Japannese oorlogsmisdade het in talle Asiatiese en Pasifiese lande voorgekom in die tydperk van Japannese ryksuitbreiding, en hoofsaaklik gedurende die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie voorvalle is ook al as die Asiatiese Holocaust beskryf en Japannese oorlogsmisdade.http://www.archives.gov/iwg/japanese-war-crimes/introductory-essays.pdf Sommige van die oorlogsmisdade is in die laat 19de eeu deur militêre personeel van die Keiser van Japan gepleeg, maar daar was ook gevalle gedurende die eerste deel van die Shōwa Era. Die naam is gegee vir die tydvak van Keiser Hirohito se heerskappy tot en met die oorgawe van die Ryk van Japan in 1945.
Sommige historici en regerings hou die Japannese gevegsmagte, naamlik die Japannese Keiserlike Leër, die Japannese Keiserlike Vloot en die Japannese Keiserlike familie, in besonder Hirohito, verantwoordelik vir die moorde en ander misdade wat teen miljoene burgerlikes en krygsgevangenes gepleeg is. Sommige Japannese soldate het hierdie misdade erken. Die keiserlike Japannese leër lugdiens het met die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem aan chemiese en biologiese aanvalle op vyandelike stellings, asook die gebruik van die wapens in oorlogvoering wat, ingevolge internasionale ooreenkomste, die gebruik van "gif of giftige wapens" verbied. duimnael|Chinese gevangenes word lewendig begrawe.
Definisies regs|duimnael|Xuzhou, China, 1938. 'n Sloot vol lyke van Chinese burgers wat deur Japannese soldate vermoor is. duimnael|Liggame van slagoffers langs die Qinhuai-rivier, uit Nanjing se westelike poort tydens die Bloedbad van Nanjing duimnael|Australiese en Nederlandse krygsgevangenes in Thailand, 1943
Oorlogsmisdade word in die Tokio-handves gedefinieer as, "die oortreding van die wette of gebruike van die oorlog,"International Military Tribunal for the Far East Charter (IMTFE Charter) wat misdade teen die vyand se soldate, en die vyand se nie-stryders insluit.International Military Tribunal for the Far East Oorlogsmisdade sluit ook doelbewuste aanvalle op burgerlikes en die eiendom van neutrale state in, aangesien dit onder die kategorie van nie-stryders val, soos die geval was met die aanval op Pearl Harbor. Die militêre personeel van die Keiserlike Japan was daarvan beskuldig, en ook gevonnis, op baie sulke gevalle wat gepleeg is gedurende die tydperk van die Japannese imperialisme wat gestrek het van die laat 19de eeu tot die middel-20ste eeu. Hulle is aangekla van 'n reeks menseregte-skendings op burgerlikes sowel as krygsgevangenes, wat regdeur Oos-Asië en die Pasifiese-streek gestrek het. Dié vergrype het met die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog van 1937–45 en met die Asiatiese en Pasifiese veldtogte van die Tweede Wêreldoorlog (1941–45) sy toppunt bereik. Afgesien van die Japannese burgerlike en militêre personeel se aandadigheid, is Koreane en Taiwanese, wat gedwing was om in die Japannese weermag diens te doen, ook skuldig bevind aan oorlogsmisdade.Harmsen, Peter, Jiji Press, "Taiwanese seeks payback for brutal service in Imperial Army", Japan Times, 26 September 2012, p. 4 Die Japannese reg definieer nie diegene wat in die na-oorlogse verhore skuldig bevind is, as misdadigers nie, ondanks die feit dat die Japannese regering die hofuitsprake en die San Francisco Verdrag (1952) aanvaar het. Dit is omdat die verdrag nie die wettigheid van die tribunaal onderskryf nie. Indien Japan die wettigheid van die oorlogsmisdade-tribunaal in die San Franciso Verdrag gesertifseer het, sou dit appèlsake toelaat wat in die Japannese howe ongedaan verklaar sou word. Dit sou totaal onaanvaarbaar in die internasionale diplomatieke kringe wees. Die Japannese eerste minister Shinzō Abe het verklaar dat sy land die Tokio Tribunaal en sy uitsprake as 'n voorwaarde om die oorlog te beëindig, aanvaar het, maar sy uitsprake het geen invloed op Japannese reg nie. Volgens sy siening is diegene wat vir oorlogsmisdade skuldig bevind is nie misdadigers in die oë van die Japannese regstelsel nie.
Historiese en geografiese omvang Buite Japan beskou verskillende gemeenskappe verskillende tydvakke as die periode wat die Japannese oorlogsmisdade gepleeg is. Die anneksasie van Korea deur Japan in 1910 is afgedwing deur die Japannese weermag, en die Verenging van die Koreaanse Yi vorstehuis is omgeskakel na 'n politieke bestel van die Ryk van Japan. Noord- en Suid-Korea verwys dus na Japannese oorlogsmisdade in die tydvak toe Korea onder die heerskappy van Japan gestaan het.
Die Geallieerdes was in geen militêre konflik met Japan tot in 1941 nie, en Noord-Amerika, Australië, Suidoos-Asië en Europa beskou die Japannese oorlogsmisdade as die gevalle wat van 1941–45 gepleeg is.See, for example: Craig Symonds, "War, Politics, and Grand Strategy in the Pacific, 1941–1945", Air University Review, November–December 1979 (Access date: February 15, 2007): "most American historians, date the war from December 1941".
Japannese oorlogsmisdade is nie net deur etniese Japannese soldate gepleeg nie. 'n Klein groepie mense in elke Asiatiese en Pasifiese land wat deur Japan ingeval, of beset is, het met die Japannese soldate saamgewerk, of selfs in die weermag gedien. Dit is om verskeie redes gedoen soos: ekonomiese swaarkry, dwang of weersin in ander imperiale magte.
Die gebeure van die 1930's en 1940's Teen die laat 1930's het die opkoms van militarisme in Japan nogal in 'n mate ooreenstemming getoon tussen die Japannese militêre kultuur en dit van Nazi-Duitsland se elite militêre personeel, soos die Waffen-SS. Japan het ook 'n militêre veiligheidspolisiemag binne-in die Imperiale Japannese Leër, genaamd die Kempeitai gehad, wat baie herinner aan die Gestapo in sy rol in besette en geannekseerde lande. Die Kempeitai het egter al meer as 'n dekade voor Adolf Hitler se eie geboorte bestaan.Lamong-Brown, Raymond. John Toland, The Rising Sun: The Decline and Fall of the Japanese Empire 1936–1945 p 301 Random House New York 1970
Misdade Japan se rol in die Tweede Wêreldoorlog is veral omstrede oor die hoë sterftesyfer van krygsgevangenes en burgerlikes aan die hand van die Japannese. Die historikus, Sterling Seagrave, kom tot die gevolgtrekking dat:
Volgens die bevindinge van die Tokio Tribunaal was die dodetal onder krygsgevangenes in Asiatiese lande onder die Japannese besetting, 27.1%.Tanaka Hidden Horrors pp 2–3 Die dodetal onder Chinese krygsgevangenes was baie groter- ingevolge riglyne, wat op 5 Augsutus 1937 deur Hirohito bekragtig is, is die beperkings ingevolge internasionale reg op die behandeling van gevangenes verwyder.Akira Fujiwara, Nitchû Sensô ni Okeru Horyo Gyakusatsu, Kikan Sensô Sekinin Kenkyû 9, 1995, p.22 Net 56 Chinese krygsgevangenes is na die oorgawe van Japan vrygelaat.Tanaka, ibid., Herbert Bix, Hirohito and the Making of Modern Japan, 2001, p.360 Na 20 Maart 1943 was die Japannese vloot onder opdrag om alle gevangenes wat ter see gevang word, tereg te stel.
Massamoorde RJ Rummel, 'n professor in politieke studies aan die universiteit van Hawaii, raam dat, tussen 1937 en 1945, die Japannese militêre magte byna 10 miljoen mense uitgemoor het, waarvan, heel waarskynlik, 6 miljoen Chinese, Koreane, Maleisiërs, Indonesiërs, Filippyne en Indo-Chinese was.Chang, p. 102
Eksperimente op mense en biologiese oorlogvoering regs|duimnael|150px|Shirō Ishii, die bevelvoerder van Eenheid 731. Spesiale Japannese militêre eenhede het in China op burgerlikes en op krygsgevangenes eksperimente uitgevoer. Een van die berugste was Eenheid 731 onder die bevel van Shirō Ishii. Eenheid 731 is in opdrag van Hirohito self begin. Slagoffers is onderwerp aan eksperimente wat onder meer die volgende ingesluit het: viviseksie en amputasies sonder narkose, asook die toets van biologiese wapens. Verdowing is nie gebruik nie want die navorsers het geglo dat die narkose die eksperimente nadelig sou beïnvloed."Unmasking Horror" Nicholas D. Kristof (March 17, 1995) New York Times.
Volgens een raming is 3 000 mense dood van die eksperimente wat Eenheid 731 gedoen het.GlobalSecurity.org, 2005 "Biological Weapons Program". Voorts, volgens die 2002 Internasionale Simposium oor Misdade van Bakteriologiese Oorlogvoering, is die aantal mense wat deur die Japannese gewapende magte se biologiese oorlogvoering en eksperimente op mense dood is, sowat 580 000.Daniel Barenblatt, A Plague upon Humanity, 2004, p.xii, 173. Volgens ander bronne is "tienduisende, en dalk soveel soos 400 000 Chinese aan builepes, cholera, anthrax en ander siektes dood, as gevolg van biologiese oorlogvoering. Top offisiere van Eenheid 731 is nooit vir oorlogsmisdade aangekla nie, in ruil daarvoor dat hulle alle resultate van die eksperimente aan die Geallieerdes oorhandig. Hulle het ook skynbaar verantwoordelike poste in Japan se farmaseutiese bedryf, mediese skole en gesondheidsministerie gekry.
In die laaste maande van die Tweede Wêreldoorlog het Japan beplan om pestilensie as 'n biologiese wapen teen Amerika te gebruik. Die teikens was die burgers van die land in San Diego en Kalifornië. Japan het gehoop dat die pestilensie, genaamd Operasie Kersiebloeisel, soveel vrees en paniek onder die Amerikaanse bevolking sal ontketen dat die land sal afsien van sy planne om Japan aan te val. Die plan was om die nag van 22 September 1945 toe te slaan, maar Japan het vyf weke voor dit oorgegee.Naomi Baumslag, Murderous Medicine: Nazi Doctors, Human Experimentation, and Typhus, 2005, p.207
Op 11 Maart 1948 is 30 mense, onder meer verskeie dokters en een verpleegster, deur die Geallieerdes in 'n oorlogtribunaal aangekla. Aanklagte van kannibalisme is laat vaar, maar 23 is op aanklagte van viviseksie of die onwettige verwydering van liggaamsdele, skuldig bevind. Vyf is ter dood veroordeel, vier lewenslange tronkstraf, en die res het ligter vonnisse gekry.
Marteling van krygsgevangenes duimnael|'n Australiese krygsgevangene, sersant Leonard Siffleet, wat in Nieu-Guinee gevang is, net voor sy kop deur 'n Japannese offisier met 'n guntō afgekap word, 1943. Japannese imperiale magte het marteling op groot skaal op krygsgevangenes toegepas, in die meeste gevalle om inligting uit die slagoffers te dwing. Gemartelde gevangenes is oor die algemeen later tereggestel. 'n Voormalige Japannese offisier, Uno Shintaro, wat in China diens gedoen het, het die volgende verklaar:
Kannibalisme Talle geskrifte en verklarings, wat deur die Australiese oorlogsmisdaad-afdeling van die Tokio Tribunaal versamel is, bewys dat Japannese soldate in groot dele van Asië en die Pasifiese gebiede dade van kannibalisme teenoor krygsgevangenes van die Geallieerdes gepleeg het. In baie gevalle het die toename in Gealieerde aanvalle op die Japannese se voorraadlyne en die sterftes en swak gesondheid onder die Japannese troepe hongersnood veroorsaak. Volgens die historikus, Yuki Tanaka, was kannibalisme dikwels 'n stelselmatige aktiwiteit wat deur hele eenhede onder die bevel van offisiere gedoen is.Tanaka Hidden Horrors p127 Met die gevolg dat daar gereeld moorde gepleeg is om lyke in die hande te kry. Volgens Tanaka het 'n Indiese krygsgevangene, Havildar Changdi Ram, getuig hoe hy agter 'n boom staan en kyk het toe die Kempeitai 'n Gealieerde vlieënier se kop afkap en stukke vleis van sy boude, bene, arms en heupe afsny. Hulle het dit in klein stukkies gesny en gaar gemaak.Lord Russell of Liverpool (Edward Russell), The Knights of Bushido, a short history of Japanese War Crimes, Greenhill books, 2002, p.236.
Verwysings
Bronne
Kategorie:Geskiedenis van Asië Kategorie:Geskiedenis van Japan Kategorie:Kultuur in Japan