Tier Schoeman (* 19 Desember 1992, Cradock) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die in die Pro14-reeks, en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker as losvoorspeler speel.
Loopbaan Schoeman het in 2010 vir die Oostelike Provinsie Landelike Distrikte by die Cravenweek gespeel en daarna vir die OP Kings se o/19- (in 2011) en o/21-spanne (in 2012).
Hy is in 2013 in die seniorspan ingesluit vir die Vodacombekerkompetisie waar hy in sy eerste wedstryd teen die Grens Bulldogs ’n drie gedruk het.
In Junie 2014 is hy gekies in die beginspan vir die OP Kings wat teen Wallis in ’n toerwedstryd gespeel het. Hy het vir die duur van die wedstryd gespeel, wat die Kings met 12–34 verloor het.
Hy het sy Curriebekerdebuut in 2014 vir die Oostelike Provinsie gemaak teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld. In 2015 het hy ’n driekuns aan drieë behaal vir die OP Kings in ’n Vodacombekerwedstryd teen die Grens Bulldogs in Oos-Londen.
Voor die aanvang van die 2016-seisoen het hy ’n kontrak met die Vrystaat Cheetahs onderteken, en hy het sy Superrugbydebuut vir die Cheetahs gemaak in hul eerste wedstryd teen die Jaguares.
Eksterne skakels
Paul Schoeman by itsrugby.co.uk
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense