Die Virginides is ’n meteoorreënkompleks wat uit verskeie klein en groot strome bestaan, onder meer die Alpha, Gamma, Eta, Theta, Iota, Lambda, Mu, Pi, Psi en Maart-Virginides. Hulle kom van laat in Januarie tot in April of soms Mei voor en hul oënskynlike uitstralingspunt is in die sterrebeeld Maagd, vandaar die naam. Hul hoogtepunt is in Maart en April, met gemiddeld een of twee meteore per uur. Die hoofuitstralingspunt skuif tydens die reën suidooswaarts van die middel van die Leeu in laat Januarie tot die middel van die Maagd in middel Mei.

Verskillende strome Alpha Virginides Kom voor tussen 10 Maart en 6 Mei, met hul hoogtepunt tussen 7 en 18 April, wanneer van vyf tot tien meteore per uur gesien kan word. Hulle is in 1895 die eerste keer waargeneem.

Gamma Virginides Die Noordelike en Suidelike Gamma Virginides is ’n klein, stadig bewegende stroom, hoewel die Mei- Gamma Virginides en Daglig- Gamma Virginides effens vinniger is. Die bron van die eerste twee strome is vermoedelik 2002 FC en 2003 BD44 onderskeidelik. Dit duur gewoonlik van 5 tot 21 April en bereik op 14 en 15 April ’n hoogtepunt, met minder as vyf meteore per uur. Hulle is in 1895 ontdek.

Eta Virginides Kom tussen 24 Februraie en 27 Maart voor en bereik omstreeks 18 Maart ’n hoogtepunt, met een of twee meteore per uur. Die reën is in 1961 die eerste keer gesien.

Theta Virginides Tussen 10 Maart en 21 April. Hulle bereik hul hoogtepunt omstreeks 20 Maart, met een tot drie meteore per uur. Die reën is in 1850 die eerste keer gesien en in 1948 geïdentifiseer.

Iota Virginides ’n Klein dagligreën.

Lambda Virginides ’n Klein reën.

Mu Virginides ’n Klein reën wat in April en vroeg Mei sigbaar is. Die hoogtepunt is 24 of 25 April, met sewe tot tien meteore per uur. Hul uitstralingspunt is naby die Weegskaal.

Pi Virginides 13 Februarie tot 8 April. Die hoogtepunt is tussen 3 en 9 Maart, met twee tot vyf meteore per uur. Die reën is in 1908 die eerste keer waargeneem en in 1948 geïdentifiseer.

Psi Virginides ’n Klein dagligreën.

Maart-Virginides Ook ’n klein reën. Die bron van die Noordelike Maart-Virginides is vermoedelik 1998 SJ70.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Maagd (sterrebeeld) Kategorie:Meteoorreëns