Die muiskleurvlieëvanger is 'n mediumgrootte (lengte 17–20 cm) vlieëvanger sonder kenmerkende kleure. Dis nie maklik uitkenbaar behalwe vir tipiese vlieëvanger-bou en -houding.
Identifikasie Muisgrys-bodele en ligter (grouwit) onderdele met swarterige bene en donkerbruin oë. Onderskeibaar van Maricovlieëvanger deur die afwesigheid van kontras tussen bo- en onderdele.
Habitat Meestal breëblaarbosveld en -savanne, maar kom minder gereeld voor in die doringboomsavanne waar die Maricovlieëvanger aanwesig is.
Verspreiding In suidelike Afrika beperk tot noordoostelike dele van Namibië (Caprivi), eSwatini, Botswana, Zimbabwe, ooste van Suid-Afrika en suide van Mosambiek tot teen die kus.
Roep Deurmekaar trip triekie trip triekie klanke gevolg deur 'n sagter tjurr-geluid.
Ander name Engels: Pallid Flycatcher of Pale Flycatcher Duits: Fahlschnäpper Nederlands: Vale Vliegenvanger Frans: Gobemouche pâle Duits: Fahlschnäpper Portugues: Papa-moscas-pálido Wetenskaplike naam: Melaenornis pallidus of Bradornis pallidus
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition, . biodiversityexplorer.org
Kategorie:Vlieëvangers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin