Gebeure Die Silisiese seerowers blokkeer die graanlewerings aan Rome. In Rome kom die volk in opstand. Daar is geen brood nie. Op die forum dreig hulle om die konsuls C. Aurelius Cotta en L. Octavius te dood. Die konsuls staan onder druk van die volk die volkstribune toe om hulle mag opnuut uit te oefen. P. Cornelius Cethegus, 'n senator wat in die burgeroorlog sy invloed verloor het, word nou opnuut belangrik. Die mag van die oligarge in die senaat wankel.Greek Prostitutes in the Ancient Mediterranean, 800 BCE–200 CE, Wisconsin Studies in Classics. , Univ of Wisconsin Press, 2011, , Hoewel Rome reeds in 96 deur die testament van die laaste koning Cyrenaica geërf het, word pas nou 'n provinsie daarvan gemaak. Hiermee word 'n tyd van chaos beëindig.Roman Economic Policy in the Erythra Thalassa: 30 B.C.-A.D. 217 Mnemosyne , Vol Suppl. 91 , BRILL, 1986, , Koning Devabhuti van die Sunga-dinastie, wat groot dele van sentraal Indië regeer, word deur sy magtige raadgewer Vasudeva verdryf. Vasudeva is die eerste vors van die Kanva-dinastie (geraamde datum).World Monarchies and Dynasties , Routledge, 2015, ,
Verwysings