Slowenië (Sloweens: Slovenija, [slɔˈʋèːnija], ), amptelik die Republiek Slowenië (Republika Slovenija, ), is 'n land in die suidelike Sentraal-Europa, aan die suidoostelike uitlopers van die Alpe. Slowenië beslaan 'n oppervlakte van 20 273 km² en het in 2024 'n bevolking van 2 097 893 gehad.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Slowenië duimnael|links|Topografiese kaart van Slowenië Slowenië word in die weste begrens deur Italië, in die suide deur die Adriatiese See, Kroasië in die suide en ooste, Hongarye in die noordooste en Oostenryk in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Ljubljana wat in die sentrum van die land geleë is.

Slowenië is die welvarendste en mees ontwikkelde van al die voormalige Joego-Slawiese deelstate. Op 25 Junie 1991, aan die begin van die Joego-Slawiese oorloë, het Kroasië en Slowenië gelyktydig hul onafhanklikheid van Joego-Slawië verklaar, waarmee die verbrokkeling van dié multietniese staat, maar ook die Joego-Slawiese oorloë van die 1990's, begin het. Slowenië is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2007 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Die land is ook 'n lid van die Europese Raad, NAVO en het waarnemerstatus in die gemeenskap van Franstalige state, La Francophonie.

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Regering van die Republiek Slowenië

Toerisme

Toerisme in Slowenië InfoSlovenia.be