Die Ursides (URS) is ’n meteoorreën wat elke jaar omstreeks 17 Desember begin en sowat ’n week duur, tot 25 of 26 Desember. Dit word so genoem omdat hul oënskynlike uitstralingspunt naby die ster Beta Ursae Minoris (Kochab) in die sterrebeeld Klein Beer is.
Geskiedenis en waarneming Die Ursides is waarskynlik ontdek deur William F. Denning, wat hulle van die begin van die 20ste eeu af ’n paar jaar lank bestudeer het. Hoewel daar daarna sporadiese waarnemings was, het die eerste gekoödineerder bestudering van die reën eers in 1945 begin toe dr. A. Bečvář ’n storm van 169 meteore per uur gesien het. Verdere waarnemings sedert die 1970's het getoon daar is ’n verband met die komeet 8P/Tuttle.
Peter Jenniskens en Esko Lyytinen het ontdek storms kan plaasvind wanneer Komeet Tuttle by sy afelium (grootste afstand van die Son af) is omdat sommige meteoroïdes vasgevang word in ’n wentelresonansie van 7/6 met Jupiter.
Die Ursides word veroorsaak deur ’n besonder smal stroom, en dit het die veteraan-meteoorwaarnemer Norman W. McLeod van Florida laat opmerk die Ursides "moet ’n kompakte stroom soos die Quadrantides wees. Jy moet hulle binne 12 uur rondom hul hoogtepunt sien."
Verwysings
Eksterne skakels Gary Kronk se "Meteor Showers Online" – die Ursides Die Ursides by "Constellation Guide" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Klein Beer (sterrebeeld) Kategorie:Meteoorreëns