ’n titel wat gegee word aan gelowiges wat op ’n manier soos Christus sterf.
Familie-agtergrond duimnael|links|upright|Nikolaas II as kind by sy ma, Maria Fjodorowna (in 1870). Nikolaas is in die Aleksander-paleis in Tsarskoje Selo gebore as die die oudste seun van keiser Aleksander III en prinses Dagmar van Denemarke (toe bekend as Maria Fjodorowna). Sy familie en vriende het hom "Nicky" genoem. Hy het vyf jonger sibbes gehad: Aleksander (1869–1870), Georgi (1871–1899), Ksenia (1875–1960), Michail (1878–1918) en Olga (1882–1960).
Sy grootouers aan vaderskant was keiser Aleksander II en keiserin Maria Aleksandrowna (gebore prinses Marie van Hesse en by die Ryn). Aan moederskant was sy grootouers koning Christiaan IX en koningin Louise van Denemarke. Hy was hoofsaaklik van Duitse en Deense afkoms – sy laaste etnies Russiese voorouer was groothertogin Anna Petrowna van Rusland (1708–1728), die dogter van Pieter die Grote.
duimnael|upright|Nikolaas II (links) en sy neef koning George V van die Verenigde Koninkryk in Duitse militêre uniforms in Berlyn voor die oorlog (1913). Nikolaas was verwant aan verskeie monarge van Europa. Sy ma se sibbes het ingesluit konings Frederik VIII van Denemarke en George I van Griekeland, asook Brittanje se koningin Alexandra (vrou van koning Edward VII).
Koning George V van die Verenigde Koninkryk was die neef van Nikolaas, sy vrou Aleksandra en keiser Wilhelm II van Duitsland. Nikolaas was ook ’n neef van Haakon VII van Noorweë, Maud van Wallis en koning Konstantyn I van Griekeland. Nikolaas en Wilhelm II was ook op twee maniere agterkleinneefs. Nikolaas en sy vrou was self kleinneef en asook agter-agterkleinneef en .
Tsesarewitsj duimnael|links|upright|Nikolaas as tsesarewitsj in 1892. Op het Aleksander III die troon bestyg ná die sluipmoord op sy pa, Aleksander II, en Nikolaas het as die oudste seun die tsesarewitsj (troonopvolger) geword. Om veiligheidsredes het die nuwe tsaar en sy gesin hul hoofwoning na die Gatsjina-paleis buite die stad geskuif en net vir amptelike geleenthede in die Anitsjkof-paleis in die hoofstad oorgebly.
In 1884 het Nikolaas meerjarig geword en later dié jaar is sy oom groothertog Sergei Aleksandrowitsj getroud met prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt (Ella), dogter van prins Lodewyk IV en sy oorlede vrou, prinses Alice, en ’n kleindogter van koningin Victoria. Op die troue in Sint Petersburg het die 16-jarige Nikolaas Ella se jongste suster, die 12-jarige Alix, ontmoet. Vyf jaar later, in 1889, het sy Sint Petersburg besoek en die twee het verlief geraak.
In 1893 het Nikolaas namens sy ouers die troue van sy neef George, Hertog van York, met prinses Mary van Teck bygewoon. Koningin Victoria is getref deur die fisieke ooreenkoms tussen die twee neefs en hul voorkoms het verskeie gaste op die troue verwar. In dié tyd het Nikolaas ’n verhouding gehad met die Sint Petersburgse ballerina Matilda Ksjessinskaja.Kshessinska 1960. Dancing in Petersburg. Londen, vert. Haskell.
Hoewel Nikolaas die troonopvolger was, het Aleksander (wat toe in sy 40's was) gedink daar is nog baie tyd oor om sy oudste seun die sake van die regering te leer.Massie (1967) bl. 40 Sergei Witte, Rusland se minister van finansies, het sake anders gesien en voorgestel Nikolaas word in die Siberiese Spoorwegkomitee aangestel.Pierre, Andre (1925) Journal Intime de Nicholas II, Paris: Payot, bl. 45 Aleksander het gemeen Nikolaas is te jonk vir ernstige verantwoordelikhede, maar volgens Witte sou die jong tsesarewitsj nooit staatsake verstaan as hy nie daaraan bekend gestel word nie. Aleksander se aanname dat hy nog lank sou leef en daar nog baie tyd was om Nikolaas op te lei, is teen 1894 verkeerd bewys toe Aleksander se gesondheid begin agteruitgaan.
Verlowing, troonbestyging en troue duimnael|300px|links|Die Romanof-familie saam met lede van die Deense koningshuis. Dit sluit in keiser Aleksander III van Rusland, Maria Fjodorowna, koning Haakon van Noorweë, Nikolaas II, koning Christiaan IX van Denemarke, koning Konstantyn I van Griekeland, koningin Alexandra van Brittanje, prins Andreas van Griekeland, koningin Louise van Denemarke en koning George I van Griekeland.
In April 1894 is Nikolaas saam met sy oom Sergei en tante Ella na Koburg in Duitsland vir die troue van Ella en Alix se broer, Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse, met hul gemeenskaplike niggie prinses Victoria Melita van Sakse-Koburg en Gotha. Onder die gaste was koningin Victoria en keiser Wilhelm II. In Koburg het Nikolaas vir Alix gevra om te trou, maar sy het dit van die hand gewys. As diep godsdienstige lidmaat van die Lutherse Kerk was sy ongewillig om haar tot die Russies-Ortodokse geloof te bekeer.King (1994) bl. 54 Die Duitse keiser het egter vir haar gesê sy het ’n plig om met Nikolaas te trou en haar geloof te verander, nes haar suster Ella in 1892 gedoen het. Op 20 April 1894 het Nikolaas en Alix verloof geraak.
duimnael|upright|Die amptelike verlowingsfoto van Nikolaas en Alix (April 1894). Sy ouers was aanvanklik daarteen gekant omdat Alix ’n swak indruk gewek het op haar besoeke aan Rusland. Hulle het ook gehoop om Rusland se nuwe bondgenootskap met Frankryk te versterk deur ’n huwelik tussen Nikolaas en prinses Hélène van Orléans, dogter van Philippe, die Graaf van Parys. Hulle het net hul toestemming gegee toe hulle besef Aleksander II se toestand versleg. Koningin Victoria was ook aanvanklik teen hul huwelik gekant omdat sy blykbaar nie van Rusland gehou het nie.
Teen Oktober 1894 het Aleksander III op sy sterfbed gelê, en hy en Nikolaas het Alix gevra om na die keiserlike paleis in Liwadija te kom.King (2006) bl. 326 Sy het op 22 Oktober daar aangekom en 10 dae later is Aleksander op 49-jarige ouderdom dood. Nikolaas, toe net 26, was die nuwe keiser van Rusland. Daardie aand het sy pa se priester hom ingeseën as keiser Nikolaas II. Die volgende dag het Alix die Ortodokse geloof aangeneem met die naam Aleksandra Fjodorowna, die titel groothertogin en die aanpsreekvorm Keiserlike Hoogheid.
Nikolaas het dalk onvoorbereid gevoel vir die taak wat voorlê, want hy het sy neef en swaer groothertog Aleksander gevra:Figes, Orlando (1996), A People's Tragedy, bl. 18. "Wat gaan van my en die hele Rusland word?"Feinstein, Elaine (2006). Excerpt from Anna of All the Russias. Vintage. .
Tsaar Aleksander se stoet het Liwadija op 7 November verlaat op pad na Moskou – met onder andere sy niggie koningin Olga van Griekeland en sy vrou se swaer en suster die Prins en Prinses van Wallis. Nadat hy in die Kremlin in staatsie gelê het, is hy op 19 November in Sint Petersburg begrawe.
Nikolaas en Aleksandra sou oorspronklik in die Russiese lente van 1895 trou, maar op Nikolaas se aandrang is dit vervroeg. Hy het Aleksandra nou nodiger as ooit gehad.Massie (1967) bl. 42. Die troue het op 26 November 1849 plaasgevind, op die verjaardag van die keiserin-weduwee Maria Fjodorowna, en die hof se rouproses is effens verslap. Hulle is die middag ’n paar minute voor een in die eg verbind.Massie (1967) bl. 44
Titel duimnael|Nikolaas II se kroning, deur Walentin Serof. Nikolaas se volle titel was Ons, Nikolaas II, deur Gods genade, Keiser en Outokraat van die Hele Rusland, van Moskou, Kiëf, Wladimir, Nowgorod; tsaar van Kazan, tsaar van Astrachan, koning van Pole, tsaar van Siberië, tsaar van Tsjersonesos, tsaar van Georgië; lord van Pskof en groothertog van Smolensk, Litaue, Wolhinië, Podolië en Finland; prins van Estland, Liwonië, Koerland en Semigalië, Samogitië, Belostok, Karelië, Twer, Joegra, Perm, Wjatka, Wolga-Bulgarië en ander gebiede; lord en groothertog van Nizjni Nowgorod, Tsjernigof, Rjazan, Polotsk, Rostof, Jaroslawl, Beloozero, Oedorski, Obdorië, Kondië, Witebsk, Mstislaf en al die noordelike gebiede; monarg van Iwerië, Kartalinië en die Kabardiese lande en Armeense gebiede; erf-lord en heerser van Tsjerkassië; lord van Turkestan; erfgenaam van Noorweë, hertog van Sleeswyk-Holstein, Stormarn, Dithmarschen en Oldenburg, en so meer, en so meer, en so meer.
Bewind Ondanks ’n besoek in 1893 aan die Verenigde Koninkryk, waar hy die laerhuis in debat gesien en beïndruk gelyk het met die werking van die konstitusionele monargie, het Nikolaas die idee van verkose verteenwoordigers in Rusland die rug toegekeer. Kort nadat hy tsaar geword het, het ’n afvaardiging van kleinboere en werkers van verskillende dorpe se plaaslike vergaderings (zemstwo's) na die Winterpaleis gekom met voorstelle vir hofhervormings, soos die aanvaarding van ’n konstitusionele monargie,Warth, bl. 20 asook hervormings wat die politieke en ekonomiese lewe van die boere sou verbeter.Figes, bl. 165Pierre, Andre (1925) Journal Intime de Nicholas II, Paris: Payot, bl. 127
duimnael|upright|links|Nikolaas se keiserlike monogram.