Hilton Lobberts (* 11 Junie 1968, Paarl) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op slot en flank speel.
Lobberts het sy rugbyloopbaan by die Boland Kavaliers begin en in 2004-2005 vir die Suid-Afrikaanse o/19-span gespeel en in 2005 vir die o/21-span. Daarvandaan is hy na Pretoria waar hy vir die Blou Bulle en die Bulls gespeel het. Terwyl hy by die Bulle betrokke was, in 2006-2007, het hy in twee toetse en twee toerwedstryde vir die Springbokke gespeel. Hy het ook in 2007 vir die Opkomende Springbokke in een wedstryd gespeel. Daarna is hy na Kaapstad waar hy vir die Stormers en Westelike Provinsie en as leenspeler vir die Boland Kavaliers gespeel het. Vir die 2012-2013-seisoen is Lobberts na Italië waar hy vir die klub San Donà gespeel het. Hierna het hy na Suid-Afrika teruggekeer en het hy hom by die Griekwas aangesluit. Terwyl hy in Kimberley was het hy in 2014 sy buiging vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie gemaak. Hy het daardie jaar in slegs een wedstryd gespeel maar het in 2016, nadat hy hom by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het, meer gereeld speelkans gekry, veral na ’n besering van Boom Prinsloo.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers