Tsjeggië (Tsjeggies: Česko, [ˈtʃɛsko], ), amptelik die Tsjeggiese Republiek (Česká republika, [ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka], ), is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa. Dit is die westelike deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye. Dit grens in die weste en noordweste aan Duitsland, in die noordooste aan Pole, in die ooste aan Slowakye en in die suide aan Oostenryk. Die hoofstad en grootste stad is Praag. Die land bestaan uit die historiese gebiede van Boheme in die weste en Morawië in die ooste, wat deur 'n uitgestrekte plato, die Boheems-Morawiese Hoogland, van mekaar geskei word, asook dele van Silesië (die vroeëre Oostenryks-Silesië, tans meestal Tsjeggies-Silesië genoem). Hulle vervul tans geen administratiewe funksie meer nie omrede die federale tradisies van die voorloperstaat Tsjeggo-Slowakye nie voortgesit word nie. Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid van NAVO en sedert 2004 lid van die Europese Unie.

Ná die Slag van Mohács in 1526 het die Tsjeggiese lande onder die heerskappy van die Huis van Habsburg geval. Dit het later deel geword van die Keiserryk Oostenryk en Oostenryk-Hongarye.

Die onafhanklike Tsjeggo-Slowaakse Republiek is in 1918 gevorm ná die ineenstorting van die Oostenryk-Hongaarse ryk as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog. Ná die München-ooreenkoms, Duitse besetting, die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van die Verdrag van Versailles, en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggo-Slowakye deur die Rooi Leër, het die Kommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye 'n meerderheidsoorwinning (38%) Capka – file no. 98 in die verkiesing van 1946 behaal. In 'n staatsgreep het die land in 1948 'n kommunistiese staat geword.

In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm. Die gebeurtenisse, wat as die Praagse Lente van 1968 bekend staan, is beëindig met 'n inval deur die magte van die Warskouverdraglande (met uitsluiting van Roemenië); die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly, toe die kommunistiese bewind ineengestort het. In 1993 het Tsjeggo-Slowakye vreedsaam in sy samestellende state, Tsjeggië en Slowakye, verdeel.

Etimologie duimnael|links|Kaart van Tsjeggië duimnael|links|Stamvader Tsjech op berg Rip – skildery deur Josef Mathauser Die tradisionele Afrikaanse naam "Boheme" is ontleen aan die Latynse Boiohaemum, wat "tuiste van die Boii" ('n Galliese stam) beteken. Die huidige Afrikaanse naam is afgelei van die Poolse etnoniem wat verbind is aan die gebied, en oorspronklik ontleen is aan die Tsjeggiese woord Čech. Dié naam is ontleen aan die Slawiese stam (Tsjeggies: Češi, Čechové) en, volgens 'n legende, hul leier Tsjech, wat hulle na Boheme gebring het waar hulle hulle op berg Říp gevestig het. Die etimologie van die woord Čech kan teruggespoor word na die Protoslawiese wortel *čel-, wat beteken "lid van die volk; bloedverwant", wat dit die kognaat maak van die Tsjeggiese woord člověk ('n mens).

Die land is tradisioneel verdeel in drie lande: Boheme (Čechy) in die weste, Morawië (Morava) in die ooste en Tsjeggies-Silesië (Slezsko; die kleiner, suidoostelike deel van die historiese Silesië, waarvan die grootste deel in die huidige Pole geleë is) in die noordooste. Sedert die 14de eeu is dit bekend as "die lande van die Boheemse kroon", maar ook ander name is gebruik om na dié land te verwys, insluitende "Tsjeggies/Boheemse lande", "Boheemse kroon", "Tsjeggië" en die "lande van die kroon van Wenceslaus die Heilige". Toe die land sy onafhanklikheid ná die ontbinding van Oostenryk-Hongarye in 1918 herwin het, is die nuwe naam Tsjeggo-Slowakye uitgedink om die unie van die Tsjeggiese en Slowaakse nasies in een land te onderstreep.

Nadat Tsjeggo-Slowakye op 31 Desember 1992 ontbind is, is Česko as die Tsjeggiese kortnaam vir die nuwe land goedgekeur en die departement van buitelandse sake van die Tsjeggiese Republiek beveel "Tsjeggië" as die Afrikaans-talige ekwivalent aan.

Geografie duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Tsjeggië duimnael|Kaart van beskermde gebiede in Tsjeggië: nasionale parke (grys) en beskermde beskermde landskapgebiede (groen) Tsjeggië is in die hartland van Sentraal-Europa geleë. Meer as vier vyfdes van sy oppervlakte word deur bergstreke en hooglande beslaan, met meerdere bekkenlandskappe wat daartussen geleë is. Die hoogste bergpiek, Sněžka (op 1 602 m bo seevlak), is in die Oos-Boheemse Reusegebergte of Krokonoše-bergreeks geleë. Ander belangrike bergreekse is die Boheemse Woud (Šumava, met hoogtes van tussen 1 000 en 1 400 m) langs die suidwestelike grens van Tsjeggië, die Ertsgebergte (met die bergpiek Krušné hory op 1 244 m) en die Sudetereeks (Sudety). Die Boheemse Middelgebergte se pieke verrys suidoos van die Ertsgebergte aan weerskante van die Elberivier.

Nasionale parke Tsjeggië beskik oor vier nasionale parke: Die oudste is Reusegebergte- Nasionale Park (Krkonošský národní park) en die ander is Boheemse Woud- Nasionale Park (Národní park Šumava), Thayavallei- Nasionale Park (Národní park Podyjí) en Boheemse Switserland- Nasionale Park (Národní park České Švýcarsko).

Naam Stigting Oppervlakte [ha] Ligging Kaart Beeld Reusegebergte- Nasionale Park(Krkonošský národní park) 1963 36 300 Liberecký-streek, Královéhradecký-streek 100px 100px Thayavallei- Nasionale Park(Národní park Podyjí) 1991 6 300 Jihomoravský-streek 100px 100px Boheemse Woud- Nasionale Park(Národní park Šumava) 1991 68 520 Jihočeský-streek, Plzeňský-streek 100px 100px Boheemse Switserland- Nasionale Park(Národní park České Švýcarsko) 2000 7 900 Ústecký-streek 100px 100px Algeheel 119 020

Klimaat Kenmerke en invloede duimnael|'n Stabiele hoëdrukgebied in die najaar met sonnige weer word as "Goue Oktober" waargeneem. Beukebome tower die Nasionale Podyjí Dyjepark in Suid-Morawië op met hul rooi herfskleure en weerkaats in die rustige wateroppervlak van 'n klein meer Die Tsjeggiese Republiek is 'n landingeslote land wat in die gematigde breedtegrade van die Noordelike Halfrond geleë is. Sy gematigde klimaat varieer volgens geografiese streke, afhangende van die hoogte bo seevlak en seisoen. www.czech.cz: Climate. Besoek op 9 Julie 2017 So word in die bergreekse laer gemiddelde temperature aangeteken as in die laer landsdele en oefen gebergtes, wat in die grensgebiede geleë is, merkbare invloed uit op die vloei van lugmassa's en neerslae in laagliggende streke.

Die wisselende hoogte van die son in die loop van 'n jaar veroorsaak dat vier verskillende seisoene met kenmerkende verskille ten opsigte van temperature en neerslae mekaar afwissel. Net soos in ander dele van die Noordelike Halfrond se gematigde sone begin die kalenderjaar in Tsjeggië met 'n koue winter, gevolg deur lente, 'n warm somer en 'n koel herfs. Weerstoestande is egter wisselvallig, met groter afwykings van die langtermyn gemiddelde reënval en temperatuur. Dié variasie spruit voort uit die veranderende ligging en grootte van twee belangrike drukgebiede – die Yslandse Laedrukgebied en die Asore-hoëdrukgebied. Veral gedurende die warm middel van die jaar het 'n uitbreiding van die hoëdrukgebied na Tsjeggië warmer en droër weerstoestande tot gevolg, terwyl die Yslandse Laagdrukgebied bewolking en reënval saambring as dit in rigting van Tsjeggië beweeg.

Topografiese verskeidenheid is die belangrikste klimatologiese faktor in Tsjeggië, en so hang die gemiddelde temperatuur van 'n bepaalde streek hoofsaaklik af van sy ligging bo seevlak. Wanneer die lug op die land se hoogste bergpiek, Sněžka (Schneekoppe) in die Reusegebergte op 1 602 meter, afkoel tot slegs 0,4 °C, word in die Suidoos-Morawiese laagland nog byna 10 °C aangeteken. Die hoogste gemiddelde jaarlikse temperature word in die hoofstad Praag gemeet – danksy die sogenaamde "warmte-eilandffek" in beboude stedelike gebiede.

Ook die gemiddelde jaarlikse reënval word deur die hoogte bo seevlak bepaal. Die natste gebiede is die hoogste bergreeks se steil noordwestelike hellings met meer as 1 200 millimeter. Die droogste streke is die laagliggende suidooste van Morawië en die noordweste van Boheme. Die laasgenoemde is in die Krušné-bergreeks se reënskadu geleë.

Seisoene duimnael|Die kasteel van Švihov op 'n koue winteraand Desember, Januarie en Februarie word as die wintermaande gereken. Die laagste temperature word in Januarie aangeteken wanneer die maandelikse gemiddeld selfs in laer geleë landsdele benede vriespunt is. Neerslae in die berggebiede val dan gewoonlik as sneeu, in die laagland reën of sneeu dit na gelang van temperature. Van die bergstreke, wat maande lank met sneeu bedek is, het tot gewilde wintersportbestemmings ontwikkel.

Temperature styg skerp in die lentetyd gedurende Maart, April en Mei. 'n Gewilde gesegde beskryf die kenmerkende eienskappe van elkeen van die lentemaande:

duimnael|Herfskleure in Křivoklátsko, Wes-Tsjeggië Die laaste sneeu smelt gewoonlik in die middel van die lente, en selfs in die hoogste Tsjeggiese bergstreke is April die begin van die blomtyd. Danksy die smeltende sneeu bereik Tsjeggiese riviere in dié tyd hul hoogste watervlakke. Baie volkstradisies word met dié tyd van die jaar verbind.

In Julie, die warmste somermaand, is die gemiddelde temperatuur sowat 20 °C hoër as in Januarie, met uiterstes van meer as 30 °C op baie warm dae. Watertemperature is in die tweede helfte van die somer hoog genoeg om swemmers na die riviere te lok – of diegene, wat van koeler temperature hou, na die berggebiede laat stroom. In Augustus kom dikwels langer periodes met warm weerstoestande voor.

September, Oktober en November is die herfsmaande in Tsjeggië, met dikwels nog betreklik warm en droë weerstoestande in September. Eers vroeg in Oktober begin die kwik weer merkbaar daal, met 'n gemiddeld van minder as 10 °C. Die Tsjeggiese term vir "November", listopad, verwys na vallende blare. Strawwe ryp en koue nagtemperature kondig die winterseisoen aan.

Geskiedenis Voor- en vroeë geskiedenis duimnael|links|upright|Venus van Dolní Věstonice Vir die teenwoordigheid van mense tydens die Ou-Paleolitikum is daar slegs indirekte vondse. Die oudste gereedskapsvonde dateer uit die Cromerië-warmtydperk, hul status as argeologiese artefakte word egter dikwels betwyfel. Uit die Middel-Paleolitikum is gereedskap gevind, wat deur die Homo erectus vervaardig is, en grotte asook rusplekke van die Neanderdaller. Die Vroeë Paleolitikum is die Cro-Magnon-mens se tydperk. Die bekendste paleolitiese verskynsel op die gebied van die huidige Tsjeggië is die Mammoet-jagter se kultuur uit die Gravettien, wat rondom 29 000–24 000 v.C. opgebloei en veral met Morawiese vondse soos Dolní Věstonice verbind word.

duimnael|Vermoedelike uitbreiding van die Morawiese Ryk onder vors Svatopluk I Vir die tydperk van 5300 tot 4500 v.C. is 'n groot Neolitiese vestiging opgespoor. Aan die einde van die Laat-Neolitikum was die Toubekerkultuur met verskeie groot grafvelde in Noord-Boheme en die Klokbekerkultuur teenwoordig. In die Bronstydperk is veral die Úněticekultuur noemenswaardig. Daarop het die Grafheuwel- en Urnveldkulture gevolg. In die Latènetydperk het die Keltiese stam Boii hulle in dele van die huidige Tsjeggië gevestig, wie se Latynse naam Boiohaemum die oorsprong van die landsnaam Boheme is. Op die Kelte het aan die begin van die eerste eeu n.C. Germaanse stamme soos die Markomanne in Boheme en die Quade in Morawië gevolg. Tydens die Volksverhuising word volgens argeologiese en historiese bronne 'n ontvolking van die gebied vermoed. Rondom 550 het Slawiërs hulle in die gebied gevestig, hul oorsprong was vermoedelik oos van die Dnjepr. Hulle het van 623 tot 658 oor die eerste ryk geheers, die sogenoemde Ryk van Samo. Van 768 tot 814 is Boheme waarskynlik deur die Frankiese Ryk onder Karel die Grote beheer.