duimnael|250px|’n Veelkleurige Orionide. Die Orionide is ’n aktiewe meteoorreën wat met Halley se Komeet verbind word. Hulle word so genoem omdat hul oënskynlike uitstralingspunt in die sterrebeeld Jagter (Orion) is, maar hulle kan oor ’n groot deel van die lug gesien word. Die Orionides is ’n jaarlikse reën wat sowat ’n week in laat Oktober duur. In sommige jare kan die hoogtepunt 50–70 meteore per uur oplewer.
Die oënskynlike uitstralingspunt van die Orionides is tussen die sterrebeelde Jagter en Maagd (in die suidoostelike lugruim net voor dagbreek, soos gesien vanuit die middel noorde).
Geskiedenis E.C. Herrick het in 1839 en 1840 ’n meteoorbedrywigheid in die Oktober-naghemel waargeneem. A.S. Herschel het die eerste rekord aangeteken wat die volgende mateoorreën akkuraat voorspel het. Die oorsaak van die Orionides is die bekende Halley se Komeet wat in 1986 die laaste keer deur die binneste Sonnestelsel beweeg het in sy wentelbaan van 75 tot 76 jaar om die Son. Halley is ook verantwoordelik vir die Eta Aquariïdes, wat jaarliks in Mei voorkom.
Bekende Orionides Jaar Aktief Hoogtepunt Maksimum sterre18398-15 Oktober186418-20 Oktober198118-21 Oktober 23 Oktober 20198421-24 Oktober 21-24 Oktober20062 Oktober - 7 November 21-24 Oktober23, of tot 67200720-24 Oktober 21 Oktober70200815-29 Oktober 20-22 Oktober39200918-25 Oktober 22 Oktober452010 23 Oktober382011 22 Oktober3320122 Oktober - 7 November 20 en 23 Oktober432013 22 Oktober~3020142 Oktober - 7 November 21 Oktober20?http://www.imo.net/calendar/2014#ori20152 Oktober - 7 November 20-21 Oktoberhttp://www.timeanddate.com/astronomy/meteor-shower/orionid.htmlNie beskikbaar20162 Oktober - 7 November 21 Oktober 84MeteorFlux 2.3 (Select Shower: ORI, uncheck "Use temporary database", select year (such as 2016) and click "Create graph")2017 21 Oktober 552018 21 Otober 582019 22 Oktober 402020 22 Oktober 362021 21 Oktober 412022 22 Oktober 382023 21 Oktober 48
Verwysings
Eksterne skakels Spaceweather.com: Galery van die 2009-Orionides Die Orionides by "Constellation Guide" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Jagter (sterrebeeld) Kategorie:Meteoorreëns